
Foto van Jeanne Goosen: Naomi Bruwer
“’n Mens is ’n mosaïek van mense en engele.” ~ Jeanne Goosen
LitNet nooi jou uit om vir ons ’n foto van jou saam met Jeanne Goosen, wat op 2 Junie 2020 oorlede is, te stuur.
Jou foto moet asseblief vergesel wees van die volgende inligting:
- Wie op die foto is
- Wie die foto geneem het
- Ongeveer wanneer die foto geneem is
- Hoekom en waar die foto geneem is
- Wat jy gevoel het terwyl die foto geneem is (ongeveer twee sinne)
Die foto’s sal deurlopend op LitNet gepubliseer word. Die persoon wat die treffendste inskrywing stuur, sal ’n kontantprys van R1 000 ontvang.
Die kompetisie sluit op Maandag 29 Junie om 17:00. Die wenner sal kort daarna bekend gemaak word.
Reëls:
- Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing met die nodige foto-erkenning op LitNet en LitNet se sosialemediaplatforms gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
- Die foto kon al voorheen op ander platforms of sosiale media verskyn het, maar die fotograaf moet toestemming gee vir die inskryf en gebruik van die foto.
- LitNet-redaksielede mag inskryf, maar sal nie in aanmerking kom vir die prys nie.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
- Die persoon wat die mees unieke inskrywing stuur sal as wenner aangewys word.
Hoe om in te skryf:
Stuur ’n e-pos met die onderwerp “Ek en Jeanne” na cliffordene@litnet.co.za wat die volgende bevat:
- Jou naam en van
- Die foto in die hoogste beskikbare resolusie
- Die inligting oor die foto wat hier bo uiteengesit is
Prys
Die wenner sal ’n kontantprys van R1 000 ontvang.
Kommentaar
Dis darem ’n bietjie te vinnig, ’n bietjie te kru ... Kan Jeanne Goosen nie maar ’n rukkie gelaat word om in vrede te rus nie?
Beste Estelle, die doel van die kompetisie is om hulde te bring aan Jeanne Goosen deurdat mense foto's wat in die verlede saam met haar geneem is deel, sowel as die storie wat daarmee saam gaan, juis om terug te kyk op goeie en kosbare oomblikke. Vriendelike groete, Liné Loff, Inhoudsbestuurder
Dit mag die doel wees, maar dit kom ‘n tikkie ... um ... common oor.
Ek voel ook daar is eerder ’n uitnodiging nodig om essays of kortverhale aan te moedig wat persone se interaksie met Jeanne te weerspieël. Opinie.