
Nadat Brendan Peyper sy Instagram heeltemal skoongemaak het en ’n blaaskans van sosiale media geneem het, is hy terug met ’n nuwe kyk in sy oë.
Brendan het die tyd geneem om ’n nuwe liedjie “Kyk” te skryf. Dinge raak vinnig romanties in die liedjie, en ja, daar is iets om na te kyk ook, want die liedjie se musiekvideo is op dieselfde dag vrygestel. Jy kan uitsien om na ’n eerlike en rou Brendan Peyper te kyk in die video.
Kyk, Brendan se musiek het oor die afgelope dekade baie gegroei en dis duidelik dat hy nog lank nie klaar is nie. “Kyk” bring vars klanke en diep lirieke wat ons kans gee om Brendan nog beter te leer ken.
Murray Lubbe, die naam agter talle van Brendan se toptreffers, het hierdie liedjie vervaardig.
Kyk uit vir die nuwe enkelsnit en video van “Kyk” wat nou beskikbaar is.
Klik hier om “Kyk” op die platform van jou keuse te luister.


Kommentaar
Wat het dit met letterkunde uit te waai? Of is sy lirieke dalk van literêre gehalte?