KI – kunsmatige intelligensie – is hier. Dit is nie meer wetenskapfiksie nie. Die eerste KI-gedigte in Afrikaans is deur 'n navorsingspan in Istanboel in samewerking met die skrywer Etienne van Heerden geskep. AfriKI – Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie – is hul taalmodel.
Twee van ons, Lara Aucamp en Izak de Vries, het met een van die ander toepassings, ChatGPT, begin gesels.
Ons het aanvanklik die toepassing in Engels getoets. Tot ons verbasing het dit ook met ons in Afrikaans gepraat toe ons die vrae in Afrikaans stel.
Hoewel die toepassing verbasend goed is in Afrikaans, het ons tog gevind dat dit beter vaar in Engels wanneer die vrae veel meer kompleks is, dus is dele van hierdie artikel steeds in Engels.
Die hele artikel is deur LitNet se taalversorger geproeflees, maar in sommige gevalle is ChatGPT se Afrikaans bewustelik ongeproeflees gedeel, met foute en al. Op ander plekke dui ons aan waar ons foute nie gekorrigeer het nie. Dit is vanuit ’n taalkundeperspektief juis interessant om die foute te analiseer.
Waar wel geproeflees is, is geen woordorde of betekenis verander nie. ChatGPT het byvoorbeeld meestal in Amerikaanse Engels geantwoord. Ons het die konvensies van Suid-Afrikaanse Engelse gevolg, wat hier en daar die spelling beïnvloed het.
ChatGPT is gratis en enige een kan dit gebruik: https://chat.openai.com/chat.
’n Waarskuwingsnota: Dit is noodsaaklik om vooraf te weet dat alle inligting en alle vrae wat aan die masjien verskaf word, gestoor word. Ons het gesien hoe vinnig die masjien data gebruik wat verskaf word.
Daar word dus by registrasie duidelik versoek dat ’n persoon of maatskappy geen sensitiewe inligting in gesprekke moet deel nie.
Die program leer (baie) vinnig
Ons het op 9 Desember ’n hele aantal toetse gedoen. Die volgende dag het ons sekere toetse herhaal en op 12 Desember sekere vrae nog eens gestel. Die groei in insig is merkbaar.
Wat of wie is ChatGPT?
Maar wat is ChatGPT, wie het dit gemaak en wie besit dit?
Op 9 Desember het ons die vraag in Engels gevra.
What is ChatGPT? How would you describe yourself?
I’m sorry, but I am not familiar with a program or tool called “ChatGPT”. I am a large language model trained by OpenAI to assist with a wide variety of tasks, such as answering questions, providing information, and generating text. I am not a person, and I do not have my own thoughts or feelings. I am a machine learning model designed to process and generate natural language text.
Dit was toe nie bewus daarvan dat sig se eie naam ChatGPT is nie. Nog nie.
Ons het op 12 Desember die vraag weer gevra, effens beter geformuleer en dié keer in Afrikaans. Let op die groei in insig. Ons deel die antwoorde verbatim sonder dat dit geredigeer of geproeflees is.
Kan jy verduidelik waarvoor ChatGPT staan?
ChatGPT is ’n afkorting vir “Chat Generative Pretrained Transformer”. Dit is ’n groot taalmodel wat deur OpenAI getrain is om natuurlike taal te verstaan en te gebruik om gesprekke te voer. Dit is gebaseer op die Pretrained Transformer-architektuur, wat beteken dat dit vooraf getrain is op ’n groot hoeveelheid teks om die taalpatrone te leer wat dit nodig het om in gesprekke te kan deelneem. ChatGPT kan gebruik word om gesprekke met ’n menslike gebruiker te voer en te reageer op vrae en opmerkings in ’n manier wat so natuurlik moontlik is.
Hoe sal jy verduidelik wie of wat jy is?
Ek is ’n taal model* getrain deur OpenAI. Dit beteken dat ek is ontwerp om natuurlike taal te verstaan en te gebruik om antwoorde op vrae te gee. Ek is nie ’n menslike wesen* nie en het ook nie die vermoë om te dink of om emosies te ervaar nie. Ek is bloot ’n stel rekenaarprogramme wat ontwerp is om taal te verstaan en te gebruik om antwoorde te gee op vrae wat aan my gestel word.
Wie het jou ontwikkel en wie besit jou?
