
Dit mag moeilik wees om “Gqeberha” uit te spreek, maar as die program sê Feel good jazz, kan jy maar ontspan. Dis wat jy gaan kry.

Jazz is ’n enorme deel van die Baai se identiteit. Dalk moet ’n mens terugstaan en sê musiek is die hartklop van die Baai. Talle skole, ook die armer skole, het goeie orkeste wat musiek speel wat wissel van klassiek tot swing, R&B tot steel band. En wanneer die steel band hulle staaltromme uithaal, kan jy enige iets van Bach tot Beyoncé verwag. Meer nog: Gaan kyk maar op ’n Sondagmiddag na die Oos-Kaapse Simfonieorkes in die statige Veremarksaal, dan gaan jy baie van dieselfde gesigte op die verhoog sien – selfs skoolkinders neem soms deel.
En, ja, jazz is ’n groot deel van die Baai se identiteit.

Monique Hellenberg is ’n dosent aan die Nelson Mandela Universiteit. Sy gee klas in jazz en kontemporêre stemtegnieke. Haar navorsingsveld is jazz in ’n Suid-Afrikaanse konteks.
Hellenberg hou daarvan om haar studente te laat optree.

Saterdagaand 26 April 2025 het sy Khanyisile Skade genooi om saam met haar by die Rooftop Garden Bar op te tree.
Al het ek vooraf ’n kaartjie gekoop, was die tou by die deur lank. Maar toe die orkes uiteindelik begin speel, was die gevoel goed!

Marlon Louis (middel) was in beheer van die klank. Hy is ’n onderwyser en koperblaser.

’n Deel van sy passie is om jongmense op te lei om hulle plekke in die musiekbedryf vol te staan.
Ek kan nie musiek maak nie, maar ek kan kiekies neem!

Hezron Armoed

Bevin Maschaka

Elviro Frolick

Wesley Keet

Monique Hellenberg

Khanyisile Skade

