Voordele en uitdagings van KI vir die universiteitswese

  • 0

Die tempo waarteen KI ontwikkel, beteken dat niemand ten volle daarop voorbereid was nie.

Die vermoë van enige iemand om ʼn beeld of artikel deur middel van kunsmatige intelligensie te skep en ʼn sekere narratief voor te stel is werklik kommerwekkend. Terselfdertyd skep dit geleenthede om dinge te ontwikkel wat ons nog nooit voorheen gesien het nie.

Dinge verander ongelooflik vinnig en dit is ʼn wesenlike risiko vir universiteite as hulle nie gepas reageer op die uitdagings van KI nie.

So sê Japie Greeff, adjunkdirekteur, rekenaarwetenskap en inligtingstelsels aan die Noordwes-Universiteit (NWU).

.............
"Die vermoë om in die 21ste eeu bekwame studente op te lei is geweldig groot as mens dit eties, veilig en volhoubaar wil doen."
.............

Hy het tydens ʼn aanlyn gesprek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Werksgemeenskap op Potchefstroom gepraat oor die voordele en uitdagings van KI vir die universiteitswese.

Die vermoë om in die 21ste eeu bekwame studente op te lei is geweldig groot as mens dit eties, veilig en volhoubaar wil doen, sê Greef.

Geleenthede om die kurrikulum te hernu is nou ryp, sê hy. Daar kan soveel meer van studente verwag word.

Die vaardighede wat studente nodig het om in die nuwe wêreld sukses te behaal, moet onder andere die vermoë insluit om krities met inligting te werk te gaan om die waarheid te vind. Kreatiwiteit en samewerking moet nie net tussen mense geskied nie, maar ook tussen mens en masjien. Die mens moet weet hoe om dit reg en tot sy voordeel te gebruik.

Greef sê studente moet nie net die vermoë hê om groot hoeveelhede kennis in te neem nie, maar ook in staat wees om dit effektief te genereer.

Kommunikasie moet fokus op die vermoë om idees oor te dra, selfs al kan dit deur die medium self gegenereer word. Om te onderskei watter kennis en vaardighede in hulle omgewing ekonomies lewensvatbaar is, is ʼn vaardigheid wat alle studente sal moet aanleer.”

.............
Die vaardighede wat studente nodig het om in die nuwe wêreld sukses te behaal, moet onder andere die vermoë insluit om krities met inligting te werk te gaan om die waarheid te vind. Kreatiwiteit en samewerking moet nie net tussen mense geskied nie, maar ook tussen mens en masjien. Die mens moet weet hoe om dit reg en tot sy voordeel te gebruik.
.............

Hy sê deur studente toe te laat om ander dinge as teksverslae te skep, kan mens probeer om meer as net die feite wat oorgedra word vas te lê.

Die verkenning van elemente wat buite hul vaardighede is, maak voorsiening vir dieper betrokkenheid by materiaal.

In my module moet studente weet van die Turing-toets en die implikasies van kunsmatige intelligensie.”

Die Turing-toets is 'n toets wat in 1950 bekendgestel is deur die Britse wiskundige en rekenaarwetenskaplike Alan Turing . Die toets probeer om vas te stel of 'n masjien intelligensie kan demonstreer wat soortgelyk is aan dié van 'n mens.

Dit behels 'n situasie waar 'n menslike beoordelaar met twee entiteite kommunikeer: 'n menslike persoon en 'n masjien. Hierdie kommunikasie vind plaas deur middel van teksgebaseerde gesprekke, waarin die beoordelaar nie kan sien of die gespreksgenoot 'n mens of 'n masjien is nie.

As die beoordelaar nie konsekwent kan onderskei tussen die mens en die masjien in terme van die antwoorde wat hulle gee nie, word die masjien beskou as suksesvol in die nabootsing van intelligente menslike gedrag. Dit sou impliseer dat die masjien die Turing-toets geslaag het en 'n vorm van kunsmatige intelligensie vertoon.

Dit is belangrik om daarop te let dat die Turing-toets 'n konseptuele toets is en nie noodwendig die volle omvang van intelligensie meet nie. Dit is 'n uitdagende konsep in die veld van KI en het bygedra tot die debat oor die aard en moontlikhede van masjienintelligensie.