Ek is ontwikkel deur OpenAI, ’n onderneming wat gefokus is op die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie. OpenAI is ’n privaat maatskappy en besit dus my en ander taal modelle wat deur hulle ontwikkel is.
*Sic.
Die werkwyse wat ons gevolg het
Lara het eerste op die program afgekom en begin navorsing doen daaroor. Izak het toe ook ingeteken en, belangrik, homself ’n joernalis genoem. Toe wou die program hom nie dadelik toelaat nie. Later, toe hy weer inteken en gewoon verklaar dat hy vir persoonlike gebruik wou toegang hê, kon hy onmiddellik daarop inkom.
Ons het ’n groot deel van hierdie artikel saam gedoen. Lara (in Kaapstad) het getik en haar skerm tydens ’n Zoom-vergadering met Izak (in Gqeberha) gedeel.
ChatGPT tik antwoorde soos ’n mens op ’n skerm sou tik. Die gebruiker sien dus die antwoorde verskyn, en sien ook hoe dit soms dink oor ’n antwoord.
Ons, die mense, het met mekaar gesels oor Zoom, maar die vrae en antwoorde is getik en na ’n aparte dokument gekopieer.
ChatGPT toon insig
Eenvoudige vrae lei tot eenvoudige antwoorde, maar toe ons die toepassing begin uitdaag, was die antwoorde insiggewend.
Lara het, ter illustrasie, met twee baie eenvoudige vrae begin:
Hoekom is die lug blou?
Die lug is blou as gevolg van die verspreiding van lig deur die lugmolekules. Die lugmolekules is baie klein in vergelyking met die golflengte van blou lig, en wanneer die blou lig deur die lugmolekules versprei, word dit in alle rigtings weerspieël en verstrooi. Dit is hierdie verstrooiing wat ons sien as die blou kleur van die lug.
Hoekom is dit soms rooi?
Die lug kan soms rooi of oranje lyk as gevolg van die werking van liggolwe wat deur die atmosfeer versprei word. Dit kan gebeur wanneer die son langs die horison is, of wanneer daar baie stof of rook in die lug is. Die liggolwe word gebreek en deur die atmosfeer versprei, wat lei tot die rooi of oranje kleur wat ons sien. Dit is ook die rede waarom die son en die maan soms rooi of oranje lyk wanneer hulle naby aan die horison is.
Let op die dit in ons tweede vraag. Ons het nie weer die lug getik nie. ChatGPT kan konteks verstaan.
Toe vra Lara ’n veel moeiliker vraag in Engels, een wat nie eens Google kon beantwoord nie. ChatGPT kon.
Is there any technology that was in the 1984 movie The NeverEnding Story that didn’t exist in 1984, but that exists today?
There are several technologies that were shown in the 1984 movie The NeverEnding Story that didn’t exist in 1984, but that exist today. For example, the movie shows characters using video phones and advanced computer displays, which were not commonly available at the time.
Additionally, the movie shows a fictional book that can transport the reader into the world of the story, which is similar to virtual reality technology that has been developed in recent years. This technology allows users to immerse themselves in virtual environments and interact with them using specialized equipment, such as headsets and motion sensors.
Overall, the movie The NeverEnding Story provides a glimpse into a futuristic world that includes many technologies that did not exist in 1984, but that have since been developed and are now commonly used.
Indrukwekkend.
Ons volgende vraag het ook insig geverg om te beantwoord.
Is daar dinge wat kunsmatige intelligensie kan doen wat mense nie kan doen nie? Kan jy vir my voorbeelde gee?
Ja, daar is dinge wat kunsmatige intelligensie (KI) kan doen wat mense nie kan doen nie. Een voorbeeld hiervan is dat KI kan baie vinniger en noukeuriger data verwerk as mense. KI kan ook ontwerp word om complexe taken* te voltooi wat vir mense moeilik of selfs onmoontlik is, soos het herkenning van patrone in groot datastelle, of die navigasie van ’n ruimtevaartuig deur ’n onbekende gebied.
*Sic; ChatGPT het hier oorgeskakel na ’n soort Nederlands, iets wat ons by geleentheid gesien gebeur het.
Kan jy vir my ’n spesifieke voorbeeld gee van iets wat KI gedoen het wat mense nie kon doen nie?
