Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Persverklaring: Christia Visser stel opvolg van "Die deur" bekend: "Ek sien jou"
2024-10-30"Die deur" het met sy vrystelling groot opslae gemaak, maar Christia het nog nie die volle storie vertel nie. Sy vertel nou die res van die storie in haar nuwe enkelsnit, "Ek sien jou". Luister dit nou op die platform van jou keuse.
Uitnodiging: Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis | Ampie Teater, Wellington, 2 November 2024
2024-10-28Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis vind op Saterdag 2 November om 19:00 plaas by die Ampie Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.
Persverklaring: Mendelssohn se Elijah by Endlersaal in November
2024-10-25As een van die finale aanbiedings van die 2024-Endler-konsertreeks, dirigeer Johan de Villiers op 16 en 17 November twee uitvoerings van Felix Mendelssohn se oratorium Elijah. Brittany Smith (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo), Siphe Mdena (tenoor) en Conroy Scott (bariton) tree as soliste op, met laasgenoemde in die titelrol van Elija, waarvoor hy ná die 2018-Woordfees die trofee vir die beste vertolker in vokale klassieke musiek toegeken is.
Persverklaring: Die landwye Taboektoer met Bacchus Nel, Riku Lätti en Jackie Lätti – 25 Oktober tot 17 November
2024-10-24Die Taboektoer met Riku en Jackie Lätti (Wes-Kaap) en Bacchus Nel (Gauteng) begin 25 Oktober in die noorde van die land met ’n reeks konserte en boekgesprekke in Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Parys, Bloemfontein, Nieu-Bethesda en St Francis. Die toer eindig by Die Koelkamers in Paternoster met ’n stewige Wasgoedlyn-program, van 15 tot 17 November.
Press release: Invitation – Muzukidz year-end concert on 27 October
2024-10-23Muzukidz is happy to announce that 2024 has been another wonderful year for our budding young violinists! And to celebrate this, we invite you to save the date for our annual year-end concert taking place on 27 October 2024 at the beautiful Hugo Lambrechts Auditorium in Parow.
Persverklaring: Liza Nel verf die dorp "Rooi"
2024-10-23Rose is rooi, die kleur van liefde is rooi, en so is Liza Nel se nuwe enkelsnit ook "Rooi"! Luister dit nou op die platform van jou keuse.
Persverklaring: Jo Black vertel die storie van "Die brug"
2024-10-22Jo Black kán ’n storie vertel, en as hy begin sing, gee hy dieselfde storie vlerke. Hierdie keer vertel Jo Black die storie van "Die brug", en die enkelsnit is nou beskikbaar. Luister dit nou op die platform van jou keuse.
Persverklaring: RUK EN RYM-wenners lei nuwe, klankryke hoofstuk in
2024-10-21Die Taalgenoot-RUK EN RYM-finaal op Saterdag 12 Oktober was ’n alternatiewe smeltkroes vol vonkende talent. Volgens Jaco van der Merwe, die projek se kreatiewe regisseur was dit "baie bemoedigend om die feit bevestig te hê dat Afrikaanse musiek nié ’n genre is nie, maar dat Afrikaans as ’n taal gebruik word om op baie verskillende maniere uitdrukking te gee".
Elke naweek nogge funeral – ’n dialoog met Jitsvinger
2024-10-18"Die song beoog om die silent genocide oppie Cape Flats na die lig te bring veral tydens die political rallies wat praat van job creation en beter public service terwyl families elke naweek ’n jong familielid na die dood moet afstaan as gevolg van die ongoing gang violence." Tasneem Daniels gesels met Jitsvinger.
Press release: Richard Cock’s 75th birthday celebrated during Songs of praise in the Endler Hall
2024-10-15Songs of praise will be held on Sunday 27 October at 16:00 in the Endler Hall, Stellenbosch. Well-known conductor Richard Cock’s 75th birthday will also be celebrated with wonderful sacred music during this concert. Two choirs, the RCME Winelands Choir and the Tygerberg City Choir, will be leading the audience participation as well as singing different styles of music in several languages.