Greef sê hy deel byvoorbeeld met sy studente ʼn kortverhaal getitel “The difference” en vra dan vir hulle oop vrae oor kunsmatige intelligensie, en kry hulle om kuns en meningstukke op grond daarvan te genereer.

.............
Ons beweeg na ʼn wêreld waar multimediavoorleggings deur studente moontlik is op ʼn manier wat nog nooit tevore gesien is nie. Om studente te vra om aksies uit te voer wat nie deel van hul kernkurrikulum sou wees nie, kan hulle dwing om op nuwe maniere te verken.” Greef sê as dit reg gebruik word, stel KI tegniese studente in staat om kuns te maak, wiskundestudente om stories te skryf en letterkundestudente om mobiele toepassings te skep.
.............

Die studente het verskillende beelde met behulp van KI geskep wat wissel van donker en byna depressief wat op kommer dui tot prettig en speels.

Ons beweeg na ʼn wêreld waar multimediavoorleggings deur studente moontlik is op ʼn manier wat nog nooit tevore gesien is nie. Om studente te vra om aksies uit te voer wat nie deel van hul kernkurrikulum sou wees nie, kan hulle dwing om op nuwe maniere te verken.”

Greef sê as dit reg gebruik word, stel KI tegniese studente in staat om kuns te maak, wiskundestudente om stories te skryf en letterkundestudente om mobiele toepassings te skep.

Die etiese benadering tot hoe KI gebruik moet word, is iets waaroor daar nog gepraat sal moet word. Mag studente dit byvoorbeeld gebruik om hulle opdragte te doen en hoe weet die dosent watter werk is die student se eie werk en wat is deur ʼn masjien gegenereer? Greef sê hy laat sy studente verstaan hulle mag van KI gebruik maak, maar moet aantoon watter deel/dele van die opdrag deur ʼn masjien gegenereer is en wat hulle eie werk is. Wanneer hy die opdragte nasien, kyk hy dan eerder na die tipe vrae wat die studente die masjien gevra het as na die antwoorde wat deur die masjien gegenereer is

Wat hierdie industriële revolusie anders maak as die vorige drie, is dat diegene wat handearbeid verrig se werk tydens die vorige revolusies as gevolg daarvan in gevaar was weens outomatisering. Hierdie keer is dit nie so nie.

Hierdie vierde revolusie vind plaas binne die huidige era van gevorderde tegnologiese en digitale ontwikkeling wat 'n impak het op verskeie aspekte van die samelewing en ekonomie. Dit word gekenmerk deur die samevloei van verskeie tegnologieë, insluitend KI, masjienleer, robotika, nanotegnologie, en baie meer.

Die vierde revolusie het die potensiaal om die manier waarop ons werk, kommunikeer, produseer en leef drasties te verander. Dit bring nuwe geleenthede en uitdagings met hom mee. Tegnologieë soos KI en robotika kan byvoorbeeld nuwe vorme van outomatisering en produksie in die industriële sektor moontlik maak. Dit kan ook 'n impak hê op ons werklike werksomgewing en die aard van werksgeleenthede.

Die vierde revolusie skep dus uitdagings soos die impak op werksgeleenthede en vaardigheidvereistes, die kwessie van privaatheid en datasekuriteit, en die ongelykheid wat kan ontstaan as gevolg van tegnologiese vooruitgang.

Greef sê dit het egter geen invloed op daardie persone wat byvoorbeeld bakstene lê of pik swaai nie. Daardie dinge is verskriklik moeilik om te outomatiseer. Dit is daardie studente wat opgelei word om basiese programmeringstake te doen wat die risiko loop om hul werk te verloor. Dit is dus eerder kantoorwerkers en nie handearbeiders nie wat bekommerd moet wees.

Hierdie kwessie word deur navorsers, sakeleiers en regerings wêreldwyd bespreek en ondersoek. Dit dui op die belang van tegnologie en digitale transformasie as aandrywers van verandering en vernuwing in die huidige era.