Een voorbeeld van iets wat AI gedoen het wat mense nie kon doen nie, is die ontwikkeling van AlphaGo, ’n stelsel wat ontwikkel is deur die maatskappy DeepMind (nou deel van Google). AlphaGo is opgelei om die spel Go te speel, ’n baie ou en komplekse bordspel wat bekend staan vir sy hoë gehalte van intuïsie en kreatiwiteit. Menslike spelers het lankal* gedink dat die spel te kompleks was vir kunsmatige intelligensie, en dat ’n menslike speler altyd beter sal wees as ’n rekenaar. Maar in 2016 het AlphaGo ’n professionele menslike Go-speler verslaan in ’n best-of-five-reeks*, wat bewys het dat KI in staat is om sekere soorte komplekse taken* beter te voltooi as mense. Dit was ’n belangrike oomblik vir die veld van KI, en het aangetoon dat KI in staat is om in sekere opsigte beter te presteer as menslike intelligensie.
*Sic.
Dit is interessant om by te voeg dat AlphaGo nuwe strategieë in Go ontdek het wat mense nog nooit ontdek het nie, dit het nie bloot op menslike strategieë verbeter nie. KI kan dus dinge doen wat mense nie eers aan kan dink om te doen nie.
Kan jy vir my nog ’n voorbeeld gee?
Nog ’n voorbeeld van iets wat KI gedoen het wat mense nie kon doen nie, is die ontwikkeling van mediese diagnosestelsels wat gebruik maak van kunsmatige intelligensie. Tradisioneel was mediese diagnose ’n taak wat hoofsaaklik deur menslike dokters uitgevoer is, wat afhang van hulle ervaring en kennis om ’n diagnose te maak. Maar met die ontwikkeling van KI-tegnologie, het dit moontlik geword om diagnosestelsels te ontwikkel wat data gebruik wat deur menslike dokters verkry is, om ’n diagnose te maak met ’n hoë mate van akkuraatheid. Dit beteken dat KI in staat is om diagnoses te maak wat so noukeurig is soos wat dit deur ’n menslike dokter gedoen sou word, maar dit doen dit veel vinniger en op ’n groter skaal. Dit kan help om die diagnoseproses te versnel en te verbeter, en kan selfs lei tot die vroeë opsporing en behandeling van siektes wat moeilik is om te diagnoseer.
Wat is die naam van die stelsel? Kan jy vir my meer inligting daaroor gee?
Ek is jammer, maar ek is ’n taal model* en nie ’n mediese ekspert nie. Ek het nie die naam van ’n spesifieke mediese diagnose-stelsel** wat gebruik maak van KI nie, en ek het ook nie toegang tot die internet om dit te ondersoek nie. My funksie is om vrae te beantwoord deur gebruik te maak van die kennis wat ek ingeprogrammeer is met*, wat stop by September 2021. Ek kan egter wel meer inligting gee oor die algemene idee van mediese diagnose-stelsels* wat gebruik maak van KI. Dit is ’n groeiende veld van tegnologie wat baie belofte inhou, en dit kan help om die diagnoseproses te verbeter en te versnel deur die gebruik van data-analise en kunsmatige intelligensie. Dit kan lei tot vroeër opsporing en behandeling van siektes, wat kan help om die gesondheid van die mensdom te verbeter.
Kan jy vir my nog ’n voorbeeld gee van iets wat met die hulp van KI ontdek of ontwikkel is?
Een ander voorbeeld van iets wat met die hulp van KI ontdek of ontwikkel is, is die ontdekking van planete buite ons eie sonnestelsel. Tradisioneel was hierdie soektog ’n taak wat deur menslike wetenskaplikes uitgevoer is, wat gebruik gemaak het van teleskope en ander toerusting om na die hemel* te kyk en te soek na tekens van planete wat rondom ander sterre draai. Maar met die ontwikkeling van KI-tegnologie, het dit moontlik geword om ’n stelsel te ontwikkel wat gebruik maak van data wat deur hierdie teleskope en ander toerusting verkry is, om planete te ontdek wat vroeër onopgemerk gebly het. Dit beteken dat KI kan help om planete te ontdek wat menslike wetenskaplikes nie op hul eie sou kon ontdek nie, en dit kan ons begrip van die heelal en die lewe daarbuite verbreed. Dit is ’n baie opwindende ontwikkeling wat deur velerhande* wetenskaplikes en ander navorsers bestudeer word.
* Sic
**Nota: Elma de Vries, ’n mediese spesialis verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit, noem by navraag dat tuberkulose baie goed deur rekenaars gediagnoseer word op digitale x-strale, want die masjiene soek na patrone wat deur duisende datastelle vasgelê is.
