Wanneer ek ’n fees bywoon, probeer ek minstens een vertoning inpas wat my horisonne uitbrei. Hierdie jaar het ek besluit om Rezo Real te ondersteun. Moderne Suid-Afrikaanse R&B is nie my gunsteling nie, maar ek het vele R&B-kunstenaars ontmoet in my dae toe ek gereeld met ATKV-Crescendo saamgewerk het. Wanneer ek soms werk doen saam met geloofsgemeenskappe in die platteland, is dit ook die musiek wat ek leer ken het in kerke en kerksale.
Toe ek sien hierdie jongman sing in Afrikaans, was dit my motivering om ’n kaartjie vir Sielkos te bespreek. Soos baie mense in die Oos-Kaap is hy vlot in Afrikaans, Engels en Xhosa. Hy het al drie op die verhoog gepraat.
Rezo en sy span het twee vertonings gelewer in die Savoy-teater in Gqeberha. ’n Aantal gaskunstenaar het ook hul verskyning gemaak.
Ek het die tweede vertoning op Vrydagaand 28 Februarie 2025 bygewoon.
Rezwaan Goliath, beter bekend as Rezo Real, is die produk van ’n beduidende groep musikante wat in die omgewing van Gqeberha bedrywig is. Die Real-dinastie, onder leiding van Ryan Real, doen heelwat vir die opheffing van jong musikante in die Baai en verder.
Rezo Real se enkelsnit “Mooi” is op Apple Music en ander platforms beskikbaar.
Rezo is bygestaan deur Hadacha Real, Bronwynne Somerset, Roslyn Real en Chevago Stolz.
Op kitaar was ’n legende uit ons omtes, Joseph Potgieter. Almal ken hom as Oom Jo.
Abongile Dyantyi het baskitaar gespeel. Dit was lekker om hom dop te hou en om daardie basnote te voel vibreer.
Khaya Somthunzi was agter die klawerbord.
Maverick Coltman was die tromspeler. Mense wat my ken, weet dat ek ’n sagte plekkie het vir ’n goeie tromslaner. Ek het Coltman baie geniet. Die ou mag maar.
Hadacha Real het ’n solo gelewer. Die jong vrou het ’n besonderse stem.
Miss Mona was die vervaardiger van hierdie vertoning. Sy het die verskillende jongmense en instrumentaliste byeengebring. Uit eie reg is sy ’n sangeres wat ook ’n solo gelewer het.
Ryan Real is die man agter in die Real-dinastie. Hy het ook ’n solo gelewer.
Chevago Stolz, ook bekend as Vision, het ’n duet saam met Rezo Real gedoen.
Sien ook:
Persverklaring: Finaliste vir ATKV-Crescendo se 2025-mentorskapprogram bekend
Mandela Bay Arts Festival: ’n resensie van Jou ma se ... platespeler
Amy Winehouse: The diva and her demons at the Mandela Bay Arts Festival: a review
The tyrant by Xabiso Zweni at the Mandela Bay Arts Festival: A review