Musiek

KlankKas is jou gig-gids en musiektuiste.
KlankKas is your gig guide and music fix.

Persverklaring: Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium en Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie

LitNet Musiek 2024-04-02

Die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium, wat sedert 2006 tweejaarliks by die Universiteit Stellenbosch plaasvind, bring die voorste klavieronderwysers en studente bymekaar vir ’n fees van lesings, openbare meesterklasse en konserte.

Vyf vrae aan Albert de Vos oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke by die KKNK

Naomi Meyer, Albert de Vos KKNK 2024-03-19

"Dit is presies 10 jaar gelede in Maart 2014 dat Hennie Aucamp oorlede is, en ek reken dit is goed om sy skryfwerk nou met ’n produksie soos dié te vereer."

Persverklaring: Suidoosterfees 21 – hutspot van eg Kaapse musiek en stories

LitNet Suidoosterfees 2024-03-18

Kaapstad is reeds vir 21 jaar die Suidoosterfees se tuiste, en die fees vier sy mondigwording van 26 April tot 1 Mei by Artscape in die hart van die Moederstad. Stories, mites en die geskiedenis van die Kaap word met musiek en komedie vermeng op vanjaar se NATi Musiekteaterprogram, en feesgangers kan hulle verlustig in ’n kreatiewe herverbeelding van die stad se geskiedenis.

Sting se woorde en musiek, aangebied deur John Ellis en James Stewart: 'n resensie

Maryke Roberts Musiek 2024-03-18

"Dit is weer die vroeë tagtigs. Ek is ’n kaalvoet hoërskoolmeisiekind. Musiek is ons wat op afgeleë dorpe bly se lewenslyn, met die groot wêreld daarbuite. Saterdagaande luister ons vir die trefferparade voor ons gaan sokkie in die skoolsaal. Sondagmiddag maak ons mixed tapes vir mekaar en die klankbaan van ons tienerlewens is met Sting se liedjies deurspek."

Persverklaring: US-koor vier Fick se 80ste

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-03-15

Ter viering van die lewensbydrae en werk van die ikoniese koordirigent Acáma Fick, tree die Universiteitskoor Stellenbosch (US-koor), die Accelerando-koor van die Hoër Meisieskool Bloemhof (HM Bloemhof) en die Cape Town Camerata in 'n spesiale konsert op. Die Acáma Fick 80th Birthday Celebration-konsert vind op 24 April om 19:00 in die Endlersaal op Stellenbosch plaas. 

From violence to violins: ’n onderhoud met Maria Botha van Muzukidz

Naomi Meyer, Maria Botha Onderhoude 2024-03-13

"My gedagte was nie om kinders in townships te red nie. Hulle het as mense dit nie nodig om gered te word nie. Hulle beskik reeds oor al die potensiaal waaroor mense in beter omstandighede beskik. Baie mense in townships woon wel in omstandighede van geweld of stadige geweld … slow violence. My visie was my viool."

Press release | Persverklaring: IMAI Trio

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-03-06

The newly constituted IMAI Trio brings together three close colleagues, each a prominent SA musician in their own right – clarinetist Annelize de Villiers, conductor and bassoonist Brandon Phillips, and pianist José Dias. | Hierdie konsert beloof om ’n musikale hoogtepunt te wees.

Persverklaring: Die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium en Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie

LitNet Musiek 2024-03-06

Alhoewel die fees in die verlede op universiteitstudente toegespits is, verbreed die fokus om in 2024 om ook vir hoërskoolleerlinge sowel as musiekonderwysers toeganklik te wees. Inskrywings vir meesterklasse sluit op 15 Maart 2024. 

Persverklaring: Chadleigh Gowar stel nuwe album op Paarlberg bekend | 16 Maart 2024

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-03-04

Die bekroonde gospel- en jazzkunstenaar Chadleigh Gowar stel sy langverwagte nuwe album, The love I know, op Saterdag 16 Maart 2024 by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl bekend. Kom geniet ’n skemerpiekniek in die pragtige en intieme Tuinteater aan die voet van die monument.

You could win two tickets to Jazz Chronicles of a German in Cape Town, a part of the Endler Concert Series

LitNet Musiek 2024-02-28

The vibrant fusion of German and South African jazz takes centre stage at the Endler Concert Series on Friday, March 1st, 19:00, at the Endler Hall. Renowned German bassist Martin Zenker spearheads this extraordinary concert.

