Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Persverklaring: Lize Beekman by Die Boer-teaterrestaurant
2023-11-01Lize Beekman tree vanjaar slegs op 4 en 5 November in die Kaap op. Hier is nog inligting.
Festival voor het Afrikaans 2023: Amanda Strydom sê "Afrikaans is springlewendig in al sy vorme"
2023-11-01"Ek wil bevestig dat die Afrikaanse taal springlewendig is in al sy vorme – dat die brug tussen Nederlands en Afrikaans steeds sterk staan. Nederlands is die oermoeder van Afrikaans. Voeg daarby die talle tonge wat Afrikaans praat, soos die digter/rymkletser/sanger Frazer Barry en sy vrou Deniel wat ook by die Festival gaan optree."
Busrit in die aand: ’n resensie | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-17"Hierdie produksie het natuurlik my oog gevang weens die titel, maar die feit dat Frank Freeman die kitaar sou optel, was my grootste dryfveer om dit te gaan sien. Dié kêrel mag maar ’n kitaar hanteer."
Reckless Daughter: Joni Mitchell: ’n resensie | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-17"Wat is ’n Woordfees sonder die musiekmissionarisse wat ’n ikoon huldig? Kerneels Breytenbach en Danie Marais het ’n besondere kennis van kontemporêre musiek en kan heerlik gesels. Toe bring hulle Desmond Painter aan boord, en siedaar: ’n Wenresep!"
Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Luna Paige oor haar optrede saam met die Zolani-jeugkoor
2023-10-06"Wat is die belang vir gehore? Wel, eerstens, topklas vermaak. Hoendervleismooi harmonieë. My musiek soos hulle dit nog nooit gehoor het nie. En laastens, maar nie die minste nie, die geleentheid om die Zolani-jeugkoor te leer ken en moontlik in die toekoms te kan ondersteun, of hulle uit te nooi om by ander geleenthede te kom optree. Op die ou end wil ons almal gesien en gehoor word."
Press release: Luna Paige shares the stage with the Zolani Youth Choir in her show Saam (all)een at Toyota US Woordfees 2023
2023-10-05The highlight of the show promises to be the long-awaited collaboration between Luna Paige, composer and choir arranger Franco Prinsloo and the Zolani Youth Choir. Paige met the choir leader, Mr Odwa Mvunga, many years ago. After meeting and sharing the stage with Franco Prinsloo at Woordfees 2022, and reconnecting with the Zolani Youth Choir at the Montagu Art Deco Festival earlier this year (2023), she decided the time was right to invite this community youth choir to join her on stage.
Die Kaappunters by die Toyota US Woordfees 2023: "Ons sing oor versoening," vertel Riku Lätti
2023-10-04"Die Kaappunters is protesmusiek, maar dit is ook bedoel om protesmusiek te wees op so ’n manier dat dit eintlik vermaaklik (ook) moet wees. Met die Kaappunters wil ons eerlik praat met mekaar, want dit is deur hierdie stilte waar die bose mense die oorhand kry en mense vyandig maak, in die naam van die Afrikaner, die sogenaamde wit Afrikaner, teen die res van die land. Dit is nie wat ons wil hê nie. Ons is groter, ons is saam met die res van Suid-Afrika."
Piaf & Brel: Luisterryk! deur Naòmi Morgan en Bernard Odendaal: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-09-22"Die bundel is gerig op Afrikaanssprekende entoesiaste van die Franse chansons en poësieliefhebbers wat in die Franse kultuur en die unieke, gesofistikeerde nagklubwêreld van Parys belangstel."
Persverklaring: Peter Martens is terug met Bach se Ses Tjello-suites op Montpellier-wynplaas in Tulbagh op Sondag 24 September
2023-09-13Peter Martens sal op 24 September terug wees op die pragtige Montpellier-wynplaas in Tulbagh om JS Bach se ses tjellosuites uit te voer. Elke suite word deur een van Montpellier de Tulbagh se uitsonderlike wyne ‘begelei’ om sodoende ’n unieke proe- en luisterervaring te skep waarby alle sintuie geprikkel word!
