Hofuitspraak oor Afrikaans by Unisa ’n ligpunt in ’n donker omgewing
2020-07-02"Hierdie nuwe gees om meertaligheid te dryf moet volgens Steenkamp verwelkom word. Hy sê mense moet besef Afrikaans is ook ’n inheemse taal en nie ’n oorblyfsel van kolonialisme nie."
Onderhoud: Leon Wessels gesels met Jean Oosthuizen oor die spoke van apartheid
2020-06-23"Suid-Afrikaners moet hul meerderwaardigheid oor Afrika eenkant toe vee. Daar is genoeg rede om realisties-optimisties te wees. COVID-19 bring groot stremming, maar bied ook geleentheid om nuut te dink en te doen. Dit vra waagmoedige leierskap."
Ek en Jeanne Goosen: Jean Oosthuizen se inskrywing
2020-06-11"As blougat nat-agter-die-ore-joernalis het my mond, soos wat op die foto gesien kan word, letterlik oopgehang om saam met haar te werk. Sy was vreesloos uitgesproke en het vir geen duiwel, gees of spook gestuit nie."
Plaatjies van Huffel se dood laat VGK arm agter
2020-05-21"Sy was teologies uitermate goed geskool en ek het haar dikwels genader vir kommentaar as ek ’n artikel vir ’n koerant of LitNet moes skryf. Oor die Belydenis van Belhar het sy reguit gesê dit is nie moontlik om van kerkhereniging te praat sonder om die Belhar-belydenis vierkant in die gesprek te plaas nie."
Elders gesien: Bybelstudie 101 met inagneming van die werklikhede
2020-04-28"So bietjie Bybelstudie 101 is nie ’n slegte idee nie. Doen dit net met inagneming van die werklikhede om jou byvoorbeeld: Het God toe al die pous geantwoord toe hy hom nou die dag gevra het om die koronavirus te stop?"
Elders gesien: Grendeldag 8
2020-04-06"Ek weet nie hoe om vandag te beskryf nie. Dit het eerie gevoel. Weird. Soort van somber. Surrealisties en asof ek myself in ’n apokaliptiese rolprent bevind. Die winkelsentrum het ’n totale gedaanteverwisseling ondergaan sedert my laaste besoek."
Toyota US Woordfees 2020-verslag: Pedofiele skuil dikwels in die kerk
2020-03-25“Kerke wil nie hê die instelling moet skade ly nie, omdat dit dikwels vir hulle meer oor die instelling self gaan as oor die mense wat seerkry. Daarom word dit toegesmeer.”
Die man wat die wêreld leer hande was het
2020-03-25"In hierdie dae, waar die dodelike koronavirus die belangrikheid van handewas opnuut onder almal se aandag gebring het, is dit gepas om hulde te bring aan die man wat die wêreld laat besef het hoe belangrik hierdie alledaagse gewoonte is."
Korona-paranoia tref die wêreld
2020-03-12"Is die koronavirus wat wêreldwyd besig is om soos ’n veldbrand te versprei ’n geval van gogga maak vir baba bang, of het die wêreld rede tot ernstige kommer? Dit is waaroor daar die afgelope weke om braaivleisvure en op sosiale media gegons word."
Woordfees 2020: Willie Esterhuyse en Moeletsi Mbeki praat oor oorlog en vrede
2020-03-11"Esterhuyse se jongste boek beskryf ’n lang reis wat in verre tye en ou beskawings begin het en oor ’n periode van meer as 5 000 jaar strek."
Johan Combrink-lesing 2020: ’n oorsig en foto’s van die geleentheid
2020-02-26"Maak van lees ’n fees."
Jansen se vloermoer oor Afrikaans berus op "halwe waarhede"
2019-12-02“Ek gaan beslis nie met enige media in gesprek tree oor die onderwerp nie behalwe vir ’n lang essay daaroor waaraan ek nog besig is om te werk,” het Jonathan Jansen gesê. Die eienaar van Protea Boekwinkel, Nicol Stassen, het ook kommentaar gelewer. Jean Oosthuizen berig.
Saam die toekoms in met Afrikaans
2019-10-17"Die geskiedenis van Afrikaans het laagte- en hoogtepunte wat nog nie behoorlik vertel is nie omdat soveel elemente en gebeure nog nie na behore betrek is nie of bloot afgeskeep is."
Foeta Krige, die joernalis wat geweier het om ’n skoothond te word: ’n onderhoud
2019-08-07"’n Goeie joernalis is nuuskierig, maar eties, welbelese en ingelig, in voeling met die samelewing maar met ’n gesonde en natuurlike agterdog (George Claassen noem dit ’n 'bullshit detector')."
US Woordfees 2019: Deon Maas wys sy eie weerloosheid
2019-03-13"Hoewel Maas bekend is vir sy omstrede standpunte, is hierdie boek van hom geensins iets wat konserwatiewe ouers vir hulle brose kindertjies hoef weg te steek nie. Dit is, in Maas se eie woorde, eerder ʼn reisboek oor iemand wat besig is om tuis te kom in ʼn nuwe land."
