NSFAS-hulpskema vir studente kan lei tot nog ’n #FeesMustFall
2023-08-10"In Pretoria, Bloemfontein en Potchefstroom het studente die afgelope twee weke in tipiese #FeesMustFall-modus operandi in groot getalle op kampusse betoog uit frustrasie met NSFAS se nuwe uitbetalingstelsel."
Ubuntu, Augustinus en die oop gesprek
2023-07-12"Hierdie spanning tussen individuele vryheid en gemeenskapsverantwoordelikheid binne ubuntu is iets waaroor daar verlede Vrydagaand by die Filosofiekafee in Wellington se Bôrdienghuis by die Breytenbach Sentrum gedagtes gewissel is."
KI skep talle uitdagings en vrae vir wetenskaplike publikasies
2023-07-04"Wetenskaplike navorsingstydskrifte worstel al hoe meer met die probleem hoe om te onderskei tussen oorspronklike navorsingsartikels wat deur eie navorsing geskryf word en navorsingsresultate wat deur middel van of met die hulp van Kunsmatige Intelligensie (KI) die lig sien."
Voordele en uitdagings van KI vir die universiteitswese
2023-06-13"Die vermoë van enige iemand om ’n beeld of artikel deur middel van kunsmatige intelligensie te skep en ’n sekere narratief voor te stel is werklik kommerwekkend. Terselfdertyd skep dit geleenthede om dinge te ontwikkel wat ons nog nooit voorheen gesien het nie, verduidelik Japie Greeff, adjunkdirekteur, rekenaarwetenskap en inligtingstelsels aan die Noordwes-Universiteit."
Die einde van Standaardafrikaans en begin van Algemene Afrikaans
2023-06-07"Herstandaardisering beteken nie daar word weggedoen met ’n standaard nie, sê Odendaal. 'Ons sê kom ons staan net krities teenoor hoe hierdie standaard wat ons vandag het, gevorm is. As ons voel daar is ’n skeefgetrekte beeld, wil ons graag hê dat meer gemeenskappe inspraak sal hê om ook ander woorde en variëteite in te sluit as deel van die standaard.'"
BELA-wetsontwerp kort aanpassings, maar is nie uit die put van die hel nie
2023-06-02"Die hartseer van alles is volgens [Jaco Deacon] dat niks van die bepalings wat in hierdie wysigingswet ingebring word, gaan maak dat die onderwyskrisisse wat die land tans beleef, opgelos gaan word nie. 'Dit gaan nie maak dat kinders beter lees of dat die geld reg gekanaliseer word en die werklike probleme aanspreek nie, en dit is hartseer.'"
Nasionale Ordes: "Eerst gegeven en dan genomen is erger dan een dief gestolen"
2023-05-05"In ’n uiters ongewone stap is een van die land se Nasionale Ordes wat onlangs aan die joernalis Freek Robinson toegeken sou word vir sy bydrae tot die joernalistiek, onverwags teruggetrek saam met die name van twee ander Suid-Afrikaners wat saam met hom vereer sou word. Ramaphosa se kantoor het in ’n verklaring gesê hy het die onttrekking van die drie name aanvaar 'na besware van verskeie sektore van die samelewing' en op aanbeveling van die Adviesraad oor Nasionale Ordes (NOAC)."
Rangordestelsels vir universiteite: Goed of sleg?
2023-04-28"Volgens Rossouw is die vraag nie of Suid-Afrika dit kan bekostig om die ranglyste in die huidige tydsgewrig van globalisering te ignoreer nie. Hy sê die vraag is eerder of hulle dit kan bekostig om langer aan hierdie spesifieke stelsel mee te doen."
US verwys bewerings van nepotisme by Maties vir evaluering
2023-04-18"’n Mosie om De Villiers van sy amp te onthef het by Maandag se raadsvergadering van die US-raad gedien. Die mosie is voorgestel deur die DA se kiesafdelingshoof in Stellenbosch, Leon Schreiber, en gesekondeer deur Jan Heunis, president van die US se konvokasie."
Filosofiekafee-verslag: ANC het die WVK se aanbevelings gepootjie
2023-03-24"Sommige mense beskou die WVK as ’n sukses, omdat dit Suid-Afrika gehelp het om vrede en stabiliteit te bereik in ’n tydperk van groot onsekerheid en spanning. Ander beskou die WVK as ’n mislukking, omdat dit nie in staat was om die behoeftes van alle slagoffers van menseregteskendings aan te spreek nie."
US rektor sê hy het reeds verskoning gevra vir taaldebakel
2023-03-16"In ’n verklaring wat laat Woensdagaand uitgereik is, sê De Villiers die US bly verbind tot menseregte, waardigheid, veeltaligheid en inklusiwiteit. Hy sê die US neem kennis van die MRK se verslag oor taal in US-koshuise."
Geloofsgesprekke in die Tsitsikamma deur Julian Müller, ’n lesersindruk
2023-03-14"Hierdie belydenis van onder andere Jesus wat gebore is 'uit die maagd Maria', 'die opstanding van die vlees' en die 'ewige lewe' maak vir baie gelowiges nie meer sin in die wêreld waarin ons vandag leef nie."
Ommietafel 2023: Nooit te oud om ’n nuwe taal aan te leer nie
2023-03-02"In teenstelling met die algemene opvatting wat daar bestaan, is ’n mens nooit te oud om ’n nuwe taal aan te leer nie. Dit was die algemene gevoel van ’n paneel meertalige deelnemers tydens ’n gesprek die afgelope naweek by die Adam Small-fees op Pniël in die Wes-Kaap."
Suid-Afrikaners wil die land met Dialoog vir Aksie verenig en bou
2023-02-24"Die land se inwoners is meer as keelvol vir die regering se onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer. Die volk se moermeters het veral die laaste jaar of wat die hoogte ingeskiet. Dit lê tans dieper in die rooi as Eskom se meter op TV wat aandui wanneer die kragverbruik gevaarlik hoog is."
Suid-Afrika kan slegs van onder na bo gered word
2023-02-23"Hy glo dat diegene wat bereid is om vir minder as die minimumloon te werk, toegelaat moet word om dit te doen. Volgens hom sal hulle dan ten minste kos op die tafel en ’n voet in die arbeidsmark hê en vandaar opwaarts kan beweeg pleks daarvan om heeltemal werkloos te wees."