.............
Waar internasionale kennis in die verlede baie belangrik was, raak plaaslike kennis deesdae volgens Greef al hoe belangriker. Dit wat in jou onmiddellike omgewing gebeur, is van groter waarde omdat eersgenoemde maklik bekom kan word deur middel van programme soos ChatGPT. Daarteenoor moet die kennis van dit wat in jou woonbuurt gebeur, steeds self bekom word. Kennis en die waarde daarvan moet dus anders benader word as voorheen.
.............

Waar internasionale kennis in die verlede baie belangrik was, raak plaaslike kennis deesdae volgens Greef al hoe belangriker. Dit wat in jou onmiddellike omgewing gebeur, is van groter waarde omdat eersgenoemde maklik bekom kan word deur middel van programme soos ChatGPT. Daarteenoor moet die kennis van dit wat in jou woonbuurt gebeur, steeds self bekom word. Kennis en die waarde daarvan moet dus anders benader word as voorheen.

Dit bly egter ʼn fundamentele vraag wat die etiese gebruik van KI behels. Greef sê daar is al hoe meer aandrang daarop dat daar gesamentlik op internasionale vlak bepaal word wat aanvaarbaar is en wat nie.

.............
Daar word onderskeid getref tussen swak en sterk KI. Tradisioneel beskou is die risiko van sterk KI dat dit tot superkunsmatige intelligensie kan lei. Dit is iets wat ʼn eksistensiële bedreiging inhou vir die mens. Swak KI-stelsels is stelsels wat ontwerp is om spesifieke, beperkte take uit te voer. Dit kan goed wees vir 'n spesifieke taak, maar ontbreek die algemene intelligensie en bewustheid van 'n menslike brein.
.............

Net soos wat daar met die ontwikkeling van kernwapens gedoen word, moet daar gepoog word dat almal sal inkoop by die reëls vir hoe KI hanteer moet word en daarby hou. Daar is baie dinge wat kan sleg gaan met KI en dit is belangrik dat soveel as moontlik mense in die wêreld saamwerk om te keer dat dit nie in die verkeerde koers gaan nie,” sê Greef.

Daar word onderskeid getref tussen swak en sterk KI. Tradisioneel beskou is die risiko van sterk KI dat dit tot superkunsmatige intelligensie kan lei. Dit is iets wat ʼn eksistensiële bedreiging inhou vir die mens.

Swak KI-stelsels is stelsels wat ontwerp is om spesifieke, beperkte take uit te voer. Dit kan goed wees vir 'n spesifieke taak, maar ontbreek die algemene intelligensie en bewustheid van 'n menslike brein. Swak KI-stelsels volg vooraf gedefinieerde algoritmes en riglyne om take uit te voer, maar hulle het beperkte vermoëns om te leer of selfstandig te verbeter.

Sterk KI-stelsels, daarenteen, is stelsels wat 'n vlak van intelligensie het wat vergelykbaar is met dié van 'n menslike brein. Hierdie stelsels is in staat om te leer, te redeneer, probleme op te los en selfstandig te verbeter. Sterk KI streef na die skep van KI-stelsels wat nie net spesifieke take kan uitvoer nie, maar ook 'n dieper begrip van die wêreld kan hê en komplekse probleme kan aanpak.

Die oorgang van swak KI na sterk KI is 'n uitdagende en omvangryke taak, omdat dit vereis dat KI-stelsels 'n dieper begrip van konteks, kontinuïteit en nuanses kan ontwikkel. Dit behels die ontwikkeling van algoritmes en metodes wat KI-stelsels in staat stel om te leer en selfstandig kennis en vaardighede op te bou.

Tans is die meeste KI-stelsels wat in die praktyk gebruik word, nog swak KI-stelsels wat spesifieke, beperkte take kan uitvoer. Dit is egter reeds makliker om KI te gebruik om probleme te help oplos as ooit tevore. 

Lees ook:

Kopiereg, billike gebruik en kunsmatige intelligensie

Verslag ‒ ASSAf-bespreking: The impact of Artificial Intelligence (AI) on Scholarly Writing and Publishing

Kunsmatige Intelligensie en die reg: Regspraak en opinies lê nog ver in die toekoms

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top