Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Krotoa – wat beteken sy vandag?

  • 3

Foto: Jean Oosthuizen

Krotoa, die Khoi-meisie van die Kaap de Goede Hoop, wek vandag eeue ná haar dood steeds botsende emosies by Suid-Afrikaners op. Sy bly een van Suid-Afrika se
mees omstrede figure.

Daarom bly die vraag “wat beteken sy vandag vir Suid-Afrika?”, steeds relevant. Dit was dan ook vanjaar die tema van die eerste gesprek tydens die afgelope Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gespreksreeks.

Vir sommige mense is Krotoa ’n omstrede figuur omdat hulle haar as ’n “uitverkoopte” aan Jan van Riebeeck en sy mense beskou. Vir ander is sy ’n heldin wat haar tyd ver vooruit was en verskillende wêrelde byeen kon bring. Ander sien haar weer net as ’n drankverslaafde met problematiese waardes.

Die vraag wat tydens die fees op Vryheidsdag aan die orde gestel is, was hoe betrek ons hierdie historiese figuur in ons siening van ras en identiteit vandag in ’n demokratiese, multikulturele Suid-Afrika?

Die teoloog, antropoloog en kenner van die Khoisan se geskiedenis, Willa Boezak, het die gesprek ingelei met ’n historiese oorsig oor Krotoa en die eerste inheemse inwoners van die land.

Willa Boezak (Foto: Jean Oosthuizen)

Ten spyte van ’n bekroonde film oor haar lewe, toneelopvoering, gedigte en soveel meer, is die meerderheid Suid-Afrikaners waarskynlik steeds onbewus of oningelig oor die wel en weë van Krotoa se veelbewoë en tragiese lewe.

Terwyl sommige haar as ’n uitverkoper aan Jan van Riebeeck en sy mense beskou en sy vir ander slegs ’n dronklap is, is sy vir baie mense ’n heldin wat haar tyd ver vooruit was. Sy bly een van die mees miskende figure in die land.

Tydens die gesprek by die Suidoosterfees is die gehoor daaraan herinner dat Krotoa se bloed nie net in bruin Suid-Afrikaners se are pols nie. Sy is ook die stammoeder van ’n hele rits wit Suid-Afrikaners.

Krotoa se nageslag sou later die Peltzers, die Krugers, die Steenkamps en ander Afrikanerfamilies insluit. Selfs bekende mense soos Paul Kruger, Jan Smuts en FW de Klerk kom uit haar stamboom. Ná haar dood is Krotoa se verhaal vir byna twee en ’n half eeue nie behoorlik ondersoek nie.

Die kolonialisme wat Jan van Riebeeck na die Kaap gebring het, het haar nie net van haar regte naam gestroop nie. Sy moes ook haar godsdiens prysgee en in die NG kerk gedoop word voordat sy toegelaat is om met die Deen Pieter van Meerhof te trou. Sy was daarna bekend as Eva van Meerhof en die eerste Khoikhoi wat volgens Christelike gebruike getrou het.

“Sy moes haar aangebore geloof wat eeue ouer is as die Christelike geloof prysgee ter wille van die liefde om met Van Meerhof te kon trou,” het Boezak gesê.

Nadat haar man tydens ’n ekspedisie om slawe in Madagaskar te koop vermoor is, het Krotoa haar al hoe meer aan drank oorgegee en ’n volslae alkoholis geword. Volgens Boezak kan haar drankverslawing tot ’n groot mate toegeskryf word aan die feit dat sy tydens haar kinderjare deur Van Riebeeck met drank in die vorm van arak en brandewyn betaal is. “Dit was die begin van die vieslike dopstelsel wat soveel lewens verwoes het,” sê Boezak.

Krotoa het as 11-jarige meisie na die Kasteel gegaan waar sy gou as ’n tolk uitgeblink het. Sy was ’n broerskind van Autshumato (Herrie die Strandloper). Haar Khoi- naam was Krotoa, maar sy is deur Maria van Riebeeck na Eva hernoem. Sy het Nederlands en Portugees gedurende haar verblyf in die fort onder die knie gekry. Haar veeltaligheid het baie met die bedinging en die aanvaarding van die beëindiging van die Eerste Khoi-Nederlandse Oorlog in 1659 gehelp.

Ander deelnemers aan die gesprek by die Suidoosterfees was die argeoloog en skrywer van, onder andere, die boek First People: The lost history of the Khoisan,
Andrew Smith, Amanda “Khoinoi” Stone wat ’n lied oor Krotoa gesing het, Calvyn Gilfellan, uitvoerende hoof van die Kasteel en die digter Diana Ferrus wat ook haar ikoniese gedig oor Sarah Baartman voorgedra het.

