
Bekendes besing romanse in Taalmonument se intieme Tuinteater!
Dis ’n aand van musiek, pieknieks, teerheid en natuurskoon hierdie Valentynsdag wanneer die Jazz- & Liefde-piekniekkonsert plaasvind op Saterdag 14 Februarie 2026 by die Afrikaanse Taalmuseum en Monument (ATM) op die skilderagtige Paarlberg. Hierdie keer wag ’n unieke kombinasie van uitstaande jazz, sielvolle stemme en natuurlik liefde onder die sterre.
Die verhoog sal skitter met optredes deur Anna Davel, Candice Thornton, Darryn Govender, Melisizwe Plaatjie, sowel as Chadleigh Gowar en SLB. Elke kunstenaar bring ’n unieke styl en emosionele diepte wat die gehoor op verskillende maniere sal raak. Saam skep hulle ’n klankervaring wat perfek pas by ’n romantiese someraand.
Hekke open om 17:00 en die musiek begin om 18:00, waarna die aand se ritmes en harmonieë die liefde sal aanwakker. Dit duur tot 22:00, wat paartjies en vriende genoeg tyd gee om te sosialiseer, te luister en te ontspan. Gaste mag hul eie piekniekmandjies en drankies bring (maar geen glase of vure nie). Kosstalletjies sal ook beskikbaar wees. Onthou asseblief komberse, warm klere en ’n flitslig.
🎟️ Kaartjies by quicket.co.za of by die hek – slegs R180 per persoon
ℹ️ Navrae: Stefanie Rasztabiga by 021 863 0543 of kommunikasie@taalmuseum.co.za. Vir meer inligting, besoek taalmuseum.co.za/en/whats-on.

