
Foto’s: verskaf deur Select Musiek
Wentzel het groot golwe gemaak met sy vorige enkelsnit, “Meisie wat kan vasdans”, maar wag nou in spanning vir Annabel se oproep!
Net wanneer jy dink jy kan gou asem skep op die dansvloer, gaan Wentzel se nuwe enkelsnit, “Annabel”, jou terugtrek vir nog ’n rondte.
“My Annabel, my Anna, wanneer gaan jy bel? Want ek wag al te lank, nou bel ek maar vir jou. Hier’s plek wat ek net vir jou hou. So Anna, antwoord net gou!” sing die koor.
Dié lekker voetstampnommertjie is geskryf deur Wentzel en Emil Paul. Casette Club (Tjaart van der Walt en Austin Hulme), wat ook “Meisie wat kan vasdans” en “Juffrou Riekie Louw” vervaardig het, het gesorg vir ’n lekker produksie.
“Annabel is die meisie wat al jou boksies af-tick, maar sy toon geen belangstelling in jou nie. Jy wag vir haar om te bel, maar jy is ook nie seker of jy haar eerder moet bel nie,” vertel Wentzel.
Wentzel is beslis nie net ’n boer in murg en been nie, maar weet ook hoe om sy aanhangers te bederf met ’n lekker sokkietreffer!
Klik hier om “Annabel” op die platform van jou keuse te luister.