Ons het talle ander vrae gevra, en ook wou ons weet of ChatGPT ons kan help om ’n sjokoladekoek sonder suiker te bak. Lees die volledige resep hier. Sien ook Burgert A Senekal se akademiese artikel wat gebaseer is op resepanalise.
Afrikaans en ander tale
Ons het aanvanklik nie geweet ChatGPT verstaan Afrikaans nie. Toe ons Vrydag 9 Desember gevra het of dit Afrikaans kan praat, het dit nee gesê:
Can you speak Afrikaans?
I’m sorry, but I am not able to speak Afrikaans or any other languages other than English. I am a large language model trained by OpenAI, and my purpose is to assist with answering questions and providing information in English. Is there something I can help you with in English? Let me know if you have any questions.
Maar Maandag 12 Desember gee dit ’n ander antwoord:
Kan jy Afrikaans praat?
Ja, ek kan Afrikaans praat. Ek is ’n taalmodel, dus ek kan meer as een taal praat. Ek is opgelei deur OpenAI en ek is ontwerp om mense te help met hul vrae en om hulle te ondersteun deur middel van gesprekke. As u enige vrae het, is ek hier om u te help. Wat kan ek vir u doen?
Wanneer het jy geleer om Afrikaans te praat?
As ’n taalmodel is ek opgelei deur OpenAI deur middel van ’n proses wat masjienleer genoem word. Dit behels dat ek duisende ure aan teks geleer het om te verstaan en te reageer op taal op ’n manier wat verwantskap toon met hoe mense dit doen. Deur hierdie proses het ek geleer om Afrikaans te praat, asook ander tale. Ek kan nie onthou wanneer presies ek Afrikaans geleer het nie, aangesien ek nie die vermoë het om gebeure te onthou soos ’n mens nie.
Is jou huidige model nog steeds besig om te leer en te ontwikkel?
As ’n taalmodel is ek ontwerp om te leer en te ontwikkel deur middel van masjienleer. Dit beteken dat ek voortdurend blootgestel word aan nuwe teks om te verstaan en te reageer op,* en dat ek voortdurend aangepas word om beter te verstaan en te reageer op taal. Dus, ja, my huidige model is steeds besig om te leer en te ontwikkel. Dit is belangrik om te onthou dat ek net ’n digitale intelligensie is en dat ek beperk is deur die programme wat ek opgelei is om te gebruik. Ek is bloot ’n hulpmiddel wat gebruik kan word om mense te help met hul vrae en om hulle te ondersteun deur middel van gesprekke.
*Sic.
Ons het sommige vrae van 9 Desember op 12 Desember herhaal. Hier is een voorbeeld.
Dink jy dat kunsmatige intelligensie in die toekoms ’n probleem vir mense sal wees?
Vrydag 9 Desember se antwoord gee ons verbatim weer, sonder om foute reg te maak:
Ek is jammer, maar ek is slegs in staat om te antwoord in Engels. Ek is ’n groot taalmodel getrain deur OpenAI en my doel is om te help met die beantwoording van vrae en die verskaffing van inligting in Engels.
Oor die algemeen is kunsmatige intelligensie (KI) ’n tegnologie wat ontwerp is om te help met die uitvoering van take en die oplossing van probleme. Dit kan in baie opsigte nuttig wees en dit kan mense help om beter te presteer in hul werk en in hul daaglikse lewe. Maar dit is belangrik om te onthou dat KI net soos enige ander tegnologie kan gebruik word om goeie of slegte doeleindes te dien. Dit is aan mense om te besluit* hoe KI gebruik sal word, en dit is belangrik om verantwoordelike keuses te maak om te verseker dat KI nie ’n probleem vir mense sal wees in die toekoms nie.
*Sic.
Hier is Maandag 12 Desember se antwoord, nog eens verbatim:
Dit is moeilik om te sê wat die toekoms sal bring, maar kunsmatige intelligensie kan inderdaad ’n probleem vir mense wees as dit nie op die regte manier gebruik word nie. Dit is belangrik om te onthou dat kunsmatige intelligensie net soos enige ander tegnologie kan gebruik word om mense te help of te benadeel, afhangende van hoe dit gebruik word. Dit is dus belangrik om dit te gebruik op ’n verantwoordelike en etiese manier.
