AfriKI

AfriKI is die eerste KI wat skeppende, of kreatiewe, taal in Afrikaans genereer.

AfriKI-medewerkers

- Imke van Heerden is assistentprofessor in Koc Universiteit se Departement Vergelykende Letterkunde in Istanboel en spesialiseer in skeppende kunsmatige intelligensie (KI) en Suid-Afrikaanse letterkunde.

- Anil Bas is assistentprofessor in rekenaarwetenskap aan Marmara Universiteit in Istanboel en spesialiseer in masjienleer.

- Etienne van Heerden is die skrywer van Die biblioteek aan die einde van die wêreld, ’n roman wat onder meer KI in Suid-Afrika en China ondersoek. Dit verskyn eersdaags in Engels.

- AfriKI – Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie – is hul taalmodel.

- Imke en Anil lei ’n navorsingsprojek wat deur die Wetenskaplike en Tegnologiese Navorsingsraad van Turkye ondersteun word. Die projek is getiteld AI as Author (authorai.ku.edu.tr) en bring letterkundiges en rekenaarwetenskaplikes in gesprek rondom KI en kreatiwiteit.

Hoe werk AfriKI?

Die eerste KI-gedig in Afrikaans: "Silwerwit in die soontoe"

AfriKI Poësie 2022-04-28

"Silwerwit in die soontoe,
saggies soos ’n spokerigheid."

Die konstabel se skiereiland

AfriKI Poësie 2022-04-28

"Afrika drink
onheil in die water."

Lees die eerste KI-gedigte in Afrikaans.

Gedigte, daar by die brul van ’n brander

AfriKI Poësie 2022-04-28

"die golwe van gister wat
getol en woes en water
saam met die son skuim in hul woorde"

Lees die eerste KI-gedigte in Afrikaans.

Kaapstad

AfriKI Poësie 2022-04-28

"Vandag is ons nie net die stad nie
maar
die vertaler van die son"

Lees die eerste KI-gedigte in Afrikaans.

Top