Persverklaring: Stiaan Reynierse stel nuwe album, Anderkant die reën, bekend op 11 Oktober 2024
2024-10-11Stiaan Reynierse het die kollig en verhoog al met verskeie musiekreuse in die bedryf gedeel en dié rocker die verhoogplanke al behoorlik laat brand met die kaggels in sy keel! Sy splinternuwe album Anderkant die reën word op 11 Oktober 2024 vrygestel.
Persverklaring: LJAO-akkordeon-orkes op besoek aan Suid-Afrika
2024-10-11Al die konserte in die Wes-Kaap is oop vir die publiek en gratis! ’n Wonderlike, unieke geleentheid vir alle musiekliefhebbers.
Momentum Beleggings Aardklop 2024: Nabetragting – ’n huldeblyk aan twee legendes
2024-10-09"Albei produksies het gefokus op die lewens van hierdie ikone, hul tragiese afsterwe en die tydlose nalatenskap van hul musiek op die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap. Tog was my belewing van hierdie onderskeie stukke wêrelde uitmekaar."
Toyota Stellenbosch Woordfees: Hoe mooi val die lig – ’n resensie
2024-10-08"Die narratief van Sand en die musiek van die geniale Poolse komponis dans om die ore. Chopin word beliggaam deur Dias en 'praat' deur sy musiek. Treffende silhoeëtte van Sand in haar manelpak en silinderhoed word geskets deur slim beligtingskeuses."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Paranoid Android – an interview with José Dias
2024-10-08"I would say that art is always of its time, but also that great art has the potential to be timeless. By that, I already get into trouble with the postmodernists, but that’s fine by me."
Persverklaring: Geniet meer as ’n "klein bietjie" van Tamlyn Wessels!
2024-10-07Tamlyn Wessels het ’n siekte wat haar verlam gelaat het (Guillain Barré-sindroom) oorwin en jaag nou haar musiekdrome na. Sy span kragte saam met Select Musiek en is opgewonde om haar enkelsnit "Klein bietjie" bekend te stel.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – ’n resensie
2024-10-03"Die eteriese eggo’s van die openingsmelodie hang in die lug soos die frase 'Hoe het dit skielik laat geword' oor en oor herhaal word. Met elke frase verskuif die harmonielyn effe, ’n doelbewuste dissonansie wat ’n gevoel van leegheid skep. Op die skerm sweef sterrestelsels, en ek dink: As ons aan die einde van die heelal kom, en daar is net dié musiek en die woorde van Olga Kirsch, kan ek in vrede heengaan."
Metropolar at Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: a review
2024-10-03"'What happens to a mine / When all the gold is gone?' Weaving together 35 minutes of hand-drawn animations and a spoken-word script created 10 years ago, the multimedia project Metropolar is back in the form of IIIFoet – Jotam Schoeman (animation film, guitar and vocals), Modise Sekgothe (narrator and vocals) and James Robb (sound design). The three artists come together to create a soundscape that contains the tug and pull of the interconnectedness and apartness of the South African experience and the polarities contained within the country’s most commanding metropole, Johannesburg."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: American rhythms deur die Wynlande filharmoniese orkes – ’n resensie
2024-09-30"Die bekende opening van Gershwin se 'Rhapsody in blue' is meestal deur alle solospelers van die orkes netjies en in karakter behartig ... Die diversiteit van Wang se vermoëns is mooi ten toon gestel in hierdie dinamiese werk, waar die pianis ook uitstekend deur die orkes ondersteun is."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Schalk Joubert
2024-09-30"Die Kaap het ’n baie definitiewe en sterk jazzgeskiedenis, en ek is bly om te sien dat dit aanklank vind by ’n jonger geslag. Ons kan trots wees daarop en moet dit soveel as moontlik ondersteun."
