
Foto: Capture Productions (verskaf)
Soos die meeste van ons weet, is dit ’n bittersoet gevoel wanneer jy tydens jou Desembervakansie onverwags verlief raak – net om dan uit te vind die persoon bly honderde kilometer van jou af.
Dirk van der Westhuizen ken daardie gevoel te goed. Daarom het hy en Emil Paul besluit om ’n somertreffer, “Kommie kommie”, daaroor te skryf, sodat jy nie alleen hoef te voel nie.
“Kommie kommie, kom bietjie nader” is die magtelose roep na jou vakansieliefde met die hoop dat hy/sy nader sal trek en julle jul steamy romanse verder kan vat.
Luister vanaf 14 Februarie na Dirk se super-catchy somer-song “Kommie kommie” en herleef weer daai romantiese memories terwyl jy die dansvloer vol dans!
Klik hier om “Kyk” op die platform van jou keuse te luister.


Kommentaar
Ek kan nie glo 'n respektabele webblad soos Litnet promoveer sulke onverdunde stront nie. Of kry julle geld daarvoor wanneer julle persverklarings plaas? As julle oor Afrikaanse musiek wil skryf, doen dit ten minste oor kunstenaars wie se werk meer betekenisvol is as hierdie tjol. Soos Coenie de Villiers, Laurika Rauch, David Kramer.
Hoe voel jy oor "Hop, hop spinnekop", Helga?
Ja-nee, ek kots so bietjie in my keel, Helga! Et tu LitNet?