Persverklaring: Shakira se nuwe enkelsnit kom by jou spook

  • 0

Foto verskaf deur Select Musiek

Shakira het die musiekbedryf verras met haar eerste enkelsnit “Disco” en lekker opslae gemaak. Nou bederf Shakira ons met ’n splinternuwe enkelsnit, “Spook”!

“As ’n jong meisie gebeur dit nogal gereeld dat ek ’n mooi ou iewers sien/ontmoet en dan kan ek hom net nie uit my gedagtes uit kry nie. Mens kan rêrig sê hy SPOOK by my … Dan is dit net die geval van of hy my gaan ghost of nie!” vertel Shakira oor haar nuwe enkelsnit.

Soos die lirieke in die eerste vers sê: “Ek dink jy sal my vir altyd haunt, in die huis in my kop, ek sien hoe jy nader kom en my hand vat, nooit gedink ’n hart kan so vinnig klop.” Dis presies waaroor die nuwe liedjie gaan – reguit uit haar eie pen. Daardie liefde wat vir altyd by jou sal “spook”.

Kyk ook uit vir die musiekvideo waarin jy sal sien hoe Spook pret het saam met Shakira.

Hou maar dop, Shakira gaan nog vir lank by jou “spook”.

Klik hier om “Spook” op die platform van jou keuse te luister.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top