Kunsmatige intelligensie: Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

“Wat sal gebeur as kinders KI gebruik om vir hulle kreatiewe opstelle en gediggies en dinge te skryf? Ek dink dit is die meer onmiddellike probleem waarmee ons sit. Die eerlikheid van jonger skrywers en kinders. Dit sal dalk nog ’n rukkie (’n paar jaar?) neem voordat ons uitgewers en beoordelaars van groot toekennings gefnuik kan word.”