Jean Oosthuizen

Joernalis

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw

Johann Rossouw, Jean Oosthuizen Onderhoude 2025-01-20

"Dit is in hierdie lig fassinerend om te sien hoe waarskynlik die mees mimeties wedywerende, moderne Amerikaanse president, Donald Trump, hom nou bevind in ’n bondgenootskap met tegno-oligarge wat hierdie wedywering industrialiseer." Johann Rossouw se LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel oor outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie (aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard) is met ’n 2024 ATKV-SA Akademieprys bekroon. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy navorsingsproses en hoe sy navorsing prakties toegepas kan word in die debat oor kunsmatige intelligensie en outomatisering in Suid-Afrika. 

NB-Uitgewers en Jonathan Ball Publishers gooi kragte saam

Jean Oosthuizen, Eugene Ashton Onderhoude 2025-01-14

"Ons is Suid-Afrikaanse uitgewers en ons gee boeke uit vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor – dit bly ons primêre mark en deurentyd word kulturele en gemeenskaplike waardes vooropgestel."

Akademiese dialoog in Afrikaans: Pieter GR de Villiers oor LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling en die krag van gesprekvoering

Jean Oosthuizen, Pieter GR de Villiers Onderhoude 2024-12-20

Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is vanjaar met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling-redakteur, Pieter GR de Villiers, verduidelik in ’n omvattende, diepgaande onderhoud aan Jean Oosthuizen hoe hy sy rol as redakteur van die Godsdienswetenskappe-afdeling sien.

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Daniël Louw

Jean Oosthuizen, Daniël Louw Onderhoude 2024-12-20

Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is onlangs met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. In ’n omvattende, indringende onderhoud oor sy werk verduidelik Louw breedvoerig wat “verwondering ondanks verwonding” vir hom beteken. Hy vertel ook hoe sy denke mense kan help om die uitdagings en vrees vir aftakeling, sterwe en verlies beter te hanteer.

Lesersindruk oor Sel ses deur Stefaans Coetzee

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2024-11-19

"In Roux se geval leer mens inderdaad iets van die mens in die monster verstaan, maar bowe al van die dinge wat die monster in die mens wakker maak."

Meneer, mevrou, dominee, professor, doktor of eredoktor?

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2024-10-31

"In die Suid-Afrikaanse media is daar geen duidelikheid oor die gebruik van eretitels nie. So word daar byvoorbeeld in mediaberigte (asook op die US se webwerf) na die voorsitter van die US-raad as dr Newton-King verwys terwyl daar nêrens enige aanduiding is dat sy enige doktorale kwalifikasies het nie."

Twee dekades van herdenking: Die NHN 2004–2024

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2024-10-21

"'Ons het besef dat die Christelike godsdiens, in sy Augustiniaanse formaat, nie meer ’n werkbare model bied vir mense wat in die 21ste eeu leef nie,' verduidelik [Spangenberg]. Die netwerk het sedertdien verder wegbeweeg van die idee van hervorming. Dit fokus vandag eerder op nuwe maniere van dink oor menswees, moraliteit en die verhouding met die aarde."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Media by die kruispad (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-10

"Beukman sê die kommer vir die media se toekoms lê nie by die hoofstroommedia wat gebonde is aan ’n perskode en persombudsman se uitsprake nie. Dit lê by wat hy noem die fees van die oningeligtes."

Toyota Stellenbosch Woordfees: ’n Nuwe generasie vir taaltransformasie

Jean Oosthuizen Menings 2024-10-04

Op 2 Oktober het die diskoers-gesprek, “Gesprekke oor Afrikaans: ’n Nuwe generasie vir taaltransformasie” (aangebied deur Afrikaans Amptelik 100), by die Toyota Stellenbosch Woordfees plaasgevind. Danie Marais het met Marcelyn Oostendorp, Dylan Hess en Phillip Louw gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die gesprek.

Toyota Stellenbosch Woordfees: Kunsmatige intelligensie en die tradisionele Universiteit (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2024-10-03

"Wat KI en masjienleer betref, is Ramjugernath en Van der Merwe dit eens dat dit gekom het om te bly."

Elders gesien: Frits Gaum, altyd hoflik en lojaal

Jean Oosthuizen Elders gesien 2024-10-03

"Nooit maar nooit het hy my uitgesluit omdat ek anders glo nie, al was dit sekerlik nie vir hom lekker nie."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Is etniese politiek en mobilisering op die terugkeerpad? (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen Menings 2024-10-02

Theuns Eloff, Christo van der Rheede en Tessa Dooms het met Gert van der Westhuizen oor etniese politiek en mobilisering gesels, spesifiek na aanleiding van politieke partye soos die MKP van Jacob Zuma en Gayton McKenzie se PA se goeie prestasies in sekere gebiede in die afgelope verkiesing, asook die vroeëre Afrikaner Verklaring deur ’n aantal Afrikaner-organisasies en individue. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die gesprek.

Bela-wet: DA gaan voort om voor te berei vir hofaksie

Jean Oosthuizen Menings 2024-09-13

"Die DA het sy prokureurs opdrag gegee om voort te gaan om voor te berei vir hofaksie oor beide die proses wat gelei het tot die aanvaarding van die Bela-wetsontwerp wat Vrydag deur president Cyril Ramaphosa onderteken is en die inhoud daarvan."

Regering van Nasionale Eenheid se toekoms in gedrang oor Bela-wet

Jean Oosthuizen Menings 2024-09-12

"Steenhuisen sê tydens die onderhandelinge het die DA dit duidelik gemaak dat die Bela-wetsontwerp in sy huidige vorm vir die DA onaanvaarbaar is, want dit het onder meer grondwetlike implikasies vir die reg op moedertaalonderrig. Die DA het Ramaphosa versoek om die wetsontwerp na die parlement terug te stuur om sekere wysigings aan te bring om dit volgens hulle in ooreenstemming met die Grondwet te bring."

Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg: ’n resensie

Jean Oosthuizen Resensies 2024-09-10

"Spangenberg se betoog is nie om gelowiges te probeer ontkeer nie. Hy wys slegs daarop dat alle godsdienste menslike skeppings is."

Top