Musiek

KlankKas is jou gig-gids en musiektuiste.
KlankKas is your gig guide and music fix.

Persverklaring: Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasvind. Ontdek verhale uit die verlede wat ons vandag nog raak: van vroue en kinders, kerkmanne en krygers, kos en kleingeld, kerkmusiek en volksliedjies, familieregisters en -briewe. 

Press release: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 introduces new jazz venue and concert series "Jazz at the Konserve"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

The vibrant rhythms of Cape jazz and the rich heritage of South African jazz will take centre-stage at the new “Jazz at the Konserve” concert series, set to be hosted at the stunning outdoor SU Konservatorium Amphitheatre during the 2024 Woordfees. This exciting new jazz venue will showcase award-winning talents from 2 to 4 October 2024, celebrating both established icons and emerging stars in South African jazz.

The story of Eva Cassidy – Oos-Kaap-trio rits en betower die land vol

Ignus Rademeyer Musiek 2024-09-26

"Misery Loves Company bring ’n opregte, pragtig vervaardigde huldeblyk aan ’n kunstenaar wie se werk steeds harte regoor die wêreld aanraak. Kerry Hiles se sagte en emosioneel belaaide stem gekombineer met die meesterlike musiekspel van Rob Thompson en Kristo Zondagh maak dit ’n onvergeetlike aand van musiek. Of jy nou ’n jarelange aanhanger van Eva Cassidy is of nuut is tot haar storie, hierdie vertoning sal jou diep roer en herinner aan die helende krag van musiek."

Persverklaring: Simbiotiese ATKV-Sêrwenners bekroon tydens ATKV-toneelfinaal

ATKV ATKV-Portaal 2024-09-25

Nasionale sêrmentors Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes behoorlik kopkrap om die wenners van die eerste ATKV-Sêrkompetisie aan te wys danksy simbiotiese tieners wat met voetstamp-lekkerte en tongklap harmonieë die toon aangegee het.

Persverklaring: Luna Paige se Tuiskoms-toer en -program

LitNet Musiek 2024-09-23

Na ’n opwindende reis van drie maande deur Europa en klein optredes in Nederland, keer Luna terug na Suid-Afrika om in ’n intieme omgewing met haar aanhangers te skakel. Ná haar indrukwekkende dubbelalbum-bekendstelling in April 2024 – met beide Engelse en Afrikaanse albums, Dis die dors en Harmony – bied hierdie toer ’n unieke kans om haar songs in hul mees rou en outentieke vorm te ervaar.

Persverklaring: Sonografie: Grepe in roots en blues – WOMAD South Africa 2024 en Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

WOMAD SA is trots daarop om vir die eerste keer saam met Toyota Stellenbosch Woordfees en die US-musiekdepartement ’n spesiale konsert met die titel Sonografie: Grepe in roots en blues aan te bied. In hierdie produksie vertel kunstenaars stories in en deur klank, aan die hand van instrumente, musikale idiome en die herinneringe wat hulle ontketen: uhadi, Khoe-klanke, onbegeleide stem en Mississippi blues.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor American rhythms

Naomi Meyer, Reghardt Kühn Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Dit is wel belangrik dat mens onthou dat 'Amerika' meer is as net die VSA. Ons speel dus onder andere ’n wonderlike stuk musiek van die Meksikaanse komponis ... Arturo Márquez, Danzón Nr 2. Márquez probeer die kultuurerfenis van Meksiko na die wêreldverhoog bring deur middel van sy lewendige musiek."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe

Jannike Bergh, Jaco van der Merwe Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-19

"Worldplay is een van my gunstelingprojekte. Dis basies soos ’n game show, waarin ’n handvol digters en ’n handvol musikante beurte maak om saam te improviseer. Dis amper soos Spin the bottle: ’n Digter en ’n musikant se name word getrek en dan moet hulle saam op die verhoog ’n stuk opvoer. Die collaborations is 100% unrehearsed en spontaan."

Persverklaring: Shakira se nuwe enkelsnit kom by jou spook

LitNet Musiek 2024-09-06

Shakira het die musiekbedryf verras met haar eerste enkelsnit, "Disco", en lekker opslae gemaak. Nou bederf Shakira ons met ’n splinternuwe enkelsnit, "Spook"! Luister die enkelsnit hier.

Press release: Endler concert series – Stellenbosch University Symphony Orchestra conducted by Leon Bosch

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-09-06

Music enthusiasts in the Western Cape are in for a remarkable experience as the internationally acclaimed double bassist and conductor, Leon Bosch, takes the podium in Stellenbosch on Friday, 6 September 2024.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Zorada Temmingh oor Hoe speel die orrel (sit-sit so)?

Naomi Meyer, Zorada Temmingh Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-03

"Min mense wat weet hoe ’n orrel klink, weet ook hoe die klank gebeur. In hierdie praat-en-wys gesels ek oor hoe ’n klawer se afdruk ’n pyp laat praat, oor hoe verskillende klankkleure geskep word wat die orrel amper soos ’n orkes kan laat klink, oor hoe die orrelis soos ’n seekat tekere moet gaan om betyds by al die note en knoppies uit te kom."