Persverklaring: Beste vriende sing Laurika | KKNK, 29 en 30 Maart 2024

LitNet KKNK 2024-02-27

In Wouter van de Venter en Clinton Waring se terugblik van hul sewe jaar op toer saam Laurika Rauch, van Rustenburg tot die Royal Albert Hall in Londen en van Worcester tot Wembley, word voorheen-nooit-gehoorde-staaltjies en herinneringe van hul orkesjare gedeel.

Press release: Harmony of sight in Gqeberha

LitNet Musiek 2024-02-26

The Heydeburg Philharmonic Orchestra with friends from Gqeberha present Harmony of sight, a symphony for vision. The project is supported by Nelson Mandela University’s Department of Music and Performing Arts.

Persverklaring: 2024 Endler-konsertreeks betower met eklektiese eerste seisoen

LitNet Musiek 2024-02-23

Die Universiteit Stellenbosch Konservatorium is trots om die langverwagte seisoen van die 2024 Endler-konsertreeks aan te kondig.

Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke: ’n onderhoud met Irma du Plessis

Maryke Roberts, Irma du Plessis Onderhoude 2024-02-19

"Liedjies in die FAK-Sangbundel was altyd liedjies wat so algemeen gesing is dat ’n mens nie meer geweet het deur wie of waar hulle geskryf is nie. So is dit ook met my pa se musiek – die liedjies het dig verweef geraak met die wêreld waarin dit gesing word en is nou allemansbesit."

Die Adam Small Boekefees | 23 tot 25 Februarie 2024 in Pniël: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2024-02-16

"Die fees is daar om ’n platform te gee aan Afrikaapse (bruin) skrywers wat nooit erkenning gekry het vir hul literêre werke nie, soos Adam Small, maar dit sal altyd ’n veelrassige, veeltalige fees wees en almal is welkom om dit by te woon. Toegang tot die Adam Small-fees is absoluut gratis, pasella, verniet, danksy ons borge."

 

Press release: Stellenbosch Chamber Music Festival’s (SICMF) early-bird special!

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-02-06

Die aanlyn studenteportaal is nou oop en studente wat voor 16 Februarie 2024 registreer kwalifiseer vir ’n spesiale aanbod. | The online student entry portal  is now open and students who enroll on or before 16 February 2024 will qualify for the early-bird special.

Uitnodiging | Oerlied-bekendstellingskonsert: ’n korehuldeblyk om Internasionale Moedertaaldag te vier

LitNet Musiek 2024-02-01

Die SBA nooi u uit na die Oerlied-bekendstellingskonsert, ’n korehuldeblyk aan Afrikaans erfenis om Internasionale Moedertaaldag te vier op 24 Februarie 2024 by die Endlersaal in Stellenbosch. Met Lynelle Kenned, Tribal Echo Trio, Lyntjie Jaars, Gertruide Lombaard en gesogte gemeenskapskore, onder leiding van die bekende Zenobia Kloppers.

Persverklaring: Nuwe buitelugkonsertreeks by Century City

LitNet Musiek 2024-01-30

Kaapse musiekliefhebbers, bring julle familie en vriende en pak julle piekniekmandjies om saam met Die Heuwels Fantasties en Jitsvinger, die heel eerste ervaring van die Ratanga Park Sunset Concerts wat op Sondag 25 Februarie aangebied word, te vier.

Persverklaring: Storielied-reünie met Luna Paige en ’n 13-stuk-orkes

LitNet Musiek 2024-01-30

In aanloop tot die bekendstelling van Luna Paige se nuwe Afrikaanse album, wat in April vanjaar uitgereik word, bring Luna en medemusikante die gewilde produksie van haar Afrikaanse debuutalbum, Storielied (2012), weer na die verhoog.

Om na stilte te luister: Bacchus Nel gesels oor sy nuwe album, Vaalrivier

Jannike Bergh, Bacchus Nel, Ronel Kellerman Musiek 2024-01-25

"Ek dink die term Afrikaanse musiek is ’n bietjie breed. Dit sluit álles in wat in Afrikaans gedoen word, waar ek voel mens moet so ’n bietjie meer onderskeid tref. Ek sê dit is musiek ín Afrikaans. En ek dink musiek in Afrikaans kan mos wêreldmusiek ook wees."

Top