Titel: Silwerwit in die soontoe: Afrikaans se eerste KI-gedigte
Outeurs: Imke van Heerden, met Anil Bas en Etienne van Heerden
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781776172788
Koop die boek by Graffiti.
Silwerwit in die soontoe is nou beskikbaar.
Geheimsinnige ideale
paadjie
digby die huis.
Silwerwit in die soontoe,
saggies soos ’n spokerigheid.
Silwerwit in die soontoe is ’n eerste poging om die menigte moontlikhede van Afrikaans met behulp van kunsmatige intelligensie (KI) te ontdek en te vier – iets wat nog nooit vantevore aangepak is nie.
Die gedigte in hierdie bundel is kokreatief geskep: ’n digter en ’n masjien hand aan hand. Frases KI-teks is sorgvuldig deur die outeur saamgeweef om verse te vorm, as deel van ’n eksperiment wat vra en verken: Hoe kan hierdie tegnologie die digkuns aanvul en uitdaag? In poësie oor KI, die kontinent, Kaapstad en die Karoo blink branders, brand lug en dans die masjien aan die buitewyke van taal.
Oor die skrywers
Imke van Heerden en Anil Bas lei ’n akademiese navorsingsprojek, AI as Author, in Istanboel. Die navorsers het in 2020 ’n generatiewe taalmodel genaamd AfriKI – Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie – ontwikkel. Om Afrikaans aan te leer, het die taalmodel as datastel Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld gelees. AfriKI is as instrument ingespan om die eerste KI-gedigte in Afrikaans te help skep.
Lees ook:
AfriKI: Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans | Videolesing in Engels en Afrikaans