Jean Oosthuizen

Joernalis

Wanneer tegnologie in jou taal begin praat: Hoe Google se nuwe veeltalige KI-woordelys ’n stem gee aan Suid-Afrika se tale in die digitale era

Jean Oosthuizen Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2025-11-06

"Vir Afrikaans, wat dikwels as ’n gevestigde maar ook gepolariseerde taal in die openbare sfeer beskou word, bied die KI-woordelys ’n unieke geleentheid om te wys dat Afrikaans nie net histories relevant is nie, maar ook toekomstig aanpasbaar. Dit bevestig dat Afrikaanssprekers nie bloot verbruikers van tegnologie is nie, maar medevormers van die digitale era."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Waar staan ons in die hof? – ’n regstelsel in tweespalt

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-17

"Maar dit laat weer eens die vraag ontstaan: Wanneer is pragmatisme geregverdig en wanneer word dit ’n verskoning vir ongelykheid?"

Toyota Stellenbosch Woordfees: NGV en die toekoms van private mediese sorg

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-16

"In ’n diskoersgesprek aangebied deur Netwerk24 het politieke ontleder Theo Venter, joernalis Fienie Grobler en Mediclinic se uitvoerende hoof Braam Jonker die NGV ontleed met ’n eerlikheid wat selde in parlementêre komitees gehoor word. Die NGV bly ’n voortdurende bron van spanning binne die koalisie in die regering van nasionale eenheid (RNE). Terwyl dit belowe om universele gesondheidsorg te bring, dreig dit om die private sektor te ontwrig. Die vraag is of die NGV die regte voorskrif vir die RNE se langtermyn oorlewing is, of eerder ’n pil wat moeilik is om te sluk? En waar laat dit mediese skemas, versekering en hul bekommerde lede in die tussentyd?"

Toyota Stellenbosch Woordfees: Wat beteken IK in die tyd van KI?

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-16

"Kritiese denke, nie net KI nie, moet die kern van onderwys bly. Só lui die sentrale boodskap van ’n lewendige paneelgesprek ('KI in die klaskamer') van die Netwerk24-gespreksreeks waar kenners en opvoeders die impak van KI op leer en onderrig bespreek het."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Wie gaan die munisipale septers swaai na 2026?

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-14

"Met die munisipale verkiesings van 2026 wat vinnig naderkom, die sewende sulke verkiesing sedert die aanvang van demokrasie in 1994, is die vraag nie meer óf verandering sal kom nie, maar wie dit sal bring. Hierdie sentiment het Dinsdag duidelik na vore gekom tydens ’n lewendige paneelbespreking ('Plaaslike verkiesings: Onderweg na 2029') by die Toyota Stellenbosch Woordfees, deel van Netwerk24 se gespreksreeks. Onder leiding van die ervare politieke joernalis Gert van der Westhuizen het paneellede die ANC se swak rekord op plaaslike vlak ontleed en bespiegel oor die moontlikhede vir opposisiepartye om die vakuum te vul."

VSA en Suid-Afrika: ’n huwelik wat skeefloop in ’n nuwe wêreldorde

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2025-08-20

"Kan die VSA nog as wêreldleier gesien word in ’n nuwe internasionale orde? Hoe moet Suid-Afrika sy plek in dié veranderende landskap vind met ’n ANC wat al hoe meer sy rug vir die Weste draai? En kan ’n onafhanklike Wes-Kaap dalk selfs ’n bondgenoot vir Washington word?"

Trump, Amerika en die toekoms van Afrika

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2025-08-19

"Vir Afrika, en spesifiek Suid-Afrika, beteken dit ’n nuwe werklikheid. ... Trump [sien] die vasteland hoofsaaklik deur ’n praktiese, selfs skeptiese lens. Sy fokus is nie op hulpverlening of ontwikkelingsamewerking nie, maar op wat Amerika daaruit kan kry. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Amerikaanse beleidsontleder Joshua Meservey verlede week ’n dagsimposium van die Pionier Instituut buite Stellenbosch toegespreek het."

VVA se Boektrommelprojek bring leesvreugde na Stellenbosch se laerskole

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2025-06-27

"Die VVA glo dat lees aangeleerde gedrag is wat deur die voorbeeld van volwassenes gevorm word. 'Net soos ’n atleet moet oefen om te presteer, moet kinders gereeld lees om goeie lesers te word,' voeg Van der Merwe by. Deur boeke en storievoorlesing bevorder die VVA nie net geletterdheid nie, maar ook waardes en verbeelding."

The interpreters: ’n kragtoer van nuwe Suid-Afrikaanse niefiksie

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2025-06-03

"The interpreters is ’n versameling essays wat die tradisionele grense van joernalistiek en literêre skryfwerk uitdaag. Dit is ’n viering van stories wat nie net inlig nie, maar ook emosie, refleksie en kulturele diepte uitlok. Die boekresensent Jonathan Amid het in gesprek getree met die samestellers van die boek, Sean Christie en Hedley Twidle."

Elders gesien: Trump se leuens deur Musk se kletsbot ontmasker

Jean Oosthuizen Elders gesien 2025-05-27

"Trump se herhaling van vals bewerings, selfs ná korreksies, soos die 'volksmoord'-narratief sedert 2018, dui op roekeloosheid of opset."

Winde van verandering: Suid-Afrika se nuwe politieke landskap in fokus

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-14

"Christo van der Rheede se insigte bied ’n skerp blik op die kragte wat die land se toekoms vorm, veral in die konteks van die RNE en die globale winde van proteksionisme, nasionalisme en ekonomiese herskikking."

Suidoosterfees 2025: Op die markplein – waar almal preek (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-08

"Die kerk se grootste geskenk aan die wêreld sou wees om sy sonde en skuld te erken." Bettina Wyngaard het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels met Siya Khumalo en Alan Storey oor geloof se plek in die openbare diskoers. Is geloof nog geloofwaardig? Hoe behou ’n mens jouself én jou integriteit in ’n era waar elke slimfoon ’n preekstoel geword het en menings in hoofletters op sosiale media uitbasuin word asof volume waarheid skep? Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2025): Afrika op die globale verhoog – met wie speel ons?

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-08

Mandira Bagwandeen en Siphamandla Zondi het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor Suid-Afrika se internasionale beleid, sy rol in BRICS, en die breër vraag van Afrika se strategiese vennootskappe in ’n vinnig veranderende geopolitieke landskap. Die gesprek, wat die gehoor laat nadink het oor Suid-Afrika se globale posisie, het temas ingesluit uit Zondi se werk in boeke soos Africa’s strategic partnerships with BRICS and other emerging countries. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Suidoosterfees 2025: Boeke en feeste – pasmaats? (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-07

Chareldine van der Merwe het met Alma Struwig, Melt Myburgh en Nita Cronjé by die pas afgelope Suidoosterfees oor die rol van boeke, lees en boekwinkels by feeste gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Vriende van Afrikaans Ommietafel-gesprek (“Boeke en feeste – pasmaats?”), deel van die Jakes Gerwel-gespreksreeks.

Suidoosterfees 2025: Gedrukte media of digitaal – hoe vertolk ons die nuus? (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-07

"Joernalistiek is nie besig om te sterf nie; dit is besig om te transformeer." Jody Hendricks het met Carryn-Ann Nel, Crystal Orderson en Ryland Fisher by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor die vertolking van die nuus in gedrukte en digitale media, die vinnig veranderende medialandskap en die opleiding van joernaliste. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Top