Goede Hoop. Zuid-Afrika en Nederland vanaf 1600, ’n bespreking

“Die boek Goede Hoop is, soos die tentoonstelling, ambisieus. In 21 hoofstukke met 34 intermezzo’s vertel 27 verskillende skrywers uit albei lande, onder leiding van Martine Gosselink, hoof van Geskiedenis van die Rijksmuseum, die gedeelde geskiedenis van Suid-Afrika en Nederland, vandat die Verenigde Oost-Indische Compagnie in die 17de eeu sy Kaapse verversingspos gestig het, tot vandag.”