Krotoa

  • 1

Ek het gehoor, maar min verstaan.
Waar is jy, Krotoa? Waar steek jy weg?
Vrae na vrae wat my vermaan en my oorgelaat het aan my skaam.

Ek het baie gesien, maar min geglo.
Wat maak jy, Krotoa? Waar steek jy weg?
Dag na dag sit ek peinsend en wag vir ‘n nag wat nooit kom nie.

Ek het baie gevoel, en nog meer onthou.
Hoekom verskiet jou ster? Waar dryf jy so ver?
Ek skree maar die klanke steek vas in my kop, dor van hopeloosheid.

Ek het bly soek, maar vind min. Alles wentel om my rond, my asem slaan weg, die geraas van laksman-gelaggery drom in my oor, terwyl my wêreld, my stamme, ineen stort.

Besmet, ontneem, ontvrou, onthou deur min, vergeet, ontleed, onteer, gebruik, gebroke en by my dood se deur wag al jul spoke. Spoke van mense wie dood lewe.

Ek het my alles, my vrouwees, my moeder, my menslikheid opgeoffer, vir niks minder as die titel, hoer. Prostituut. Alkoholis. Verbrand as ma, sleg. En mens, nog slegter. Ek was as kind al ‘n vryheidsvegter.

Onthou my, want julle ken my en leer my kinders van môre hoe om hul spoke dood te lewe.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top