Jean Oosthuizen

Joernalis

Danny Titus-gedenklesing: Konstitusionele Hof-regter tree in die bres vir Afrikaans as onderrigtaal

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2026-05-27

"Dit is nie elke dag dat ’n dienende Konstitusionele Hof-regter in die openbaar verklaar dat Afrikaans inheems is, dat die taal se geskiedenis verdraai is, en dat bruin Afrikaanssprekendes steeds vir erkenning moet veg nie. Daarom was Steven Majiedt se Danny Titus-lesing veel meer as net ’n gedenktoespraak. Dit was ’n grondwetlike regter se openbare pleidooi vir ’n meer volledige Suid-Afrikaanse geheue."

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Munisipale verkiesing 2026 – waarvoor maak Suid-Afrikaners hul stem dik?

Jean Oosthuizen Menings 2026-05-20

"Wanneer mense nie meer glo hul stem maak ’n verskil nie, ontstaan die gevaar dat protesaksie en populisme die plek van deelname inneem. Dit is waarskynlik die grootste uitdaging vir 4 November. Nie net om stemme te wen nie, maar om mense weer te laat glo dat stemme saak maak."

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Afrikaanse radio: Op pad na uitsterwing of ’n nuwe bloeityd?

Jean Oosthuizen Menings 2026-05-20

"[I]n ’n era van Spotify, TikTok en kunsmatige intelligensie is dit nie meer vanselfsprekend dat jongmense nog soggens hul radio aanskakel nie."

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Adam Small, die Nico Malan en die lang pad huis toe

Jean Oosthuizen Menings 2026-05-20

"Soos Small self dalk sou sê: Die storie is nog nie klaar nie. Maar vir nou, al is dit net vir ’n oomblik, het Kanna huis toe gekom."

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Wie volg Cyril Ramaphosa op en wie trek die toutjies?

Jean Oosthuizen Menings 2026-05-12

"Gert van der Westhuizen het dié sentiment op die tafel geplaas deur te sê dat daar altyd die hoop by mense is dat iemand soos ’n Mandela-figuur sal opstaan en keer dat die land brand. Maar die paneel was skepties oor hierdie idee. Die werklikheid van koalisiepolitiek en gefragmenteerde steun beteken dat geen enkele leier meer absolute mag of invloed kan hê nie."

Die Akademie se oomblik van waarheid: Wie besluit wat Afrikaanse poësie is?

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2026-04-17

"Die onmiddellike vonk in die kruitvat was die weglating van Danie Marais se gewilde bundel Ek en jy bestaan nie uit vanjaar se Hertzogprys-toekennings."

Lesersindruk: Ecce Deus! – wanneer God self onder die vergrootglas kom

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2026-03-18

"Maar juis daarin lê sy waarde. Dit herinner ons dat eerlike skeptisisme nie selektief is nie. As ons bereid is om vrae te vra oor die God van die Bybel, moet ons ook bereid wees om dieselfde vrae oor die God van die Koran te vra."

Polemiek: ’n Smaakmaker sonder smaak vir boeke?

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2026-03-03

"As ons nie die verskil tussen selfverheerliking en gemeenskapsverryking kan uitwys nie, dan is die krake nie net in die porselein nie – dit is in ons literêre gewete."

Beton teen wanhoop: Wat die N2-muur oor veiligheid en ongelykheid in Kaapstad sê

Jean Oosthuizen Menings 2026-02-11

"Uiteindelik gaan die voorgestelde versperring nie oor ideologiese skeiding of historiese mure soos dié in Berlyn of die een tussen Israel en Palestina nie, maar oor ’n praktiese poging om lewens te red op ’n deel van een van Suid-Afrika se gevaarlikste snelweë."

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2025-12-01

"Toe Chris Louw 25 jaar gelede in Mei 2000 sy beroemde ope brief 'Boetman is die bliksem in' laat publiseer, het hy waarskynlik nie besef sy woorde sou ’n nasleep hê wat met elke nuwe Afrikaner-identiteitskrisis weer opklink nie."

KI en die toekoms van literêre vertaling: hulpmiddel of bedreiging?

Jean Oosthuizen Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2025-11-14

"KI kan sinne bou, maar dit verstaan nie stilte nie. Dit kan metafore oordra, maar nie melancholie nie."

Wanneer tegnologie in jou taal begin praat: Hoe Google se nuwe veeltalige KI-woordelys ’n stem gee aan Suid-Afrika se tale in die digitale era

Jean Oosthuizen Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2025-11-06

"Vir Afrikaans, wat dikwels as ’n gevestigde maar ook gepolariseerde taal in die openbare sfeer beskou word, bied die KI-woordelys ’n unieke geleentheid om te wys dat Afrikaans nie net histories relevant is nie, maar ook toekomstig aanpasbaar. Dit bevestig dat Afrikaanssprekers nie bloot verbruikers van tegnologie is nie, maar medevormers van die digitale era."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Waar staan ons in die hof? – ’n regstelsel in tweespalt

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-17

"Maar dit laat weer eens die vraag ontstaan: Wanneer is pragmatisme geregverdig en wanneer word dit ’n verskoning vir ongelykheid?"

Toyota Stellenbosch Woordfees: NGV en die toekoms van private mediese sorg

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-16

"In ’n diskoersgesprek aangebied deur Netwerk24 het politieke ontleder Theo Venter, joernalis Fienie Grobler en Mediclinic se uitvoerende hoof Braam Jonker die NGV ontleed met ’n eerlikheid wat selde in parlementêre komitees gehoor word. Die NGV bly ’n voortdurende bron van spanning binne die koalisie in die regering van nasionale eenheid (RNE). Terwyl dit belowe om universele gesondheidsorg te bring, dreig dit om die private sektor te ontwrig. Die vraag is of die NGV die regte voorskrif vir die RNE se langtermyn oorlewing is, of eerder ’n pil wat moeilik is om te sluk? En waar laat dit mediese skemas, versekering en hul bekommerde lede in die tussentyd?"

Toyota Stellenbosch Woordfees: Wat beteken IK in die tyd van KI?

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-16

"Kritiese denke, nie net KI nie, moet die kern van onderwys bly. Só lui die sentrale boodskap van ’n lewendige paneelgesprek ('KI in die klaskamer') van die Netwerk24-gespreksreeks waar kenners en opvoeders die impak van KI op leer en onderrig bespreek het."

Top