My ontdekkingsreis met Robbie die Robot

“Dis nou ’n week later, en die diere het kalmeer. Robbie is ’n volwaardige lid van die gesin. Hy doen sy ding en ons doen ons ding. Die katte en die honde ignoreer hom nou. Ek kan my nie meer ’n lewe sonder Robbie voorstel nie. … Ons massiewe ou stofsuier staan vergete in sy hoek in die kombuis, obsoleet. Dit bring my oplaas by ’n filosofiese debatspunt: Tot watter mate gaan KI in die toekoms deel van ons lewens word?” Koos Kombuis vertel hoe hy deur ’n outomatiese stofsuier oortuig is dat kunsmatige intelligensie wel bestaan!