Jean Oosthuizen

Joernalis

The interpreters: ’n kragtoer van nuwe Suid-Afrikaanse niefiksie

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2025-06-03

"The interpreters is ’n versameling essays wat die tradisionele grense van joernalistiek en literêre skryfwerk uitdaag. Dit is ’n viering van stories wat nie net inlig nie, maar ook emosie, refleksie en kulturele diepte uitlok. Die boekresensent Jonathan Amid het in gesprek getree met die samestellers van die boek, Sean Christie en Hedley Twidle."

Elders gesien: Trump se leuens deur Musk se kletsbot ontmasker

Jean Oosthuizen Elders gesien 2025-05-27

"Trump se herhaling van vals bewerings, selfs ná korreksies, soos die 'volksmoord'-narratief sedert 2018, dui op roekeloosheid of opset."

Winde van verandering: Suid-Afrika se nuwe politieke landskap in fokus

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-14

"Christo van der Rheede se insigte bied ’n skerp blik op die kragte wat die land se toekoms vorm, veral in die konteks van die RNE en die globale winde van proteksionisme, nasionalisme en ekonomiese herskikking."

Suidoosterfees 2025: Op die markplein – waar almal preek (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-08

"Die kerk se grootste geskenk aan die wêreld sou wees om sy sonde en skuld te erken." Bettina Wyngaard het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels met Siya Khumalo en Alan Storey oor geloof se plek in die openbare diskoers. Is geloof nog geloofwaardig? Hoe behou ’n mens jouself én jou integriteit in ’n era waar elke slimfoon ’n preekstoel geword het en menings in hoofletters op sosiale media uitbasuin word asof volume waarheid skep? Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2025): Afrika op die globale verhoog – met wie speel ons?

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-08

Mandira Bagwandeen en Siphamandla Zondi het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor Suid-Afrika se internasionale beleid, sy rol in BRICS, en die breër vraag van Afrika se strategiese vennootskappe in ’n vinnig veranderende geopolitieke landskap. Die gesprek, wat die gehoor laat nadink het oor Suid-Afrika se globale posisie, het temas ingesluit uit Zondi se werk in boeke soos Africa’s strategic partnerships with BRICS and other emerging countries. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Suidoosterfees 2025: Boeke en feeste – pasmaats? (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-07

Chareldine van der Merwe het met Alma Struwig, Melt Myburgh en Nita Cronjé by die pas afgelope Suidoosterfees oor die rol van boeke, lees en boekwinkels by feeste gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Vriende van Afrikaans Ommietafel-gesprek (“Boeke en feeste – pasmaats?”), deel van die Jakes Gerwel-gespreksreeks.

Suidoosterfees 2025: Gedrukte media of digitaal – hoe vertolk ons die nuus? (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-07

"Joernalistiek is nie besig om te sterf nie; dit is besig om te transformeer." Jody Hendricks het met Carryn-Ann Nel, Crystal Orderson en Ryland Fisher by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor die vertolking van die nuus in gedrukte en digitale media, die vinnig veranderende medialandskap en die opleiding van joernaliste. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Wil die SAUK Afrikaans regtig vermoor?

Jean Oosthuizen Menings 2025-04-16

"Vir ’n gemeenskap wat reeds die kansellasie van geliefde programme soos 7de Laan en Pasella betreur, voel hierdie insident soos nog ’n teken van ’n sistematiese afskaling van Afrikaans deur die openbare uitsaaier. Ondanks die SAUK se herhaalde versekerings dat Afrikaanse nuus ’n prioriteit is, bly kykers skepties. Dit word gevoed deur jare se persepsies van marginalisering en ’n gebrek aan deursigtigheid."

21 Voices: ’n oorsig oor die boekgesprek met Marthie Momberg

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2025-04-01

"Vir Suid-Afrikaners bied 21 Voices ’n spieël vir hul eie verlede en ’n uitdaging vir die hede. Dit vra: Hoe kan ons, wat internasionale steun tydens apartheid ontvang het, nou solidêr wees met ander?"

Afrikaans se nuwe grense: Ingrid Jones se visie by die 21ste Johan Combrink-gedenklesing

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2025-03-03

Ingrid Jones het by hierdie jaarlikse VVA-geleentheid opgetree: "Wanneer sy oor Afrikaans en sy toekoms gesels, is dit met haar kenmerkende eerlikheid, passie en ’n tikkie humor. Vir haar is Afrikaans nie net ’n taal nie; dit is ’n storie, ’n identiteit, en ’n lewende, asemrowende entiteit wat aanhou ontwikkel, ongeag die uitdagings wat dit in die gesig staar."

Breyten se lewensviering in Wellington: ’n lewe van woorde en vryheid

Jean Oosthuizen Menings 2025-02-26

"Mens sou kon gesê het: 'Stil broers, daar gaan ’n man verby' toe daar die afgelope Sondag by die Breytenbach Sentrum in Wellington hulde gebring is aan Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui. Maar stilte was nie van pas nie. In Ounooi se tuin by die Bôrdienghuis waar Breyten grootgeword het, was daar ’n feestelike atmosfeer om sy lewe te vier. Sy teenwoordigheid was te tasbaar, sy nalatenskap te ryk om hom stil te huldig."

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw

Johann Rossouw, Jean Oosthuizen Onderhoude 2025-01-20

"Dit is in hierdie lig fassinerend om te sien hoe waarskynlik die mees mimeties wedywerende, moderne Amerikaanse president, Donald Trump, hom nou bevind in ’n bondgenootskap met tegno-oligarge wat hierdie wedywering industrialiseer." Johann Rossouw se LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel oor outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie (aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard) is met ’n 2024 ATKV-SA Akademieprys bekroon. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy navorsingsproses en hoe sy navorsing prakties toegepas kan word in die debat oor kunsmatige intelligensie en outomatisering in Suid-Afrika. 

NB-Uitgewers en Jonathan Ball Publishers gooi kragte saam

Jean Oosthuizen, Eugene Ashton Onderhoude 2025-01-14

"Ons is Suid-Afrikaanse uitgewers en ons gee boeke uit vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor – dit bly ons primêre mark en deurentyd word kulturele en gemeenskaplike waardes vooropgestel."

Akademiese dialoog in Afrikaans: Pieter GR de Villiers oor LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling en die krag van gesprekvoering

Jean Oosthuizen, Pieter GR de Villiers Onderhoude 2024-12-20

Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is vanjaar met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling-redakteur, Pieter GR de Villiers, verduidelik in ’n omvattende, diepgaande onderhoud aan Jean Oosthuizen hoe hy sy rol as redakteur van die Godsdienswetenskappe-afdeling sien.

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Daniël Louw

Jean Oosthuizen, Daniël Louw Onderhoude 2024-12-20

Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is onlangs met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. In ’n omvattende, indringende onderhoud oor sy werk verduidelik Louw breedvoerig wat “verwondering ondanks verwonding” vir hom beteken. Hy vertel ook hoe sy denke mense kan help om die uitdagings en vrees vir aftakeling, sterwe en verlies beter te hanteer.

Top