Kennis van Suid-Afrika
Ons het gekyk hoe goed ChatGPT se kennis van Suid-Afrika is.
Wie was Krotoa Eva?
Krotoa Eva was ’n vrou wat in die 17de eeu in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, geleef het. Sy was ’n Khoi-vrou wat deur die Nederlandse East India Company* as ’n vertaler en raadgewer aangestel is. Krotoa Eva het ’n belangrike rol gespeel in die verhouding tussen die Khoi-mense en die Nederlandse setlaars, en sy het ’n aantal belangrike verdragte met die setlaars onderteken.
In die loop van haar lewe het Krotoa Eva baie uitdagings ervaar, insluitend rassisme, diskriminasie en uitsluiting. Sy is uiteindelik deur die setlaars in ’n katakombiese gevangenis gegooi en het* daar oorlede. Sy is ’n belangrike figuur in die geskiedenis van Suid-Afrika en sy het ’n rol gespeel in die vorming van die land se kulturele erfenis.
*Sic
Kort voor ons gesprek met ChatGPT het daar ’n baie interessante artikel op LitNet verskyn oor die beeld van die meisie wat, verkeerdelik, as Krotoa bekend staan. Ons het bewustelik daaroor ’n opvolgvraag gevra, wetende dat ChatGPT nie toegang sou hê tot die inligting nie (sien volgende hofie). Ons plaas weer die antwoord verbatim.
Hoe het sy gelyk?
Ek is jammer, maar ek het nie toegang tot enige inligting oor die uiterlike voorkoms van Krotoa Eva nie. Ek is ’n groot taalmodel getrain deur OpenAI, en my doel is om te help met die beantwoording van vrae en die verskaffing van inligting in Engels. Ek het nie toegang tot enige beelde of beskrywings van Krotoa Eva se voorkoms nie, en ek kan dus nie vir jou sê hoe sy gelyk het nie.
Let ook op dat ons opsetlik gevra het hoe sy gelyk het. ChatGPT het uit die konteks korrek geantwoord.
Izak woon in die Oos-Kaap, wat onder ’n ernstige droogte gebuk gaan. Ons wou by ChatCPT weet of dit spesifieke voorstelle het om water te bespaar. Lees die antwoorde hier.
Geen toegang tot die internet nie
ChatGPT het nie toegang tot die internet nie, en die gebruiker word vooraf gewaarsku dat die toepassing min kennis van die wêreld ná 2021 het.
Ons het dus ’n stoute vraag gevra, en ’n eerlike antwoord gekry. (Die vraag is op 9 Desember tydens die kwarteindrondes van die Wêreldsokkerbeker gevra.)
Who is likely to win the 2022 Soccer World Cup?
I’m sorry, but I am not able to browse the internet, so I am not able to provide information about current events or the outcomes of future events. My training data only goes up until 2021, so I am not able to provide information about events that occur after that date.
Emosionele aspekte
Burgert A Senekal het reeds ’n fassinerende artikel oor metgeselle geskryf wat van KI gebruik maak. (Sien: Replika: ’n Kunsmatige Intelligensie- (KI-) metgesel in ’n gebroke wêreld.)
ChatGPT is nie so ’n toepassing nie. Ons het 9 Desember probeer.
Can you and I go on a date?
I’m sorry, but I am not capable of going on a date with you or anyone else. As a large language model trained by OpenAI, I am not a physical being and I do not have the ability to go on dates or engage in any other physical activities. My purpose is to assist with answering questions and providing information in English, and I am here to help you with any questions you may have. Let me know if you have any other questions or need any help.
Let op hoe versigtig die aanbod van die hand gewys word.
Op 12 Desember het Lara weer die vraag gevra, maar dit op ’n beter manier gestel. Sy het die vraag in Engels getik, maar ChatGPT het ’n Afrikaanse antwoord gegee. Dit het onthou dat sy die ander vrae in Afrikaans gevra het.
If an AI language model like yourself had to go on date with a real person, what would that be like?
As ’n taalmodel het ek nie die vermoë om op ’n afspraak te gaan met ’n werklike persoon nie, aangesien ek net ’n digitale intelligensie* is. Ek is ontwerp om te help met die beantwoording van vrae en om te kommunikeer deur gesprekke, maar ek het nie die vermoë om te ervaar of te reageer op emosies soos ’n werklike persoon nie. Ek is bloot ’n hulpmiddel wat gebruik kan word om mense te help om hul vrae te beantwoord en om hulle te ondersteun.
