
(For English, click here.)
As jy lief is vir kontemporêre musiek in ’n uitstekende teater, moet jy jou Vrydagaand na Impetus-teater in Cicular Drive te Gqeberha haas.
Nadine sal deur Johan Heystek vergesel word.
Hulle sal plaaslike en internasionale treffers soos “True Colours” van Cindy Lauper, “Red Red Wine” van UB40 en “True Blue” van Madonna, ook Tom Jones se “Green Green Grass of Home” en Prince se “Purple Rain” uitvoer.
Enkele verrassings uit die Afrikaanse pop-geskiedenis sal ook nuwe skakerings uit die reënboog kry, wat die gehoor op ’n nostalgiese tog vol ritme en emosie sal neem.
Berei jou voor vir ’n aand gevul met herinneringe, passie en musiek wat harte sal raak – sien jou daar!
Kaartjies word verkoop deur Quicket, bespreek hier.
Jy kan dalkies twee kaartjies wen!
Die teater gee twee kaartjies weg aan ’n gelukkige LitNet-leser. Jy en ’n metgesel sal dan hierdie geleentheid gratis kan bywoon.
Hoe om in te skryf:
- Stuur ’n e-pos na izak@litnet.co.za. Skryf “Nadine” in die onderwerp.
- In die e-pos, vertel ons wat die naam is van die teater waarin Nadine gaan optree, en voeg asseblief jou telefoonnommer by.
- Inskrywings sluit op Donderdag 29 Mei 2025 om 17:00.
Vir die fynskrif, sien hieronder.
Fynskrif:
- Die antwoorde sal vir ’n gelukkige trekking in aanmerking kom.
- Een wenner sal lukraak gekies word.
- Sy/hy/hulle sal toegelaat word om die kaartjies by die teater af te haal voor die aanvang van die vertoning.
- Deur in te skryf, laat jy LitNet toe om jou naam en kontakbesonderhede met die teater te deel.
- Geen korrespondensie sal oor die uitkomste van die kompetisie gevoer word nie.
- Wenners moet voorsiening maak vir hul eie vervoer na en van die geleentheid.
- LitNet en sy borge neem geen verantwoordelikheid vir besering of verlies tydens, voor of na die geleentheid nie.

