Die fees wat uithaal en WYS!
2017-03-16"Die 18de Woordfees met die tema 'WYS!' het inderdaad uitgehaal en gewys: Afrikaans is nie dood nie. Lank lewe Afrikaans in al sy variante, kleure en dialekte."
US Woordfees 2017: Satan en demone is ’n feit, sê Isak Burger
2017-03-16"Hy het gelowiges gewaarsku teen die massa-TV-evangeliste wat links en regs demone wil uitdryf. 'God en die geesteswêreld kan net bereik word as die geeste hulleself aan die mens openbaar.'"
US Woordfees 2017: Emily Hobhouse was nie aan die Boere se kant nie
2017-03-16Elsabé Brits: “Sy het herhaaldelik gesê sy staan verwyderd van die oorlog en verag oorlog. Sy het Suid-Afrika toe gekom om die vroue en kinders wat as gevolg van die oorlog gely het, te help en het geen saak met mans gehad wat hulleself in ’n oorlog dompel nie.”
US Woordfees 2017: Afrikaanse mense kom van ver af
2017-03-15“Ons val so vas in ’n groef met die vraag wat gaan van Afrikaans as onderrigtaal word dat ons maklik vergeet Afrikaans lewe in die harte van elke aspek van mense se lewens, en spesifiek bruin mense se lewens.”
US Woordfees: Ryk Hattingh is almal se vriend
2017-03-10"Met Huilboek nooi Hattingh jou soos ’n troue vriend tot binne-in sy hart om saam met hom te stap deur die pad van sy veelbesproke lewe. Jy wil saam met hom lag en saam met hom huil, soos almal wat by die Woordfees saam met hom om ’n tafel kon sit en bier drink."
US Woordfees 2017: Wat moet ons met ons kerk doen?
2017-03-09“Hoe kan ’n Afrikaner nie oor die kerk skryf nie, want feitlik alle Afrikaners kom uit ’n agtergrond waar die kerk geweldig voorskriftelik was en bepaalde vrae in mense se gemoed gelaat het.”
US Woordfees: HemelBesem se god praat Afrikaans
2017-03-07"Min mense beskik oor die vermoë om ’n gehoor so mee te sleur soos hierdie gewilde rymkletser met ’n ruim hart vir mense en groot liefde vir Afrikaans."
US Woordfees: Hitler, Verwoerd, Mandela en ek deur Marianne Thamm
2017-03-06"Net soos vandag se generasie vrae vra oor Hitler en apartheid, sal toekomstige generasies vra: Wat het julle gedoen toe Nkandla plaasgevind het? Wat het julle gesê en hoe het julle dit gestop?"
Pniël se Adam Small-fees is mossie maar man
2017-03-01"Dit is ook hier aan Simonsberg se voet waar twee groot geeste, die maer man met die groen trui en die man met die af arm, mekaar die naweek omhels het op die plek waar die land se slawegeskiedenis steeds soos donker wolke in die lug hang."
Kan Afrikaans floreer as hy sy status as universiteitstaal verloor?
2017-02-23"Wit en bruin van regoor die hele politieke spektrum het saamgestem Afrikaans is nog springlewendig, maar kan nie ten volle floreer as dit by die hekke van die akademie gestuit word nie."
Regering moet skuld dra vir swak onderwys
2017-02-09"Ouers, onderwysers, skoolbeheerliggame en geestelike instansies kan nie meer toeskouers wees en toekyk hoe die onderwys van hul kinders en kleinkinders deur ’n groep onbevoegde en onbekwame individue tot in die grond bestuur word sonder enige reaksie van hul kant nie."
US-konvokasie 2017: US se taalstryd duur voort
2017-01-27"Die felheid en intensiteit waarmee die taaldebat aan dié universiteit die afgelope paar jaar gevoer word, het verskeie kere na vore gekom tydens die vergadering."
Omstrede matriekuitslae: ’n Onderhoud met Gert van der Westhuizen
2017-01-16"Politici sien en gebruik matriekuitslae as die prestasie van die regerende party; ouers juig oor suksesse, of huil oor die gevolge van hulle kinders se swak prestasies en hoe dit deure toemaak."
Spore van verwoesting na Boland se brande
2017-01-11"Van die historiese Augusta-Kleinbosch se pragtige herehuis in Dal Josafat by die Paarl is net murasies oor."