Persverklaring: Francois van Coke & vriende 2023 in Kaapstad!
2023-09-05AMP Events en Francois van Coke bring die sterbelaaide Francois van Coke & Vriende 2023 na sy tuisdorp op 16 September by Grand Arena, GrandWest.
Persverklaring: Donkies huppel oor Kaapstad se filharmoniese orkes by Robertson optree
2023-08-31Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ’n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk op Sondag 8 Oktober, 15h00. Om dié dag nog dieper betekenis te gee, word die sprankelende musiekprogram ten bate van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary op McGregor aangebied.
Persverklaring: Sy hart met ’n wye boog terug na Suid-Afrika
2023-08-30Die Vlaminge se gunsteling-Suid-Afrikaner, Stefan Dixon, reik vir die eerste keer in tien jaar ’n nuwe Afrikaanse enkelsnit "Vanaand gaan ons terug" uit.
Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke
2023-08-24"Hennie Aucamp is vir my nie net ’n uitstekende skrywer nie, maar ook ’n filosoof. Sy kortverhale is baie meer as blote fiksie; dit is studies van die menslike psige ook."
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM gerat om geraas te maak
2023-08-08RUK EN RYM is oop vir enige klankskeppende kunstenaars wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke maak. Wat beteken "alternatief"? Dit beteken enigiets wat afwyk van die hoofstroom – kunstenaars wat innoveer en wat die strewe na vars klanke en ritmes hoër ag as om neigings te volg.
Jean’s Hill: ’n onderhoud met Henry Cloete
2023-08-02"Die lekker ding van woordloosheid (en taalloosheid, uiteraard) is dat bykans enigiemand in die wêreld aanklank daarby kan vind (indien hulle daarvan hou … ek maak geen beloftes of aannames hieroor nie), so dit is ook ’n interessante nuwe rigting om te verken."
Die wenners van kaartjies na die Theuns Jordaan Tribute-konsert in Kaapstad is ...
2023-08-01Die volgende persone ontvang elkeen twee staanplekkaartjies na die Theuns Jordaan Tribute-konsert in Kaapstad ...
Persverklaring: Onvergeetlike musikale Karoonag by Klassique
2023-07-31Een musikale hoogtepunt wat ’n onvergeetlike aand van musiek beloof, is ’n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende (Vrydag 4 Augustus 19:00). Dié multi-bekroonde streekskoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, is te sien saam met Suid-Afrikaanse musieklegende Coenie de Villiers en twee soprane van Kaapstad Opera, Brittany Smith en Alida Scheepers
Persvrystelling: Hessequa Harmonie beloof ’n simfonie vir die sintuie in September
2023-07-31Hessequa Harmonie is ’n fokusfees met klassieke musiek as vertrekpunt en ’n fyn uitgesoekte progam van woordkuns en teaterervaringe om kuns van hoogstaande gehalte toeganklik te maak op die platteland.
Persverklaring: Kunstekaap Women’s Humanity Festival
2023-07-31Die Artscape Women’s Humanity Festival is in werklikheid ’n fees vir almal. Met die styging in gender-gebaseerde geweld, moet alles in die stryd gewerp word om kulturele opvattings, onregverdige godsdienspraktyke, aanstootlike taalgebruik en gedrag te verander wat aanhou om vroue te ontmens en objektifiseer. Dus omarm die Fees die LGBTQ+-gemeenskap met ‘AbFab’ (Absolutely Fabulous)-stories wat byvoorbeeld gaan daaroor dat jy jouself as ’n mens aanvaar.
Persverklaring: Die klawers dans binnekort by Klassique op Oudtshoorn
2023-07-25Van die mooiste melodieë in klavierliteratuur, virtuose stelle variasies uit die Barok, tot die tydlose skoonheid van musiek deur legendariese komponiste en unieke kombinasies. Dít alles wag van 3 tot 6 Augustus op klavierliefhebbers by dié winterfees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn.