Jean Oosthuizen

Joernalis

VVA Ommietafelgesprek: Hoekom ’n musiekloopbaan in Afrikaans?

Jean Oosthuizen ATKV-Portaal 2024-08-27

"Al die gespreksgenote was dit eens dat Afrikaanse musiek ’n blink toekoms het en dat die taal in al sy vorme gevier en omarm moet word as ’n inklusiewe taal."

Engelse boekfees oor selfpublikasies nou ook Afrikaans

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2024-08-15

"Sowat 30 selfgepubliseerde skrywers het vanjaar oor hulle werk gesels by die fees wat op verskillende plekke in die Helderberg aangebied is. Die fees was versprei oor ongeveer 16 venues wat gewissel het van plaaslike kroeë, restaurante, wynplase, klubs tot koffiewinkels in Gordonsbaai, Somerset-Wes en die Strand, asook die Golden Eye- en Drama Factory-teater."

Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2024-08-05

"Die Spele wat onthou sal word as die een waar sommige hekwagters dit taboe verklaar het om antieke mites en verhale op ’n speelse manier nuut en vars te herinterpreteer. Lätti doen in Taboek presies dieselfde met bybelse mites en verhale uit die antieke tyd."

Elders gesien: Op Olimpus word die gode bymekaargemaak

Jean Oosthuizen Elders gesien 2024-07-28

"Een ding is waar, die Franse het hier ’n gesprek aan die gang gesit en mens laat nadink oor goed waaroor hulle selde dink, en dis goed."

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2024): Gaan kunsmatige intelligensie oorneem?

Jean Oosthuizen Suidoosterfees 2024-05-01

Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die Jakes Gerwel-gesprek, “Artificial intelligence – will it take over?”, wat as deel van die jaarlikse Suidoosterfees plaasgevind het. Hierdie gesprek, met Arthur Goldstuck, Fred Roed, Kerushan Govender en Kieno Kammies, is in samewerking met Pan Macmillan SA en Jonathan Ball op 29 April aangebied.

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2024): Wie gaan Suid-Afrika ná 29 Mei regeer?

Jean Oosthuizen Suidoosterfees 2024-04-29

Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die Jakes Gerwel-gesprek, “The good, the bad and the ugly – who will govern?”, wat as deel van die jaarlikse Suidoosterfees plaasgevind het. Hierdie gesprek, met Adriaan Basson, Qaanitah Hunter en Mia Spies, is in samewerking met Flyleaf en Pan Macmillan op 26 April aangebied. 

Die krag van eilande van hoop in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen Menings 2024-04-16

"Van Kaapland tot bo in die noorde rys daar nuwe akkoorde om die land reg te ruk en ’n einde te maak aan die verval en agteruitgang."

Miljoene rand in pyplyn vir privaat Afrikaanse skole

Jean Oosthuizen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-04-12

"Innoverende planne om moedertaalonderrig vir privaat Afrikaanse skole in Suid-Afrika te bevorder het die afgelope week ’n nuwe fase betree. Miljoene rand gaan gewerf word vir ’n netwerk enkelmedium onafhanklike Afrikaanse skole regoor die land."

Johan Combrink-gedenklesing 2024: Vriende van Afrikaans vier 30 jaar van stories

Jean Oosthuizen Menings 2024-02-14

"Vriende van Afrikaans (VVA), ’n organisasie wat hom beywer vir Afrikaans, het verlede week hulle 30ste bestaansjaar gevier tydens ’n luisterryke geleentheid in Stellenbosch."

Bekgeveg oor resensies: Aardbewing in ’n miershoop of tydige waarskuwing?

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2023-12-06

"Dat daar ruimte vir beide letterkundige resensies en lesersindrukke is, is die meeste mense dit eens. Dit is die vraag wie bevoeg is om resensies te skryf en die aard daarvan wat die afgelope week die toetsborde oortyd laat werk het."

Deur die tonnel van twyfel: Waarom Kombuis hom nie as Christen beskou nie

Jean Oosthuizen, Koos Kombuis Skrywersonderhoude 2023-11-14

"Van nou af wil ek net ek wees, nie ’n Christen of ’n Moslem of ’n ateïs nie, net ’n mens weerloos en sonder maskers, deel van die groot en onverstaanbare kosmos."

DJ Opperman-gedenklesing: DJ Opperman gelees teen die agtergrond van die “nuwe”

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2023-10-26

"Elke nuwe leser of nuwe geslag lesers sal ’n eie opvatting van wat aktueel, relevant en boeiend is, na die lees van Opperman se tekste bring." Dit is teen hierdie agtergrond dat Louise Viljoen vanjaar die driejaarlikse DJ Opperman-gedenklesing in Stellenbosch gelewer het.

Klanke van jou keel: 'n oorsig van Tuin van Digters 2023

Jean Oosthuizen Feeste 2023-09-21

"Een van die merkwaardige aspekte van Tuin van Digters is sy inklusiewe aard. Hierdie fees het die vermoë om grense te oorskry met ’n onverskrokke passie vir die poëtiese vorm. Dit bring digters van alle taalagtergronde saam om ’n unieke ervaring van klank en betekenis te skep."

Die kopskuif om onderwys se toekoms te verseker

Jean Oosthuizen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-08-23

"Daar bestaan ’n dringende behoefte aan vernuwing wat betref nuwe onderwysmetodes en oplossings om onderwys se toekoms te verseker.’n Groep deskundiges en opvoeders het verlede Donderdagaand tydens ’n gesprek wat deur die Vriende van Afrikaans (VVA) en die Afrikaanse Onderwysnetwerk aangebied is, besin oor moontlike kopskuiwe wat nodig is om die noodsaaklike vernuwing binne die onderwysstelsel ’n werklikheid te maak."

Nuwe boekefees vier die suksesse van selfpublikasie

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2023-08-17

"Die stigma wat dikwels aan selfgepubliseerde boeke kleef dat dit noodwendig van mindere gehalte is, is die afgelope naweek behoorlik die nek ingeslaan en verkeerd bewys tydens ’n splinternuwe boekefees in Somerset-Wes."

Top