LitNet het aan ’n paar lesers gevra watter boek of boeke wag op hul bedkassie vir die rustyd tussen Kersfees en Nuwejaar.
Jean Oosthuizen antwoord:

Jacques Pauw se The president’s keepers (Tafelberg)

Weerlose weerstand deur André Bartlett (Protea)

Faith & Courage: Praying with Mandela deur Thabo Makgoba (Tafelberg)

Geloof alleen, reise deur die kerkhervormings deur André Pretorius (Naledi)

Geliefde verraaier deur Elsabé Brits (Tafelberg)

Sterre en planete saamgestel deur Hennie Maas (Naledi)


Kommentaar
Het Sterre en Planete nou die dag deurgeblaai.
'n Mens mag seker begeer ...
Langs my bed is Jurie vd Heever se boek oor wat gemaak met ons kerk?, Abel Pienaar se Boek van die Weg en Nigel Cumberland se 100 Things Successful People Do.
Ek beweeg tussen twee wêrelde.My vrou en kinders is Engels terwyl my oorspronklike familie Afrikaans is. In my opinie is baie Afrikaners absoluut behep met godsdiens (vir en teen) en ryg derms uit oor feitlik elke aspek van godsdiens en kerklewe. Daar is omtrent nie 'n aanlyn-bespreking sonder godsdiens nie. Dit raak ietwat banaal.