Jean Oosthuizen

Joernalis

Die mite van Afrikaner-eenheid en hoe dit inspeel op die hede

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2023-02-02

"Die mitologie van Afrikaner-homogeniteit word aan die een kant lewend gehou deur die huidige magshebbers wat dit as nuttige strooipop gebruik vir politieke gewin en aan die ander kant deur ontnugterde Afrikaners wat nostalgies terugverlang na 'die goeie ou dae'."

Kunsmatige intelligensie: Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

Jean Oosthuizen Menings 2023-01-13

"Wat sal gebeur as kinders KI gebruik om vir hulle kreatiewe opstelle en gediggies en dinge te skryf? Ek dink dit is die meer onmiddellike probleem waarmee ons sit. Die eerlikheid van jonger skrywers en kinders. Dit sal dalk nog ’n rukkie (’n paar jaar?) neem voordat ons uitgewers en beoordelaars van groot toekennings gefnuik kan word."

Elders gesien: Daarom bring ek hulde aan Adriaan Vlok, die mens

Jean Oosthuizen Elders gesien 2023-01-09

"Dit is maklik om te oordeel, maar as iemand sy aandeel in onreg erken en bereid is om pa te staan daarvoor, terwyl die meeste van jou kollegas dit nie doen nie, kan dit nie maklik wees nie. Dit sê tog seker ook iets van die mens?"

42: Die antwoord op die uiteindelike vraag van die lewe, die heelal en alles

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2022-12-20

"Die skrywer met die nom de plume Deep Thought se regte naam is David Vandenheever. Hy is ’n Suid-Afrikaanse akademikus en medeprofessor in biomediese ingenieurswese aan die Mississippi State University in die VSA."

Albie Sachs, van beeldestormer tot ikoon, en sy sagte plek vir Afrikaners

Jean Oosthuizen Menings 2022-11-09

"Dit was die Afrikaanse digter Uys Krige wat oudregter Albie Sachs indirek aangespoor het om hom by die vryheidstryd teen apartheid aan te sluit. So het Sachs die afgelope naweek vertel tydens ’n FilosofieKafee-gesprek ('From iconoclast to icon') by die Breytenbach Sentrum in Wellington. Sachs het uitgebrei oor sy lewe en drome in die jare van die anti-apartheidstryd en hoe dit gebeur het dat hy so ’n sagte plek vir Afrikaners het."

Toyota US Woordfees 2022: Diversiteit in die praktyk

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-19

"Die diversiteit van keuses en ervarings wat die fees bied, het weer eens nie teleurgestel nie. Dit strook met die diversiteit van mense en idees wat mens graag by so ’n fees wil sien."

Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2022-10-17

"Alexander se sentrale vertrekpunt was ten eerste politiek-teoreties, en nie uitsluitlik taalgerig nie. Sy sentrale vraag in dié opsig was: Hoe vorm ons ’n verenigde nasie? Sy uitgangspunt was dat Suid-Afrika op verskeie grondslae verdeel is, byvoorbeeld ras, etnisiteit, sosiale klas (die verdeling tussen ryk en arm), godsdiens, seksualiteit en maatskaplike posisie of status. Van al dié verdelings gee Alexander spesiale aandag aan die idee van ras en nierassigheid. Vir hom as historiese materialis was ras en etnisiteit ideologiese skeppings."

Toyota US Woordfees 2022: Dan Sleigh roskam uitgewers oor verspreiding van pseudogeskiedenis

Jean Oosthuizen Menings 2022-10-11

"Sleigh, wat bekend is as ’n geskiedenisspeurhond, was in gesprek met die kultuurhistorikus Matilda Burden oor sy omvattende boek Retoervloot: Kaapstad en die VOC in 1713. Sleigh het dit onder meer gehad teen skrywers en uitgewers wat hulle skuldig maak aan die verspreiding van mites en verdraaiings wat ten duurste as geskiedenis aan lesers opgedis word."

Today is tomorrow deur Caroline Kurtz: ’n resensie

Jean Oosthuizen Resensies 2022-10-05

"Caroline se verhaal is die verhaal van soeke na die immer ontwykende vrede. Vrede tussen die strydende faksies in Soedan, maar ook die soeke na innerlike vrede in haar eie deurmekaar gemoed."

Elders gesien: Oom Duggie, legendariese kroegman, se afskeid

Jean Oosthuizen Elders gesien 2022-09-03

"En daar ruk hulle toe op in hulle hordes. Die hele lot Bolandse boere wat al in hul lewe oorkant oom Duggie in die kroeg gesit het om te bieg, of lieg. Vrydagaand is daar veiling gehou om geld in te samel vir oom Duggie se aftrede. In ’n kroeg ja."

VVA Ommietafelgesprek: Hoe baan jou taal ’n weg tot sukses?

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2022-08-29

"Almal kan nie gepubliseerde skrywers word nie, maar elke mens het ’n storie om te vertel. Afrikaans bied aan almal die geleentheid om hulle lief en leed met ander te deel. Dit is een van die voertuie wat ’n weg tot sukses kan baan."

Halfpad hol deur Amos van der Westhuizen: ’n resensie

Jean Oosthuizen Resensies 2022-08-18

"In Halfpad hol word die leser deurgaans gekonfronteer met die eksistensiële vrae van die lewe wat in menige mens se kop spook, spesifiek wit Afrikaanse mense wat in die era sedert 1994 na apartheid swaar dra aan die bagasie van die verlede. Elkeen wat grootgeword het in die dampkring van Christelik-Nasionale Onderwys sal iets van hulleself in sommige van die karakters herken."

Wit en bruin staan saam oor Afrikaans by ATM (Afrikaanse Taalmonument- en museum)

Jean Oosthuizen Menings 2022-05-29

"Politieke partye wat mekaar gereeld in die hare vlieg, nieregeringsorganisasies, belangegroepe uit wit en bruin geledere, kunstenaars en individue wat sterk voel oor Afrikaans het Saterdag net een boodskap in die Paarl vir die minister gehad: Los Afrikaans uit."

Theuns Eloff: Aftakeling van Afrikaans as akademiese taal universiteite se eie skuld

Jean Oosthuizen Menings 2022-05-20

Die enigste plek waar Afrikaans nog tot ’n mate as akademiese taal sal voortbestaan, is volgens Theuns Eloff die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. In Stellenbosch sal Afrikaans nog net twee jaar as akademiese onderrigtaal oorleef voordat die universiteit volledig Engels sal word.

Regsmening bevestig Afrikaans se status as inheemse taal

Jean Oosthuizen Menings 2022-05-12

"Taalaktiviste verwelkom die regsadvies wat aan die Minister verskaf is, maar waarsku dat die stryd om Afrikaans as akademiese taal nog lank nie verby is nie."

Top