Sondes van die vaders besoek die kinders

  • 12

...
As die kinders se vaders vandag nog soveel haat uitstort teen iemand soos Desmond Tutu, moet dit tog op een of ander manier oorgedra word aan hulle kinders en ook aan húlle kinders.
...

Jean Oosthuizen skryf op Facebook:

Daar is ’n alombekende Bybelvers wat lui: “Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag....”

Ek kon daardie vers nooit lekker verstaan nie. Dit het nie vir my sin gemaak dat die sondes van die vaders hulle kinders tot in die derde en vierde geslag toegereken word nie, want dis mos nie die kinders se skuld nie.

Wanneer ek lees wat mense op Facebook skryf, soos nou weer met Tutu se dood, maak daardie vers vir my in so ietwat gewysigde vorm tog wel sin en, al is dit op ’n heel ander manier, verstaan ek dit beter.

Dit is nie God wat die sogenaamde sondes van die vaders aan die kinders toereken nie. Dit is die vaders self wat dit aan hulle kinders oordra – hetsy dit liefde of haat is.

Daarom glo ek die sondes van die vaders word die kinders tog wel toegereken, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat haat, maar ook dat liefde betoon word tot aan die duisendste geslag van dié wat liefhet.

As die kinders se vaders vandag nog soveel haat uitstort teen iemand soos Desmond Tutu, moet dit tog op een of ander manier oorgedra word aan hulle kinders en ook aan húlle kinders.

Ek krimp behoorlik ineen wanneer ek lees hoe daar deur sommige mense gal gebraak word op iemand soos Tutu. Mense wat hom nooit geken het of in sy teenwoordigheid was nie. Mens hoef nie veel dieper te delf op daardie mense se Facebook-profiele om te sien hulle is in wese almal rassisties nie.

...
Maar ek kan nie help om jammer te voel vir hulle kinders nie.
...

Ek voel regtig vere vir daardie mense. Die meeste van hulle is gelukkig besig om uit te sterf. Maar ek kan nie help om jammer te voel vir hulle kinders nie. Hulle laat ’n nalatenskap agter in hulle kinders se opvoeding waarvan daardie kinders self die gevolge sal moet dra lank na hul ouers se dood. Hulle rassistiese pa of ma sal al lankal dood wees dan sit die arme kinders met die haat wat hul ouers in hulle geplant het.

Dikwels is dit kinders wat ’n wonderlike toekoms in die land sou kon hê, en vir wie mens lief kan wees, wat so deur hulle ouers se haat, vooroordeel en rassisme bevlek en vergiftig word. Daardie kinders word grootmense wat net so vol haat en bitterheid as hulle ouers is en dra dit weer op húlle kinders oor – soos ’n virus.

In die nuwe jaar wat kom wil ek my so ver as moontlik van sulke mense distansieer. Ek wil nie meer in gesprekke tree met mense wat van haat en vooroordeel leef nie. Ek wil so ver as moontlik glad nie lees wat hulle op Facebook skryf nie. Dis nie my dam se ganse daai nie. Ek gaan probeer om my volledig van hulle af te sny. Ek wil my liewer bemoei met diegene wat liefde betoon. Want ook dit sal hulle toegereken word, nie net tot in die derde en die vierde geslag nie maar tot in die duisendste geslag. Nou dáái is mos iets om na te streef.

“Transformation begins in you, wherever you are, whatever has happened, however you are suffering. Transformation is always possible. We do not heal in isolation. When we reach out and connect with one another – when we tell the story, name the hurt, grant forgiveness, and renew or release the relationship – our suffering begins to transform.” – Desmond Tutu

  • 12

Kommentaar

  • Schalk vd Merwe

    Dankie Jean. Mense soos die Arch, Beyers Naude en ander, se soeke na dit wat reg en eties is sal atyd vir my 'n inspirasie bly.

  • Ek wens Jean se voorneme kan landswyd gehoor word en breë ondersteuning geniet, in so 'n mate dat ons eindelik 'n politieke bestel ingaan van vrede en samewerking. Dankie, Jean!

  • Jacques van Schoor

    Onttrekking is teenstrydig met die aanhaling waarmee jy afsluit, en ook nie hoe die Arch die instruksie uitgeleef het om die sout en die lig van die wêreld te wees nie. Ek sien dikwels soortgelyke sentimente in Amerikaanse mediaruimtes - to not associate with toxic people. Jammer, dis juis hulle wat jou aandag en liefde meeste nodig het. As voorbeeld vertel Jesus die verhaal van die verlore skaap. Hy het nie gekom vir die 99 regverdiges nie, maar wel vir die even sondaar.

