US verwys bewerings van nepotisme by Maties vir evaluering
2023-04-18"’n Mosie om De Villiers van sy amp te onthef het by Maandag se raadsvergadering van die US-raad gedien. Die mosie is voorgestel deur die DA se kiesafdelingshoof in Stellenbosch, Leon Schreiber, en gesekondeer deur Jan Heunis, president van die US se konvokasie."
Filosofiekafee-verslag: ANC het die WVK se aanbevelings gepootjie
2023-03-24"Sommige mense beskou die WVK as ’n sukses, omdat dit Suid-Afrika gehelp het om vrede en stabiliteit te bereik in ’n tydperk van groot onsekerheid en spanning. Ander beskou die WVK as ’n mislukking, omdat dit nie in staat was om die behoeftes van alle slagoffers van menseregteskendings aan te spreek nie."
US rektor sê hy het reeds verskoning gevra vir taaldebakel
2023-03-16"In ’n verklaring wat laat Woensdagaand uitgereik is, sê De Villiers die US bly verbind tot menseregte, waardigheid, veeltaligheid en inklusiwiteit. Hy sê die US neem kennis van die MRK se verslag oor taal in US-koshuise."
Geloofsgesprekke in die Tsitsikamma deur Julian Müller, ’n lesersindruk
2023-03-14"Hierdie belydenis van onder andere Jesus wat gebore is 'uit die maagd Maria', 'die opstanding van die vlees' en die 'ewige lewe' maak vir baie gelowiges nie meer sin in die wêreld waarin ons vandag leef nie."
Ommietafel 2023: Nooit te oud om ’n nuwe taal aan te leer nie
2023-03-02"In teenstelling met die algemene opvatting wat daar bestaan, is ’n mens nooit te oud om ’n nuwe taal aan te leer nie. Dit was die algemene gevoel van ’n paneel meertalige deelnemers tydens ’n gesprek die afgelope naweek by die Adam Small-fees op Pniël in die Wes-Kaap."
Suid-Afrikaners wil die land met Dialoog vir Aksie verenig en bou
2023-02-24"Die land se inwoners is meer as keelvol vir die regering se onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer. Die volk se moermeters het veral die laaste jaar of wat die hoogte ingeskiet. Dit lê tans dieper in die rooi as Eskom se meter op TV wat aandui wanneer die kragverbruik gevaarlik hoog is."
Suid-Afrika kan slegs van onder na bo gered word
2023-02-23"Hy glo dat diegene wat bereid is om vir minder as die minimumloon te werk, toegelaat moet word om dit te doen. Volgens hom sal hulle dan ten minste kos op die tafel en ’n voet in die arbeidsmark hê en vandaar opwaarts kan beweeg pleks daarvan om heeltemal werkloos te wees."
Die mite van Afrikaner-eenheid en hoe dit inspeel op die hede
2023-02-02"Die mitologie van Afrikaner-homogeniteit word aan die een kant lewend gehou deur die huidige magshebbers wat dit as nuttige strooipop gebruik vir politieke gewin en aan die ander kant deur ontnugterde Afrikaners wat nostalgies terugverlang na 'die goeie ou dae'."
Kunsmatige intelligensie: Kan ’n bot die Hertzogprys wen?
2023-01-13"Wat sal gebeur as kinders KI gebruik om vir hulle kreatiewe opstelle en gediggies en dinge te skryf? Ek dink dit is die meer onmiddellike probleem waarmee ons sit. Die eerlikheid van jonger skrywers en kinders. Dit sal dalk nog ’n rukkie (’n paar jaar?) neem voordat ons uitgewers en beoordelaars van groot toekennings gefnuik kan word."
Elders gesien: Daarom bring ek hulde aan Adriaan Vlok, die mens
2023-01-09"Dit is maklik om te oordeel, maar as iemand sy aandeel in onreg erken en bereid is om pa te staan daarvoor, terwyl die meeste van jou kollegas dit nie doen nie, kan dit nie maklik wees nie. Dit sê tog seker ook iets van die mens?"
42: Die antwoord op die uiteindelike vraag van die lewe, die heelal en alles
2022-12-20"Die skrywer met die nom de plume Deep Thought se regte naam is David Vandenheever. Hy is ’n Suid-Afrikaanse akademikus en medeprofessor in biomediese ingenieurswese aan die Mississippi State University in die VSA."
Albie Sachs, van beeldestormer tot ikoon, en sy sagte plek vir Afrikaners
2022-11-09"Dit was die Afrikaanse digter Uys Krige wat oudregter Albie Sachs indirek aangespoor het om hom by die vryheidstryd teen apartheid aan te sluit. So het Sachs die afgelope naweek vertel tydens ’n FilosofieKafee-gesprek ('From iconoclast to icon') by die Breytenbach Sentrum in Wellington. Sachs het uitgebrei oor sy lewe en drome in die jare van die anti-apartheidstryd en hoe dit gebeur het dat hy so ’n sagte plek vir Afrikaners het."
Toyota US Woordfees 2022: Diversiteit in die praktyk
2022-10-19"Die diversiteit van keuses en ervarings wat die fees bied, het weer eens nie teleurgestel nie. Dit strook met die diversiteit van mense en idees wat mens graag by so ’n fees wil sien."
Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid
2022-10-17"Alexander se sentrale vertrekpunt was ten eerste politiek-teoreties, en nie uitsluitlik taalgerig nie. Sy sentrale vraag in dié opsig was: Hoe vorm ons ’n verenigde nasie? Sy uitgangspunt was dat Suid-Afrika op verskeie grondslae verdeel is, byvoorbeeld ras, etnisiteit, sosiale klas (die verdeling tussen ryk en arm), godsdiens, seksualiteit en maatskaplike posisie of status. Van al dié verdelings gee Alexander spesiale aandag aan die idee van ras en nierassigheid. Vir hom as historiese materialis was ras en etnisiteit ideologiese skeppings."
Toyota US Woordfees 2022: Dan Sleigh roskam uitgewers oor verspreiding van pseudogeskiedenis
2022-10-11"Sleigh, wat bekend is as ’n geskiedenisspeurhond, was in gesprek met die kultuurhistorikus Matilda Burden oor sy omvattende boek Retoervloot: Kaapstad en die VOC in 1713. Sleigh het dit onder meer gehad teen skrywers en uitgewers wat hulle skuldig maak aan die verspreiding van mites en verdraaiings wat ten duurste as geskiedenis aan lesers opgedis word."