Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Persverklaring: Pieter Madibuseng Odendaal – Ontaard, die album | Musiekvideo- en albumvrystelling op 5 Mei 2025
2025-05-02Ontaard is Odendaal se debuut spoken word album, gebaseer op sy beprese digbundel met dieselfde titel. Die woorde was telkens die impuls vir die musiek, sodat elke snit ’n refleksie van die vibe van die spesifieke gedig is. Die genre-invloede is daarom divers – van jazz tot klassiek, inheemse musiek tot dubstep, amapiano tot rock. Alhoewel Odendaal die meeste van die musiek self gekomponeer het, en ook die klavier op die album speel, het verskeie kunstenaars meegewerk om die klanklandskap op Ontaard te skep.
Wêreldtrekklavierdag 2025 in die Endlersaal: ’n gesprek met Leon Oosthuizen en ander entoesiastiese trekklavierspelers
2025-05-02"Die gehoor gaan van die mooiste Afrikaanse musiek hoor, gesing deur die Stellenbosse jeug, en werke met die akkordeon – van klassieke tot volksmusiek."
Jazz in die Baai: ’n Fotogalery
2025-04-29"Jazz is ’n enorme deel van die Baai se identiteit. Dalk moet ’n mens terugstaan en sê musiek is die hartklop van die Baai."
Persverklaring: Afrikaans 100 Vlugskrifte deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN op 13 Mei 2025
2025-04-29Op 8 Mei 2025 word die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal gevier. Met hierdie viering in gedagte, het verskeie kunstenaars besluit om projekte rondom die getal 100 te loods. 100 Vlugskrifte word op 13 Mei 2025 om 18:00 by NALN aangebied en meer as veertig digters se werk is in die toonsettings gebruik.
Persverklaring: Nádine se nuutste vertoning bring kleur aan oud en nuut
2025-03-27Nádine se grootste treffers, asook plaaslike en internasionale treffer-liedjies soos "True colours" van Cindy Lauper, "Red red wine" van UB40 en "True blue" van Madonna. Ook Tom Jones se "Green green grass of home" en Prince se "Purple rain" kry ’n unieke Nadine-verwerking.
Khayatunes: A retrospective review and perceptive interview with Jean Tunes Marais
2025-03-27"Drummers almost never ply their trade for just one project, and Jean is no different, but he made a choice long ago that music would be both muse and arbitrator of his reality."
Persverklaring: Nou lewe Shakira Peach!
2025-03-05Onthou jy "Ek lewe" van Anneli van Rooyen? Shakira het golwe gemaak onder jong aanhangers met haar twee enkelsnitte "Disco" en "Spook". Nou begin Shakira lewe in die musiekbedryf met haar nuwe enkelsnit, "Lewe vir jou", wat in Februarie vrygestel is. Maak gereed om hierdie nuut verwerkte treffer van voor af te geniet!
Sielkos by die Mandela Bay Arts Festival: ’n fotogalery
2025-03-03"Toe ek sien hierdie jongman sing in Afrikaans, was dit my motivering om ’n kaartjie te bespreek."
Mandela Bay Arts Festival: ’n resensie van Jou ma se ... platespeler
2025-02-26"Dit sit nie in enige groep se broek om jou in 90 minute van oom Chris Blignaut tot by Karen Zoid te neem, en dan nog Bles Bridges en Kerkorrel en Fokofpolisiekar ook te doen nie. Dis wat dié ouens reggekry het."
Persverklaring: Musiek is ons erfenis by Suidoosterfees
2025-02-25Musiekliefhebbers kan gereed maak vir konserte en uitvoerings uit die boonste rakke tydens die Suidoosterfees, vanjaar aangebied van 30 April tot 4 Mei by Kunstekaap in Kaapstad.
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met Marsha Bothma
2025-02-21Marsha Bothma was ’n paar jaar gelede ’n finals van die Crescendo-projek. In hierdie onderhoud praat sy oor haar herinneringe en ook oor wat die projek vir haar loopbaan beteken het.