  • So absoluut waar. Jou kinders word mense soos wat jy hulle leer om te wees. Dankie Jean dat jy almal daaraan herinner.

  • Omgekeerd is net so waar. Ek kyk na die reaksie na die dood van FW de Klerk. Onverdraagsaamheid en haat kom van alle kante en is totaal onaanvaarbaar. Ons sal in hierdie land moet leer om hande te vat en ophou om klippe te gooi. Dit bring ons nêrens.

  • Baie interessante eksegese van daardie bybelvers, Jean. Ek het altyd gedink dis soos 'n latente geen wat in opeenvolgende geslagte manifesteer, soos alkoholisme.
    Jou verduideliking maak baie meer sin. Dit beklemtoon weer eens hoe belangrik die ouerhuis is en wat vaders (en moeders) agter geslote deure oor die 'ander' sê.

  • Eintlik wens sy dit die kinders toe. So much vir al die passievolle liefde en vrede wat sy huigel. Die Bybel is 'n gerieflik bron, behalwe as dit oor sekere sake gaan wat die linkervleuel na aan die hart lê soos gays, sodomie, ras en aborsie. Dan swyg die prediker.

    Waar was sy toe vieslikhede De Klerk toegevoeg is? Miskien is dit 'n geval van die "Here slaap nie" (of Karma) as ek dan ook die Bybel moet misbruik.

  • Rodney Warwick

    Desmond Tutu undoubtedly stood for what was good, right and just within a Christian context and there were few other SA clergymen who achieved such popularity and recognition therefor, let alone political leaders. The Christian message is universal and for many underpins our conscience; the media of course propelled Tutu into the role he played and pre-1994, those that disliked him, particularly amongst the white SA community, were largely pigeon-holed as KP/AWB mindsets. Nearly three decades later, for the latter to still hate Tutu is even more inappropriate - differ with some of his last utterances - whites should pay a one-off wealth tax - yes... unfortunately Tutu was also prone to such assertions that were poorly thought through; particularly once it was clear just how incompetent and criminal the ANC government were - with public money and anything else. Leaving us now with the difficulty regarding the "Sins of the Fathers" being passed to their children by bitter, angry white SA parents. But it is hardly a simple issue - there is also the fear such parents have for their children when they look around - an ANC government with its own racial ideology and policies crippling the economy and white SA parents hopes for their children's future opportunities to work, live and contribute in SA. There is the shocking lack of accountability by the ANC regarding the catastrophic damage it was done - where unemployment has sky-rocked way beyond where it was in 1994. The ANC ignored or ridiculed Tutu - the SA he sought has not happened; the very people whom Biblically, Christ placed most emphasis upon - the poor and wretched - are in an SA context, far, far worse off now than three decades ago. I do not know if you have children of your own Jean; but believe me, it is very, very difficult explaining to them how SA today, moved so quickly, so far away from what Tutu had hoped for, without a parent having to be absolutely candid about what the ANC have done and how - their creation of a selfish and anti-white black elite mirroring those in other African countries, with their attitude of to hell with everyone else - particularly the poor; and spouting out their own rubbish about how much they are still suffering from racism. Unfortunately, Desmond Tutu aged and became more and more silent about the ANC and black middle class’s obscene gorging themselves with their own privilege. This does not justify white parents passing crude racist comments about Tutu within their children's hearing; but our reality is that the dream Tutu prayed for has not happened and there is no sign at all that it ever will. Leaving many bewildered and frightened white SA parents wondering what they say to their children regarding the future of this country and their role therein. The hard, hard truth is that the ANC never gave a damm for Tutu and his hopes. He was just useful to them once....

  • Hans Richardt

    Ek wonder nou of Makie Skhosana ook sou gedink het al die "leiers" van die destydse Raad van SA kerke, werkkik naasteliefde gehad het, in hul strewe vir een-man-een-stem? Waarom het Tutu destyds nie dieselfde emosionele tantrums voor mediakameras vanuit Duduza gestuur nie?
    Waarom is sinisme deesdae gelyk aan rassisme in SA?

  • George Pieter Redelinghuys

    Dankie, Jean, vir jou mooi pertinente interpretasie van die alombekende Bybelvers. In hierdie konteks kan 'n ewe bekende Bybelvers aangehaal word: "Vergewe hulle, Vader, want hulle weet nie wat hulle doen nie." Mense word nie rassisties gebore nie, maar word rassisties gemaak deur die bedryfde politiek en sosiale omstandighede. Die oordra van haat van een geslag na 'n ander is 'n groot onreg en ellende vir die nasate, en die kiem van historiese konflik.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top