
Irene-Louise van Wyk gaan jou weer op die dansvloer laat boer. Haar nuutste enkelsnit, “Reguit dans”, dans lekker en is nogal romanties.
“‘Reguit dans’ is ’n liefdesliedjie wat perfek pas by my musiekstyl. Dit maak nie saak watter draaie die lewe in jou rigting gooi nie, dit sal jou altyd reguit laat dans tot in die arms van die persoon vir wie jy lief is,” vertel Irene-Louise.
“Reguit dans” is geskryf Emil Paul en vervaardig deur Dirk van Niekerk van Noted Music wat ook “Tekkies brand” en “Stout vir …” vervaardig het. So jy kan Irene-Louise se “Tekkies”-klank verwag, maar hierdie keer vol hartjie-tattoos.
Maak gereed, want jy gaan reguit dans tot in daai persoon se arms!
Klik hier om die enkelsnit op die platform van jou keuse te luister.

