Ek en Jeanne Goosen: Jean Oosthuizen se inskrywing

  • 0

Jean Oosthuizen deel ’n foto en herinneringe van hom en Jeanne Goosen vir LitNet se fotokompetisie "Ek en Jeanne Goosen".

Die foto is voor die Pretoriase abattoir in Pretoria-Wes geneem. Ons was albei in die 1980’s joernaliste by Hoofstad. Die redakteur, PG du Plessis, en die nuusredakteur, Dave Viljoen, het ons opdrag gegee om ’n ondersoekende storie oor die duur pryse van vleis en die middelman wat met alles heengaan te doen. As blougat nat-agter-die-ore-joernalis het my mond, soos wat op die foto gesien kan word, letterlik oopgehang om saam met haar te werk. Sy was vreesloos uitgesproke en het vir geen duiwel, gees of spook gestuit nie. Jeanne het nie ’n wag voor haar mond gehad nie. As ek moet sê wat ek gevoel het toe dié foto geneem is, sal dit my bewondering vir haar vreesloosheid en haar vermoë om gesag uit te daag wees.

Die foto van Jeanne Goosen en Jean Oosthuizen is Meimaand 1980 deur een van die persfotograwe by die destydse dagblad, Hoofstad, in Pretoria geneem.

Lees ook 

Fotokompetisie: Ek en Jeanne Goosen

Ek en Jeanne Goosen: Joan Hambidge se inskrywing

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top