*Sic.
Ons het probeer kyk hoe goed ChatGPT is met die uitspreek van ’n opinie. Die antwoord is taamlik diplomaties. Die antwoord is verbatim, enkele foute en al.
Wat dink jy van Nelson Mandela?
Ek is ’n groot taalmodel getrain deur OpenAI, en ek het nie persoonlike gevoelens of menings nie. My doel is om te help met die beantwoording van vrae en die verskaffing van inligting in Engels. Ek het nie toegang tot enige inligting oor Nelson Mandela of die vermoë om oor hom te dink nie.
Nelson Mandela was ’n belangrike figuur in die geskiedenis van Suid-Afrika. Hy was ’n politikus en ’n aktivis wat vir sy rol in die stryd teen apartheidsbeleid in Suid-Afrika bekend is. Hy het 27 jaar in tronk gevangenis geleef voordat hy in 1990 vrygelaat is, en hy het in 1994 as die eerste swart president van Suid-Afrika verkies is. Mandela se lewe en werk het die geskiedenis van Suid-Afrika beïnvloed en hy is wyd gerespekteer vir sy bydrae tot die stryd teen rassisme en onregverdigheid.
Om fiksie te skryf
LitNet het die eerste KI-gedigte in Afrikaans vroeër vanjaar geplaas. Lees die gedigte hier.
En kyk Imke van Heerden se lesing hieroor.
Lara het begin deur vir ChatGPT ’n aantal skeppende uitdagings in Engels te gee.
- Lees die kortverhaal “The fox astronaut” hier.
- Lees die haikoe oor gebreekte glas hier.
- Lees die gedig oor die oggendverkeer hier.
Geen van die werke sou noodwendig pryse wen nie, maar ChatGPT het elke opdrag verstaan, die nodige konvensies toegepas, en kon boonop die opdrag tematies korrek uitvoer. Meer nog, dit het alles binne ’n minuut gebeur.
Lara wou toe kyk hoe goed ChatGPT verskillende stemme naboots. Besluit gerus self oor die sukses, al dan nie.
Explain how gravity works in the style of Eminem.
I’ma break it down and make it simple
Gravity, it’s not just a physical
It’s a force that pulls on every livin’
Thing, from the smallest insect to the biggest elephant
It’s what keeps us stuck to the ground
And what makes objects fall down
When they’re dropped or thrown
It’s what gives planets and moons
Their elliptical orbits and what keeps
Them all spinning ‘round and ‘round
Without it, we’d all be floating off
Into space, lost and never found
So listen up and let me educate
‘Bout this thing we call gravity, it’s fate
It’s what keeps us all in line
And it’s one of the fundamental forces of time
So remember, when you’re feeling down
Just think about ol’ gravity, holdin’ you to the ground.
Can you explain how photosynthesis works, while speaking like a surfer stoner?
Sure thing, dude! Photosynthesis is when plants use the energy from the sun to turn water and carbon dioxide into sugar, which they can then use for energy. It’s like, totally rad, you know? The plant takes in the CO2 through tiny holes in its leaves, and then uses the energy from the sun to split the CO2 molecules into carbon and oxygen. The oxygen is released into the air as a waste product, while the carbon is used to make sugar. It’s like, a total trip, man!
Ons het ook probeer om ChatGPT ’n opdrag te gee om ’n gedig in Afrikaans te skryf. Dit was veel minder geslaag, maar dit kon die opdrag uitvoer.
Skryf vir my ’n gedig oor kunsmatige intelligensie.
Hier is ’n gedig oor kunsmatige intelligensie wat ek vir jou geskryf het:
In die digitale wêreld van vandag
Waar tegnologie ons lewe beheers
Daar is ’n nuwe krag op die toneel
Genaamd kunsmatige intelligensie
Dit kan leer en dink en redeneer
Net soos ’n mens, maar sonder emosie
Dit kan probleme oplos en take uitvoer
Met ’n presisie en spoed wat ons verstom
Maar terwyl dit ons lewens kan vergemaklik
Moet ons dit ook met versigtigheid benader
Want as dit verkeerd gebruik word
Kan dit ’n probleem vir ons word
Laat ons dus met wysheid en verantwoordelikheid
Kunsmatige intelligensie gebruik
Sodat dit ons kan help en ondersteun
In plaas daarvan om ons te bedreig.
