Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Persverklaring: 2024 Endler-konsertreeks betower met eklektiese eerste seisoen
2024-02-23Die Universiteit Stellenbosch Konservatorium is trots om die langverwagte seisoen van die 2024 Endler-konsertreeks aan te kondig.
Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke: ’n onderhoud met Irma du Plessis
2024-02-19"Liedjies in die FAK-Sangbundel was altyd liedjies wat so algemeen gesing is dat ’n mens nie meer geweet het deur wie of waar hulle geskryf is nie. So is dit ook met my pa se musiek – die liedjies het dig verweef geraak met die wêreld waarin dit gesing word en is nou allemansbesit."
Die Adam Small Boekefees | 23 tot 25 Februarie 2024 in Pniël: ’n onderhoud met Darryl David
2024-02-16"Die fees is daar om ’n platform te gee aan Afrikaapse (bruin) skrywers wat nooit erkenning gekry het vir hul literêre werke nie, soos Adam Small, maar dit sal altyd ’n veelrassige, veeltalige fees wees en almal is welkom om dit by te woon. Toegang tot die Adam Small-fees is absoluut gratis, pasella, verniet, danksy ons borge."
Press release: Stellenbosch Chamber Music Festival’s (SICMF) early-bird special!
2024-02-06Die aanlyn studenteportaal is nou oop en studente wat voor 16 Februarie 2024 registreer kwalifiseer vir ’n spesiale aanbod. | The online student entry portal is now open and students who enroll on or before 16 February 2024 will qualify for the early-bird special.
Uitnodiging | Oerlied-bekendstellingskonsert: ’n korehuldeblyk om Internasionale Moedertaaldag te vier
2024-02-01Die SBA nooi u uit na die Oerlied-bekendstellingskonsert, ’n korehuldeblyk aan Afrikaans erfenis om Internasionale Moedertaaldag te vier op 24 Februarie 2024 by die Endlersaal in Stellenbosch. Met Lynelle Kenned, Tribal Echo Trio, Lyntjie Jaars, Gertruide Lombaard en gesogte gemeenskapskore, onder leiding van die bekende Zenobia Kloppers.
Persverklaring: Nuwe buitelugkonsertreeks by Century City
2024-01-30Kaapse musiekliefhebbers, bring julle familie en vriende en pak julle piekniekmandjies om saam met Die Heuwels Fantasties en Jitsvinger, die heel eerste ervaring van die Ratanga Park Sunset Concerts wat op Sondag 25 Februarie aangebied word, te vier.
Persverklaring: Storielied-reünie met Luna Paige en ’n 13-stuk-orkes
2024-01-30In aanloop tot die bekendstelling van Luna Paige se nuwe Afrikaanse album, wat in April vanjaar uitgereik word, bring Luna en medemusikante die gewilde produksie van haar Afrikaanse debuutalbum, Storielied (2012), weer na die verhoog.
Om na stilte te luister: Bacchus Nel gesels oor sy nuwe album, Vaalrivier
2024-01-25"Ek dink die term Afrikaanse musiek is ’n bietjie breed. Dit sluit álles in wat in Afrikaans gedoen word, waar ek voel mens moet so ’n bietjie meer onderskeid tref. Ek sê dit is musiek ín Afrikaans. En ek dink musiek in Afrikaans kan mos wêreldmusiek ook wees."
’n Onderhoud met Janelle Visagie oor The sound of music: Die heuwels juig weer!
2023-11-27"Ek was vandag by een van die repetisies en sien so uit na gehore se reaksies, want ek kon nie my trane stop nie. Die kinders en die cast en die regie is so wonderlik. Dis net ’n absolute fees."
Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Marius Coetzee
2023-11-24"Die Nederlandse gehore deins nie terug vir die musiek van ons tyd nie, so ek is van mening dat die Nederlandse gehore en musiekkenners ’n goeie afsetgebied vir werke van Suid-Afrikaanse komponiste kan bied."
Persverklaring: Christof Berg se "Wil jy sien hoe lyk die hemel"
2023-11-17Maar dis juis die verliese wat ons dryf om insig te gaan soek. Dit is soos Cohen gesê het, dat die lig inkom deur die krake.
Festival voor het Afrikaans 2023 | My broer, Gertjie: ’n filmresensie
2023-11-16"My broer, Gertjie is eerder ’n portret van ’n sanger en digter, maar ook ’n enigmatiese mens, ’n skaam mens wat werklik nie roem najaag nie. Die keuse om die film in swart en wit te skiet, dra daartoe by."
Persverklaring: Ervaar Handel se Messias soos nog nooit vantevore
2023-11-07Die uitvoering van hierdie geliefde oratorium word deur die Mzansi Nasionale Filharmoniese Orkes, die KKNK en Klein Karoo Klassique ondersteun, en is op Vrydag 8 Desember om 18:00 by die Burgersentrum op Oudtshoorn te sien.
Persverklaring: Kyk na Kirky van Kirkwood se "Song vir Ma"
2023-11-03Die skryf van die nuwe liedjie "Song vir Ma" is geïnspireer deur ’n gesprek om ’n laatnagvuurtjie in Patensie.
Persverklaring: Lize Beekman by Die Boer-teaterrestaurant
2023-11-01Lize Beekman tree vanjaar slegs op 4 en 5 November in die Kaap op. Hier is nog inligting.
Festival voor het Afrikaans 2023: Amanda Strydom sê "Afrikaans is springlewendig in al sy vorme"
2023-11-01"Ek wil bevestig dat die Afrikaanse taal springlewendig is in al sy vorme – dat die brug tussen Nederlands en Afrikaans steeds sterk staan. Nederlands is die oermoeder van Afrikaans. Voeg daarby die talle tonge wat Afrikaans praat, soos die digter/rymkletser/sanger Frazer Barry en sy vrou Deniel wat ook by die Festival gaan optree."
Busrit in die aand: ’n resensie | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-17"Hierdie produksie het natuurlik my oog gevang weens die titel, maar die feit dat Frank Freeman die kitaar sou optel, was my grootste dryfveer om dit te gaan sien. Dié kêrel mag maar ’n kitaar hanteer."
Reckless Daughter: Joni Mitchell: ’n resensie | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-17"Wat is ’n Woordfees sonder die musiekmissionarisse wat ’n ikoon huldig? Kerneels Breytenbach en Danie Marais het ’n besondere kennis van kontemporêre musiek en kan heerlik gesels. Toe bring hulle Desmond Painter aan boord, en siedaar: ’n Wenresep!"
Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Luna Paige oor haar optrede saam met die Zolani-jeugkoor
2023-10-06"Wat is die belang vir gehore? Wel, eerstens, topklas vermaak. Hoendervleismooi harmonieë. My musiek soos hulle dit nog nooit gehoor het nie. En laastens, maar nie die minste nie, die geleentheid om die Zolani-jeugkoor te leer ken en moontlik in die toekoms te kan ondersteun, of hulle uit te nooi om by ander geleenthede te kom optree. Op die ou end wil ons almal gesien en gehoor word."
Press release: Luna Paige shares the stage with the Zolani Youth Choir in her show Saam (all)een at Toyota US Woordfees 2023
2023-10-05The highlight of the show promises to be the long-awaited collaboration between Luna Paige, composer and choir arranger Franco Prinsloo and the Zolani Youth Choir. Paige met the choir leader, Mr Odwa Mvunga, many years ago. After meeting and sharing the stage with Franco Prinsloo at Woordfees 2022, and reconnecting with the Zolani Youth Choir at the Montagu Art Deco Festival earlier this year (2023), she decided the time was right to invite this community youth choir to join her on stage.