Hoe om van Suid-Afrika ’n beter land te maak
2017-12-19Die eerste Suid-Afrika-dag is vanjaar op 25 November gehou. Jean Oosthuizen wou by SA-dag se bedryfshoof, Barend le Grange, weet wat hierdie inisiatief behels en of gewone Suid-Afrikaners regtig ’n verskil kan maak om van Suid-Afrika ’n wenland te maak.
ATR se Kokertoekennings: Afrikaans is een familie
2017-11-23"Daar is geen 'hulle' in Afrikaans is nie. Daar is enkel en alleen ’n 'ons', en ons is ’n groep mense wat van verskeie kante onder druk is met ’n taal, ’n hartstaal, ’n leeftaal, ’n liefhêtaal, wat ewe seer onder druk verkeer."
Wanneer perdedrolle vir vye verkoop word
2017-11-23"Een van die grootste karaktereienskappe van middels wat deur kwaksalwers aan die publiek afgesmeer word, is die buitensporige verwagtings wat dit skep."
Die dood en die sin van lewe: ’n onderhoud met Anton van Niekerk
2017-11-14"Geloof in God is nie die antwoord op wetenskaplike vrae nie. Dit bied wel ’n antwoord op sinvrae of eksistensiële vrae. Met laasgenoemde bedoel ek vrae oor wat die sin van die lewe is en wat die sin is van die samehang van alle dinge soos ons dit in die werklikheid beleef."
RSG 80 jaar oud maar glad nie koud nie
2017-10-26RSG vier dié week hulle 80-jarige bestaan. Jean Oosthuizen het met die stasiebestuurder Magdaleen Kruger gesels en wou ook by haar weet wat is RSG se godsdiensbeleid nou eintlik en hoe die toekoms van Afrikaanse radio lyk.
Afrikaans is nie ’n minderheid nie
2017-10-17"Die betekenis van Afrikaans vir families en jongmense – wat is die ekonomiese waarde van Afrikaans? Maak Afrikaans families ryker of armer? Wat is die groot geheim van suksesvolle Afrikaanssprekendes?"
Boereverneukers: ’n onderhoud met Izak du Plessis
2017-10-16"Hy is ’n veroordeelde moordenaar en hoewel daar nie bewyse is nie, word hy ook met ander mense se dood verbind. Ek dink ek sou bang wees vir Ralph Haynes. Maar mense wat hom geken het, sê hy kon jou begogel met sy sjarme."
Wintermiddag met Eugène Marais
2017-07-11"Die legendariese digter, skrywer, wetenskaplike en morfinis Eugène N Marais se lewe en werk is op 18 Junie luisterryk in Pretoria gevier tydens die tweede Eugène Marais-gedenklesing wat by die Brooklynteater plaasgevind het."
Van Dakar tot Stellenbosch 30 jaar later
2017-06-25"’n Hewige bekgeveg het die afgelope naweek tydens die laaste gesprek van die seminaar losgebars toe Breyten Breytenbach ’n knuppel in die hoenderhok gegooi het. In sy laaste toespraak het hy skerp te velde getrek teen die huidige stand van sake in die land."
Wat moet ons met ons kerk doen?: ’n onderhoud
2017-05-23"Dit voel vir my egter asof die vraag nie soseer by die godsdiens lê nie, maar by die optrede van sommige mense wat hulself Christene noem en dikwels die amptelike gesig van die kerk verteenwoordig."
Depressie, selfdood en Eugène N Marais
2017-05-22"Karel Schoeman se onlangse dood het opnuut die aandag gevestig op ’n ander groot Afrikaanse letterkundige, Eugène Marais, wat besluit het om ’n einde aan sy lewe te maak."
Waarheen met Afrikaans?
2017-05-17"Meertaligheid in ’n meertalige land soos Suid-Afrika is dus geen luukse nie, maar ’n voorvereiste vir ware demokrasie en inklusiewe ontwikkeling. Ons behoort almal minstens drie tale te kan praat."
Groter sensitiwiteit oor selfdood benodig
2017-05-11"Karel Schoeman se dood het opnuut die aandag gevestig op die bestaande stigmas rondom selfdood en die publiek se onkunde oor verwante sake soos psigiese siektes."
Angus se profesie laat land gons
2017-04-26"Die byeenkoms was ’n mengelmoes van goeie bedoelings, fopnuus en allerlei vergesogte aansprake en oordrywings van verskillende aard. Dit het gewissel van buitensporige getalle tot goddelike ingryping wat sou plaasvind of binnekort gaan gebeur."
Vonke spat oor godsdiens in skole
2017-04-19"Die land kan hom gereedmaak vir ’n waterskeidingsaak ten opsigte van godsdiens in skole. Die hooggeregshof in Johannesburg hoor van 15 tot 17 Mei die stryd teen die beoefening van godsdiens gedurende skoolure aan."
