Halfpad hol deur Amos van der Westhuizen: ’n resensie
2022-08-18"In Halfpad hol word die leser deurgaans gekonfronteer met die eksistensiële vrae van die lewe wat in menige mens se kop spook, spesifiek wit Afrikaanse mense wat in die era sedert 1994 na apartheid swaar dra aan die bagasie van die verlede. Elkeen wat grootgeword het in die dampkring van Christelik-Nasionale Onderwys sal iets van hulleself in sommige van die karakters herken."
Wit en bruin staan saam oor Afrikaans by ATM (Afrikaanse Taalmonument- en museum)
2022-05-29"Politieke partye wat mekaar gereeld in die hare vlieg, nieregeringsorganisasies, belangegroepe uit wit en bruin geledere, kunstenaars en individue wat sterk voel oor Afrikaans het Saterdag net een boodskap in die Paarl vir die minister gehad: Los Afrikaans uit."
Theuns Eloff: Aftakeling van Afrikaans as akademiese taal universiteite se eie skuld
2022-05-20Die enigste plek waar Afrikaans nog tot ’n mate as akademiese taal sal voortbestaan, is volgens Theuns Eloff die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. In Stellenbosch sal Afrikaans nog net twee jaar as akademiese onderrigtaal oorleef voordat die universiteit volledig Engels sal word.
Regsmening bevestig Afrikaans se status as inheemse taal
2022-05-12"Taalaktiviste verwelkom die regsadvies wat aan die Minister verskaf is, maar waarsku dat die stryd om Afrikaans as akademiese taal nog lank nie verby is nie."
Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Oekraïne kan tot kernoorlog lei
2022-04-29"Die ANC se onwilligheid om ’n sterk standpunt teen die oorlog in Oekraïne in te neem, het hierdie boekgesprek oorheers. Die oud-ANC-politikus Ronnie Kasrils is ’n marxistiese revolusionêr wat sy militêre opleiding in die 1960’s tydens die ou Sowjetunie se bewind in Oekraïne ontvang het. Tydens sy opleiding in Odessa was Oekraïne nog deel van die USSR."
Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Krotoa – wat beteken sy vandag?
2022-04-29"Die vraag wat tydens die fees op Vryheidsdag aan die orde gestel is, was hoe betrek ons hierdie historiese figuur in ons siening van ras en identiteit vandag in ’n demokratiese, multikulturele Suid-Afrika?"
Johan Combrink-gedenklesing 2022: ’n Postpandemie kultuur
2022-02-24"Die uitvoerende kunste bied belangrike sleutels om weer menswaardigheid te ontsluit in ’n postpandemiese Suid-Afrika."
Sondes van die vaders besoek die kinders
2021-12-31"As die kinders se vaders vandag nog soveel haat uitstort teen iemand soos Desmond Tutu, moet dit tog op een of ander manier oorgedra word aan hulle kinders en ook aan húlle kinders."
Desmond Tutu: Suid-Afrika se gewete tydens en ná apartheid
2021-12-26"Met Tutu se afsterwe verloor die land ’n morele kompas wat ewe onverskrokke geveg het teen die vergrype van die Nasionale Party as teen die korrupsie en wanbestuur van die ANC."
Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is
2021-12-07"Die woorde 'waar redelikerwys doenlik' kom nie minder nie as 16 keer in die dokument voor wanneer Afrikaans ter sprake is. Hoe lank sal dit nog 'redelikerwys doenlik' wees om in sekere modules in Afrikaans klas te gee aan die US en wie gaan daaroor besluit? is ’n vraag waaroor baie mense wonder."
FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid
2021-11-11"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."
In memoriam: Thomas Mollett
2021-11-11"Ek het hom net na die draai van die eeu leer ken as ’n selfstandige denker wat nie skroom om die water te roer en omstrede sake aan die orde te stel nie. Hy was een van die samestellers van die boek Die omstrede God: Bestaan God of nie?. Die mederedakteurs was Erns Grundling en Etienne van Heerden."
Die ongetemde stemme van Afrikaanse musiek
2021-10-05"Die dokumentêre film Die ongetemde stem wat tydens vanjaar se virtuele Woordfees op DStv bekendgestel is, gee ’n stem aan tientalle van daardie Afrikaanse kunstenaars wie se stemme nie na waarde geskat word en volgens verdienste op ons markpleine gehoor word nie."
In memoriam: Abel Pienaar
2021-07-02"Hy het daarin geslaag om die skanse van die eens onaantasbare dogmas wat as die absolute waarheid voorgehou is, te bevraagteken en af te breek sonder om te verwag dat mens moet saamstem met alles wat hy sê."
Griefskrif met sewe eise vir Afrikaans aan US oorhandig
2021-04-09"’n Griefskrif waarin geëis word dat Afrikaans steeds as volwaardige akademiese taal by die Universiteit Stellenbosch (US) aangewend word, is vandag (Vrydag 9 April) tydens ’n protesoptog aan die universiteit oorhandig. Die griefskrif met sewe eise vir Afrikaans is tydens ’n optog onder die vaandel van die DAK Netwerk ook aan die deure van die universiteit se hoofgebou vasgeplak."
