
Refentse was vir ’n geruime tyd stil, maar nou kry ons ’n “Blue tick”!
“Blue tick” is geskryf deur Refentse en vervaardig deur Olly van Schalkwyk (Ollyvans Studios).
Hierdie nuwe vars enkelsnit vertel die storie wat baie mense redelik goed ken – wanneer jy iemand vir eers op “read” los omdat jy nog nie weet hoe om jou liefde aan hulle te verklaar nie, of dalk te bang is om te sê hoe jy regtig voel.
“Ek is nie iemand wat ’n ander persoon sommer op ‘read’ sal los nie. Maar soms weet jy nie dadelik wat om terug te stuur of hoe om te express hoe jy rêrig voel nie. Soms is mens bietjie bang vir die reply daarop,” vertel Refentse.
“Blue tick” se klank is naby aan Refentse se roots en herinner ons aan sy treffer “Reisiger”. Dit is ’n electrifying power ballade wat neig na pop.
Luister die song en stuur dit vir iemand wat jou nog ’n antwoord skuld.
Klik hier om die enkelsnit op die platform van jou keuse te luister.