Press release: WOMAD South Africa – 1 to 13 October 2024

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-08-21

WOMAD SA returns to South Africa for its 3rd edition: Concert-goers can look forward to Sonography: Stories in roots and blues at Toyota Stellenbosch Woordfees on 2 October, followed by a special Desmond Tutu united 4 humanity concert – featuring Ladysmith Black Mambazo, PJ Powers and several world music acts – in Cape Town on 4 October. They will then perform in Johannesburg from 9 to 13 October.

Persverklaring: Die Simposium van Suid-Afrikaanse Komponiste se 2de jaarlikse gebeurtenis | 9–13 September, Stellenbosch

LitNet Musiek 2024-08-20

Die 2de jaarlikse Simposium van Suid-Afrikaanse Komponiste sal van 9 tot 13 September by die US Konservatorium in Stellenbosch plaasvind. Hierdie unieke gebeurtenis bring komponiste, musiekskeppers, klankkunstenaars en opvoeders bymekaar om kontemporêre Suid-Afrikaanse musiek oor ’n wye verskeidenheid genres te deel en te vier. Tans is dit die enigste gebeurtenis van sy soort in Suid-Afrika.

Persverklaring: Irene-Louise van Wyk laat jou "Reguit dans"

LitNet Musiek 2024-08-13

Irene-Louise van Wyk gaan jou weer op die dansvloer laat boer. Haar nuutste enkelsnit, “Reguit dans”, dans lekker en is nogal romanties. Luister dit hier.

Persverklaring: "Blue tick" – Refentse is terug met nuwe musiek!

LitNet Musiek 2024-08-13

Hierdie nuwe vars enkelsnit vertel die storie wat baie mense redelik goed ken – wanneer jy iemand vir eers op "read" los omdat jy nog nie weet hoe om jou liefde aan hulle te verklaar nie, of dalk te bang is om te sê hoe jy regtig voel. Luister die enkelsnit hier.

Persverklaring: Endler-konsertreeks maak propvol tweede seisoen bekend | 2 Augustus tot 7 Desember 2024

LitNet Musiek 2024-07-30

Die seisoen skop af met ’n opwindende en besige naweek, met optredes deur die SAMA-genomineerde Juliet-strykkwartet (2 Aug), en die wêreldberoemde US Koor (3 Aug). Die Musiek-departement geniet ook ’n mylpaal wanneer die US Kamerkoor sy tiende bestaansjaar vier met ’n spesiale optrede by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow op Sondag 4 Augustus onder leiding van Lunathi Ncamani en Martin Berger.

Persverklaring: US-studente gekies vir gesogte Africa United Youth Orchestra-uitvoering by Carnegie Hall in Augustus.

LitNet Musiek 2024-07-29

Die Universiteit Stellenbosch se Departement Musiek is trots om aan te kondig dat vyf van sy talentvolle studente gekies is om by die Africa United Youth Orchestra (AUYO) aan te sluit vir ’n geskiedkundige optrede by Carnegie Hall in Augustus 2024. Die AUYO, georganiseer deur die Mzansi Nasionale Filharmoniese Orkes, is ’n ensemble van stermusikante van verskeie Afrika-lande.

Persverklaring: ATKV-Crescendo begelei nuwe stemme

LitNet Musiek 2024-07-25

Vir die derde Platformsessies-konsert van ATKV-Crescendo-produksies kan die gehoor uitsien na ’n nostalgiese reis saam met Crescendo-legendes wat die musikale weg vir ’n nuwe geslag Afrikaanse stemme wys. Dit vind op 16 Augustus plaas by die Daisy Jones-teater in Stellenbosch. As deel van ATKV-Crescendo se vyftigste bestaansjaar, gaan voormalige Crescendo-wenners, Jak de Priester en Babette Viljoen, die verhoog met drie finaliste van 2024 deel.

Persverklaring: Spesiale geleenthede vir hele gesin by Klassique

LitNet KKNK 2024-07-22

Klein Karoo Klassique bied vanjaar ’n spesiale geleentheid gefokus op gesinne, met Little Maestros: Classical Concerts for Families. “Ons bied met hierdie konserte ’n ontspanne omgewing waar klein oortjies leer deur Mozart, Bach en ander bekende klassieke musiek”, sê Magdalene Minnaar, bekende sopraan en violis in dié produksie.

Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam

LitNet Musiek 2024-07-18

RUK EN RYM 2024 beloof om die alternatiewe musiekvlam wat uit dié vonkie aangesteek is, aan te blaas en vanjaar se kompetisie beloof om groter en beter te wees. Nie net is daar vanjaar ’n noordelike semifinaal by Railways Café in Centurion nie, maar ’n suidelike semifinaal volg kort daarna as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch, waar Karen Zoid die gaskunstenaar sal wees.

Top