
Pniël se Adam Small-fees is mossie maar man
2017-03-01"Dit is ook hier aan Simonsberg se voet waar twee groot geeste, die maer man met die groen trui en die man met die af arm, mekaar die naweek omhels het op die plek waar die land se slawegeskiedenis steeds soos donker wolke in die lug hang."

Kan Afrikaans floreer as hy sy status as universiteitstaal verloor?
2017-02-23"Wit en bruin van regoor die hele politieke spektrum het saamgestem Afrikaans is nog springlewendig, maar kan nie ten volle floreer as dit by die hekke van die akademie gestuit word nie."

Regering moet skuld dra vir swak onderwys
2017-02-09"Ouers, onderwysers, skoolbeheerliggame en geestelike instansies kan nie meer toeskouers wees en toekyk hoe die onderwys van hul kinders en kleinkinders deur ’n groep onbevoegde en onbekwame individue tot in die grond bestuur word sonder enige reaksie van hul kant nie."

US-konvokasie 2017: US se taalstryd duur voort
2017-01-27"Die felheid en intensiteit waarmee die taaldebat aan dié universiteit die afgelope paar jaar gevoer word, het verskeie kere na vore gekom tydens die vergadering."

Omstrede matriekuitslae: ’n Onderhoud met Gert van der Westhuizen
2017-01-16"Politici sien en gebruik matriekuitslae as die prestasie van die regerende party; ouers juig oor suksesse, of huil oor die gevolge van hulle kinders se swak prestasies en hoe dit deure toemaak."

Spore van verwoesting na Boland se brande
2017-01-11"Van die historiese Augusta-Kleinbosch se pragtige herehuis in Dal Josafat by die Paarl is net murasies oor."

Onderhoud: Lina Spies gesels met Jean Oosthuizen oor haar bundel Sulamiet
2016-12-12"By die skryf van gedigte moet jy jou eie stem vind voordat jy jouself met reg ’n digter kan noem. In dié sin is jy as digter onlosmaaklik verbonde aan jou teks, maar jou menswees kan jy nooit ten volle uitsê in jou poësie nie."

Jean Oosthuizen se #litnetwoord2016
2016-12-05Hier is Jean Oosthuizen se voorstel vir die Afrikaanse woord van 2016.

Die NG Kerk se U-draai oor die Rubicon
2016-11-22Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die NG Kerk se sinodebesluite oor die gaykwessie en deel sy gevolgtrekking.

Afrikaanse universiteit skop nes in die Paarl
2016-11-17Hermann Giliomee: “Afrikaans het studente in staat gestel om universele kennis in hulle eie taal te verskans.”

Jonk en trots Afrikaans
2016-11-03"Afrikaanse studente en hoërskoolleerders is baie minder bekommerd oor die toekoms van die taal as die ouer geslag."

Boland se leerders skryf skerp Afrikaans
2016-10-27"Hoërskoolleerders van die Drakenstein-omgewing in die Boland het hulle sterk uitgelaat oor Afrikaans as onderrigtaal tydens die jaarlikse Skerpskryfkompetisie."

Ommietafel: Afrikaans is nie die “issue” nie
2016-08-17"Sommige lede van die paneel het hulle kinders in Engelse skole gesit en ander in Afrikaanse skole. Maar almal was dit eens dat Afrikaans ʼn volwaardige plek in die samelewing moet beklee naas al die ander landstale."

Kô lat ons sing Adam Small
2016-07-21"Small se huldigingsgeleentheid is gekenmerk deur gelag, sang en dans. 'Laat dié vermoë vir jou ʼn skild word teen die bitterheid,' skryf hy voor in sy digbundel Kitaar my kruis wat hy opgedra het aan Jannie wat alreeds lag."

Kaapse dinkskrum pleit vir oop inklusiewe Afrikaanse universiteit
2016-07-13"Minstens 50 van die wêreld se top universiteite is nie Engels nie."