Smith het die gehoor daaraan herinner dat daar nooit ’n groep soos Khoisan was nie. Die Khoi en San was twee verskillende groepe aan die Kaap wat elkeen
hulle eie taal gehad het. Die term “Khoisan” is eers later kunsmatig deur ’n antropoloog aanmekaar gevoeg.

Die gesprek is afgesluit deur Boezak wat vir die gehoor in Krotoa se woorde wou sê wat sy vandag vir Suid-Afrika beteken. Hy meen sy sou vandag wou sê: “Ek was ’n tolk. Ek het my moedertaal gepraat maar ook ander tale. Wat doen jy om jou moedertaal te beskerm en ander inheemse tale soos Xhosa te bevorder?”

Boezak sê net soos wat Krotoa drie kontinente in haar lyf gehad het, is daar ook drie kontinente in Afrikaans, naamlik, Afrika, Europa en Asië.

Hy sê Krotoa sou vandag by Suid-Afrikaners wou pleit om dit wat sy begin het, naamlik, om grense oor te steek, waar te maak. Die organisasie in die land wat die naaste daaraan gekom het, was volgens Boezak die United Democratic Front (UDF) wat van 1983 tot 1991 bestaan ​​het.

Die UDF het uit meer as 400 openbare organisasies bestaan, insluitend vakbonde, studente-unies en vroue- en geloofsorganisasies. Die UDF se doel was om ’n nie-rassige, verenigde Suid-Afrika te vestig waarin apartheid afgeskaf word en waarin die samelewing bevry word van institusionele en sistematiese rassisme. Die UDF is in 1991 ontbind tydens die vroeë stadiums van die oorgang na demokrasie.

Lees ook op LitNet:

Fotogalery: Jakes Gerwel-gesprekke (Suidoosterfees 2022)

Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Oekraïne kan tot kernoorlog lei

Eva, nee, Krotoa se Afrikaans

Khoekhoegowab, ti ǂnīsasib

Ont-taling

Krotoa movie: an interview with Kaye Ann Williams

Telling a different tale: Karel Schoeman's Seven Khoi Lives

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

Die Afri-Kwé-taalprojek beklemtoon historiese en toekomstige verbintenisse

Die vernoeming van geboue op die kampus van die Universiteit Stellenbosch: ’n oorsig en ontleding

Verandering en toekoms: om 'n kreoolse Afrikaans te bedink

Kora: A lost Khoisan Language: an interview

Internasionale Moedertaaldag: Khoekhoegowab-tale en Khoi-Afrikaans

Krotoa

Krotoa: uit ’n historiese oogpunt

Gesprekke oor Krotoa en nadenke oor kultuurerfenis en -nalatenskap

Krotoa: ’n mening

Ons moeder Krotoa

Bradley van Sitters se staatsrede-lofsang: Khoekhoegowab-, Nama- of "KhoiSan"-seënbede?

Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis

Goede Hoop. Zuid-Afrika en Nederland vanaf 1600, ’n bespreking

Afrikaans: the language of dissent

Lees ook op Voertaal:

’n Blik op die produksie Krotoa: Eva van de Kaap

Jan van Riebeeck en Krotoa se tyd: 10 verrassende feite

Hoeveel het Jan van Riebeeck gedrink op die Drommedaris?

Sylvia Vollenhoven: "Je kunt het heden niet losmaken van het verleden"

Frazer Barry: "Ik heb ervoor gekozen om Khoi te zijn"

  • 3

Kommentaar

  • Maar die vraag wat soos 'n pal bo water staan: Kan ons daardie brûe oorsteen sonder om oor jou rug te kyk? Te bang om jou mede swart of wit broer te vertrou? Word ek waardeer vir die rol wat ons in Apartheid gespeel het as die NG Sendingkerk, tans die VGK?

  • Die feit dat Krotoa, gedoop Eva, 'n lidmaat vd NGK was en in 2016 vereer in die Groote Kerk, maak voortgaande gesprekke met die VGK dwingender. Tog bly die Belydenis van Belhar 'n skynbaar onoorbrugbare kloof.

  • Craig Gillion

    Ek sal dit so waardeer as die organisasie die naam "kleurling" as 'n vloek kan laat verklaar, iets wat aan die bruinv olk gegee is om ons ware eerstemensidentiteit te onderdruk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top