Persverklaring: Finaliste vir ATKV-Crescendo se 2025-mentorskapprogram bekend
2025-02-21Ná ’n week van wik en weeg is 22 finaliste aangewys uit vanjaar se inskrywings vir die ATKV-mentorskapprogram wat van 30 Maart tot 6 April in die Paarl gaan plaasvind. Deelnemers kon hulle oorspronklike liedjies digitaal inskryf of persoonlike oudisies by ATKV-Crescendo se talentsoekers in die Tuinroete, Klein-Karoo, Weskus, Atlantis of Worcester doen. Vanjaar is daar ook vir die eerste keer oudisies in Namibië gehou, wat twee finaliste opgelewer het.
Persverklaring: Die Endlerkonsertreeks 2025 – ’n inspirerende begin vir die jaar
2025-02-17Die eerste seisoen van die gesogte Endlerkonsertreeks, aangebied deur die US Konservatorium, open op Vrydag 21 Februarie. Gehore kan uitsien na uitvoerings deur bekende internasionale kunstenaars, soos die Nederlandse orrelis Minne Veldman en die Russiese pianis Roustem Saitkoulov, sowel as ’n ryk verskeidenheid kamermusiek, koorwerke, orkesmusiek en jazz.
Press release: Africa’s first AI opera autoplay redefines performance art
2025-02-17Africa’s first AI-generated opera is set to disrupt traditional performance art with a bold and immersive production that blends choreography, generative soundscapes and machine learning. Due to be performed at Flipside at the Baxter Theatre from 26 to 29 March 2025, autoplay by acclaimed choreographer and director Louise Coetzer interrogates the intersection between identity, autonomy and the digital landscapes that define modern existence.
Persverklaring: Kommie, kommie – Dirk het ’n nuwe liedjie vir jou!
2025-02-14Luister vanaf 14 Februarie na Dirk van der Westhuizen se super-catchy somer-song "Kommie kommie" en herleef weer daai vakansieliefde terwyl jy die dansvloer vol dans!
Persverklaring: Kuns is alles by Suidoosterfees 2025
2025-02-14Kuns is meer as vermaak – dit help ons om die lewe en die wêreld beter te verstaan, en by feeste skep dit kosbare werksgeleenthede en stimuleer die plaaslike ekonomie. Vanjaar word die Suidoosterfees van 30 April tot 4 Mei in Kaapstad aangebied, waarna SOF Junior, ’n minifees vir onderwysers en skoliere, van 5 tot 8 Mei volg.
Persverklaring: Kyk! Brendan Peyper is terug
2025-02-10"Kyk" bring vars klanke en diep lirieke wat ons kans gee om Brendan Peyper nog beter te leer ken. Die nuwe enkelsnit en video van "Kyk" is nou beskikbaar op die platform van jou keuse.
Press release: Young SA music producer Luc Lavigne shines in Hollywood studios
2025-01-27South African producer Luc Lavigne has turned his passion for music into an impressive career in the heart of Hollywood. At just 22, his production, mixing and mastering expertise has earned him opportunities and accolades that have set him on a path as one of the most exciting young talents in the global music industry. In 2025, Lavigne already has numerous credits released, including “Any other way” by South African pop/pop punk artist Anica Kiana.
ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met ’n vorige naaswenner
2025-01-27"Die passie vir ons taal en kultuur klop sterk by Crescendo, en dit is hierdie hartklop wat ons inspireer om ’n nalatenskap vir die nageslag in Afrikaans te bou."
Persverklaring: Frieda van der Heever by Die Boer in Durbanville, 7 Februarie 2025
2025-01-20Kom luister op 7 Februarie by Die Boer teater in Durbanville om 20:30 na Frieda van den Heever. Sy gaan saam met die uitstekende musikante Mauritz Lotz en Jonno Sweetman op die verhoog wees.