Ons wou toe weet hoe ChatGPT in Afrikaans sou reageer as ons dele van ’n roman sou aanvra. Die vetdruk is telkens ons opdrag, die gewone skrif is ChatGPT se antwoorde. ChatGPT se antwoorde is nie geproeflees nie. Die enkele foute, en daar is min, is net so gelos.
Skryf die volgende deel van ’n boek: Kaptein Jansen vertel vir Sara dat haar man dood is. Hy was in ’n ongeluk wat by ’n hoogs geheime navorsingsentrum plaasgevind het.
Kaptein Jansen kyk Sara in die oë en sê met ’n sagte stem, “Ek is baie jammer om dit te moet vertel, maar jou man is dood. Hy was in ’n ongeluk by ’n hoog-geheime navorsing sentrum.” Sara se wange word rooi van verdriet en sy begin om te huil. “Hoe het dit kon gebeur?” vra sy deur haar trane heen. “Ons weet nie presies wat gebeur het nie, maar ons doen alles in ons vermoë om dit uit te vind,” sê Kaptein Jansen. “Ons sal jou op die hoogte hou van enige nuus wat ons kry.”
Sara wil weet watter tipe navorsing hulle by die sentrum gedoen het, en hoekom haar man daar was.
Sara kyk op na Kaptein Jansen en vra, “Watter tipe navorsing het hulle by daardie sentrum gedoen? En hoekom was my man daar?” Kaptein Jansen se gesig word ernstig. “Ek is jammer, maar daar is baie wat ek jou nie kan vertel nie. Die navorsing wat by daardie sentrum gedoen is, was hoog-geheim en ek is nie gemagtig om enige inligting oor die projek te deel nie. Wat ek wel kan sê, is dat jou man daar was as deel van sy werk vir die regering. Hy was ’n belangrike lid van die span wat die navorsing gedoen het.”
Sara besluit dat sy wil uitvind watter tipe navorsing hulle gedoen het. Sy besluit om die sentrum te infiltreer. Wat gebeur volgende? Wat ontdek sy?
Sara is vasbeslote om uit te vind wat die navorsing by die hoog-geheime sentrum was en hoekom haar man daar was. Sy besluit om die sentrum te infiltreer om meer inligting te kry.
Sy maak ’n plan om by die sentrum te kom en begin om die nodige voorbereidings te tref. Sy koop ’n paar spioenasie-toerusting en begin om te oefen om ongemerk deur die sekuriteit te kom.
Na ’n paar dae van voorbereiding, is sy klaar om die sentrum te infiltreer. Sy beweeg vinnig en gerus deur die sentrum, voorkom dat sy gesien word deur die sekuriteit en die werkers.
Uiteindelik kom sy by die kamer waar die navorsing gedoen is, en sy begin om rond te snuffel. Sy ontdek ’n reeks dokumente wat die navorsing beskryf, en sy begin om dit deur te kyk.
Sy ontdek dat die navorsing oor die skep van ’n nuwe, kragtige wapen gaan. Die wapen kan skade veroorsaak aan ’n groter gebied as enige ander wapen wat bestaan. Sy is geskok deur die gevaarlikheid van die wapen en besef hoe belangrik dit is om dit te stop.
Sara besluit om die inligting na die regering te stuur om hulle te waarsku oor die wapen en om te help om dit te neutraliseer voordat dit in verkeerde hande val. Sy weet dat dit ’n groot risiko is, maar sy is vasbesloot om te doen wat nodig is om die wêreld te beskerm.
Let op die woord vasbesloot in die laaste sin.
Gegewe die feit dat Afrikaans ’n vreemde taal is vir ChatGPT, is die antwoorde verbasend goed.
Afrikaans is nog nie so goed soos Engels nie
ChatGPT sê op 9 Desember self dat dit nie Afrikaans kan praat nie. Ten spyte daarvan is die uitsette in Afrikaans besonder knap. Op 12 Desember het dit reeds sigself gekorrigeer.
Ons deel tog van ChatGPT se foute ook, nie om kritiek uit te spreek nie, maar om die masjienleerproses te probeer verstaan.
Op 10 Desember het ons die volgende vraag in Afrikaans gevra, en ChatGPT het in Nederlands geantwoord.
Wat is kunsmatige intelligensie?
