Jansen se vloermoer oor Afrikaans berus op "halwe waarhede"
2019-12-02“Ek gaan beslis nie met enige media in gesprek tree oor die onderwerp nie behalwe vir ’n lang essay daaroor waaraan ek nog besig is om te werk,” het Jonathan Jansen gesê. Die eienaar van Protea Boekwinkel, Nicol Stassen, het ook kommentaar gelewer. Jean Oosthuizen berig.
Saam die toekoms in met Afrikaans
2019-10-17"Die geskiedenis van Afrikaans het laagte- en hoogtepunte wat nog nie behoorlik vertel is nie omdat soveel elemente en gebeure nog nie na behore betrek is nie of bloot afgeskeep is."
Foeta Krige, die joernalis wat geweier het om ’n skoothond te word: ’n onderhoud
2019-08-07"’n Goeie joernalis is nuuskierig, maar eties, welbelese en ingelig, in voeling met die samelewing maar met ’n gesonde en natuurlike agterdog (George Claassen noem dit ’n 'bullshit detector')."
US Woordfees 2019: Deon Maas wys sy eie weerloosheid
2019-03-13"Hoewel Maas bekend is vir sy omstrede standpunte, is hierdie boek van hom geensins iets wat konserwatiewe ouers vir hulle brose kindertjies hoef weg te steek nie. Dit is, in Maas se eie woorde, eerder ʼn reisboek oor iemand wat besig is om tuis te kom in ʼn nuwe land."
US Woordfees 2019: Die nag behoort aan die recce’s
2019-03-07"Na al die jare se geheimenis en swye oor die recce’s het daar die afgelope tyd byna gelyktydig ʼn hele paar publikasies oor hierdie spesialiseenheid verskyn. Alexander Strachan se jongste boek, 1 Recce, is waarskynlik een van die interessantste en akkuraatste weergawes van hierdie bykans mitiese verkenningskommando."
US Woordfees 2019: die markplein se “Zondo-kommissie”
2019-03-05"Hopelik dra die talle gesprekke wat tans by die US Woordfees gevoer word, daartoe by om gewone Suid-Afrikaners opnuut bewus te maak van die krag wat daar in die burgerlike samelewing gesetel is – om, soos dikwels in die verlede, saam te mobiliseer teen ongeregtigheid."
US Woordfees 2019: Bloedbande van Verwoerd
2019-03-04"Die gesprek in die Boektent oor Verwoerd se boek was as’t ware ’n simboliese brug tussen die ou en nuwe Suid-Afrika waar daar na soveel jaar saam besin kon word oor die verlede, maar ook hoe om die toekoms tegemoet te gaan."
Adam Small-fees 2019: Adam Small se nalatenskap herleef op Pniël
2019-02-28"Adam Small se oorkoepelende nalatenskap is volgens Madonsela die leierskapskeuse wat hy uitgeoefen het tussen slagoffer en hoop en tussen liefde en vrees. Sy sê Small het hoop gekies in plaas daarvan om ’n slagoffer te wees, en liefde bo vrees."
Adam Small-fees 2019: Adam Small se profetiese stem is steeds relevant
2019-02-27"De Vries het gepraat oor Small se rol om apartheid tot ’n val bring deur middel van sy digkuns."
Terroris of vryheidsvegter? – ’n resensie
2019-02-13"In Wit terroriste word die mite die nek in geslaan dat Afrikaners aanspraak kan maak op die hoë morele grond wanneer dit oor ’n volk se vryheidstrewe gaan."
Suid-Afrika se onderwys is ’n “katastrofiese mislukking”
2019-02-08"De Klerk sê dit is ’n nasionale skande dat Suid-Afrika die mees ongelyke land ter wêreld is en nie daarin kon slaag om ongelykheid suksesvol aan te pak nie. Een van die dryfvere vir die toenemende ongelykheid is volgens hom die uiters swak skoolprestasie van die meerderheid Suid-Afrikaanse kinders."
Die tameletjie van veeltalige universiteite
2019-01-31"Die vonk in die kruitvat was toe Mboweni hom in die openbaar in sy persoonlike hoedanigheid op Twitter gedistansieer het van UP se besluit om Afrikaans uit te faseer as medium van onderrig."
Engels nou amptelik UP se enigste taal van onderrig
2019-01-23"Vir die eerste keer sedert die Universiteit van Pretoria (UP) se ontstaan is Engels vanjaar die enigste taal van onderrig en leer vir alle eerstejaarprogramme aan die UP."
Die verlore smoking gun van Bird Island: 'n resensie
2018-09-07"Dit sal net so ’n groot onreg wees om onskuldige mense as pedofiele te brandmerk indien dit leuens is as om die slagoffers se pyn te misken as dit waar sou wees."
Afrikaans is ’n reënboogtaal
2018-08-23"Boezak voel baie sterk oor die waarde van Afrikaans as onderrigtaal tot op tersiêre vlak. Hy sê kennis is die beste wapen teen armoede en kennis kan die beste opgedoen word deur middel van moedertaalonderrig."