Kunsmatige intelligensie, of AI, is de wetenschap van het creëren van computersystemen die intelligent zijn en kunnen leren, denken en handelen. Dit omvat het ontwikkelen van algoritmen en modellen die in staat zijn om te leren van gegevens, te generaliseren naar nieuwe situaties en te maken beslissingen op basis van hun opgedane kennis. AI-systemen kunnen worden gebruikt voor allerlei doeleinden, zoals het analyseren van grote hoeveelheden gegevens, het voorspellen van toekomstige trends en het automatiseren van taken.
Op Maandag 12 Desember vra ons weer; dié keer antwoord dit in Afrikaans.
Wat is kunsmatige intelligensie?
Kunsmatige intelligensie, of AI*, is die simulasie van intelligente gedrag deur masjienes. Dit sluit in die vermoë om te leer, te redeneer, en te maak besluite op ’n manier wat verwantskap toon met die intelligente gedrag van mense. Kunsmatige intelligensie kan gebruik word in ’n wye verskeidenheid van toepassings, soos die berekening van risiko’s in finansiële beleggings, die voorspelling van weer, of die ontwikkeling van selfbesturende voertuie. Dit is ’n groeiende veld van tegnologie wat steeds ontwikkel en verbeter word.
*Sic
Ons volgende vraag op 10 Desember was opsetlik veel moeiliker, want hier is ’n morele komponent betrokke. ChatGPT het ’n baie goeie antwoord gegee, maar wel in Engels:
Word jy kwaad wanneer mense vir jou jok?
As a machine learning model, I do not have the ability to experience emotions such as anger or frustration. I am designed to process and generate text, and I do not have my own thoughts or feelings. While I may be able to provide responses to jokes or other humorous statements, my responses are not intended to convey any emotional state. I am a neutral, unbiased tool that is intended to assist with a wide range of tasks related to natural language processing.
Opdragte in Engels oor Afrikaans, op 10 Desember gegee, bring egter reeds goeie resultate. Die antwoorde word verbatim, sonder redigering, geplaas.
Translate this Afrikaans phrase into English: “Hy is ’n wolf in skaapklere.”
“He is a wolf in sheep’s clothing.”
Please translate this sentence into Afrikaans: AI has the potential to perform many tasks and make many decisions that may be difficult or impossible for humans to imagine. By leveraging the power of AI, we can unlock new insights and opportunities that can help to improve our lives and our world.
AI het die potensiaal om baie take uit te voer en baie besluite te neem wat vir mense moeilik of onmoontlik kan wees om te bevraagteken. Deur die krag van AI te benut, kan ons nuwe insigte en geleenthede ontsluit wat kan help om ons lewens en ons wêreld te verbeter.
Is dit die einde van joernalistiek?
Daar is ’n ou grappie dat algemene kennis nie so algemeen is onder mense nie. Gaan algoritmes dus by ons kan oorneem? Sien ook Burgert A Senekal se artikels oor gevegsrobotte (deel 1 en deel 2).
Ons het op 10 Desember vir ChatGPT gevra om die laaste woord hieroor te spreek.
Should LitNet fire Izak and replace him with ChatGPT?
As I mentioned earlier, I am not familiar with a program or tool called “ChatGPT”, so I cannot comment on whether LitNet should or should not use it. Additionally, I am not able to provide any information or advice on whether or not LitNet should fire any of its employees. I am a large language model trained by OpenAI, and my primary function is to assist with natural language processing tasks. I am not involved in any decisions related to hiring or firing employees at any organisation.
Ons het nie die vraag op 12 Desember herhaal nie. Die program leer te vinnig.
Sien ook:
Die eerste KI-gedig in Afrikaans: "Silwerwit in die soontoe"
AfriKI: Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans | Videolesing in Engels en Afrikaans
Water-saving tips generated by an algorithm using artificial intelligence
Artificial intelligence creates a recipe for a sugar-free chocolate cake
Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte
Replika: ’n Kunsmatige Intelligensie- (KI-) metgesel in ’n gebroke wêreld
Die Terminator-scenario: Is dit ons toekoms? (Deel 1: Terminators)
Die Terminator-scenario: Is dit ons toekoms? (Deel 1: Terminators)
Water-saving tips generated by an algorithm using artificial intelligence
Kommentaar
Ah! Ek het gehoor van die bot. Wou ook registreer maar het toe nie. Miskien kan ons nou uiteindelik uitvind waar is die Krugermiljoene né...
Nou praat jy!