Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

Standpunte oor menslike versus KI-ondersteunde psigoterapie

Handré Brand Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-05-20

"Sou die Franse filosoof Roland Barthes se konsep 'death of the author and birth of the reader' aangepas kon word na 'death of the client and birth of AI'?"

KI-miniseminaar: KI is nie vir my nie

Chris Marnewick Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-05-15

"Ag nee wat, selfs onlangs toe ek ’n veteraanmotor oorgebou het, het ek self die boor vasgehou, gemeet waar die gat moet wees, en daar geboor."

KI-miniseminaar: KI en die karakter van oorlog

Abel Esterhuyse Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-05-06

"En soos nou weer bewys in beide die oorloë in die Oekraïne en Iran, sal KI nie vergoed vir die koste van impulsiewe menslike besluite nie; en daar bestaan nie so iets soos ’n vinnige oorlog nie."

KI-miniseminaar: Ek, my Muse, en my KI

Deon Opperman Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-04-30

"Elke skrywer wat ooit geleef het, het gewerk met die oorgeërfde materiaal van taal, letterkunde en filosofie, narratiewe konvensie, en menslike ervaring. Niemand skep in ’n vakuum nie. ’n Groot taalmodel soos Claude of ChatGPT doen presies dit: Dit herkombineer bestaande elemente in nuwe konfigurasies."

KI-miniseminaar: Gebruik jy KI om jou met jou skryfwerk te help?

Chanette Paul Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-04-24

"Uit suiwer nuuskierigheid het ek enkele kere toegelaat dat KI vir my ’n sogenaamd kreatiewe toneel skep gegrond op my vrae. Dis deur die bank afgesaag, melodramaties en heeltemal onbruikbaar."

KI: katastrofe of geleentheid? ’n Miniseminaar

Menán van Heerden Seminare en essays 2026-04-24

"Is KI ’n vernietiger van denke, oorspronklikheid, en skeppende en opvoedkundige ideale? Of is KI ’n geleentheid?"

On artificial intelligence, simulated worlds, humans and God: A conversation with ChatGPT

Frederik de Jager SêNet-briewe 2026-04-09

"If our universe is a simulation, its creators must know more than the simulated agents, particularly about the origin and structure of the system."

Moravec se paradoks

Handré Brand Seminare en essays 2026-03-27

"Is Moravec se paradoks vandag steeds geldig? In watter mate moet rekening gehou word met die snelle vooruitgang op die gebied van robotika, masjienleer, KI en rekenaarprogrammering?"

'n Onderhoud oor kunsmatige intelligensie en die algoritme in die klaskamer: ’n probleem of probleemoplossing?

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-03-24

"Die grootste toekomsgedagte wat ek het, is dat ons nie moet praat van die KI-revolusie nie, maar van die KI-evolusie. Revolusie het negatiewe konnotasies, en evolusie kan vir ons dalk dui op genormaliseerde veranderinge en aanpassings."

An investigation into the quality of technical translation by ChatGPT-4o

Adél van den Bergh, Kanja van der Merwe Academic research 2026-03-19

"[T]he aim of the research project was to investigate the technical translation quality of ChatGPT-4o from English into Afrikaans at two different reader levels, namely an expert reader level and a lay reader level. More specifically, the study sought to determine to what extent human intervention is still necessary to achieve a high-quality translation."

’n Ondersoek na die gehalte van tegniese vertaling deur ChatGPT-4o

Adél van den Bergh, Kanja van der Merwe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-03-19

"Masjienvertaling en tegniese vertaling word onder die loep geneem deur ’n bondige bespreking te bied oor neurale masjienvertaling, KI-vertaling en ChatGPT as tegniese vertaler. Die funksionalistiese benadering as teoretiese uitgangspunt word bespreek, asook die vertaalopdrag, vertaaluitdagings en vertaaloplossings."

KI laat die skeidslyn tussen taal en wiskunde vervaag

Koos Holtzhausen Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-02-26

"Die debat tussen voorstanders en kritici van KI sal waarskynlik nog lank voortduur, maar een ding is reeds duidelik: Die grens tussen taal en wiskunde is nie meer ondeurdringbaar nie. Uit die skynbaar betekenislose opeenvolging van 0’e en 1’e ontstaan sinne, verhale en denke. Die masjien wat gebou is om te tel, het begin praat. En in daardie stem hoor ons nie net die krag van berekening nie, maar ook iets van onsself."

Agterstories: Clans, korporasies en klone

Johan Fourie Rubrieke 2026-02-20

"Clans, korporasies en klone is dus verskillende antwoorde op dieselfde probleem: hoe om samewerking te organiseer onder beperkings; en hoe om delegasie te plaas – binne verwantskapsnetwerke, binne reëlgebaseerde organisasies, of binne dupliseerbare agente wat volgens gedeelde protokolle werk. Die opkoms van KI-agente doen meer as om bestaande organisasies net vinniger te laat werk. Dit stel ’n nuwe organiserende logika bekend, gebou op gedelegeerde, skaalbare agentskap."

Is ons in ons moer in met KI?

Sidney Gilroy Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2026-02-10

"Dit is nodig om menslike kreatiwiteit te beloon. Dit is nodig dat Afrikaanse kreatiewe entrepreneurs beskerm word. As ons regering dit nie gaan doen nie, is dit in die hande van die skrywers, digters, sangers, akteurs en visuele kunstenaars om die oorlogdrom te slaan."

Jou KI-IK: Die tuin se geheime held

Rouxlyn Botha LitNetKanaal op YouTube 2026-01-30

"Is die liewenheersbesie ’n monstertjie of ’n held?" Kyk na hierdie KI-gegenereerde video wat ’n LitNet-skoleverrykingsartikel (Lewenswetenskappe) deur Rouxlyn Botha (2024) opsom. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. 

The poetry whisperer’s workshop, compiled by Elsibe Loubser McGuffog: a reader’s impression

Janine Maske Books and writers 2026-01-21

"The poetry whisperer’s workshop is the takeaway from a project inspired by Alison Gwynne Evans, head of the Western Cape Branch of SACEE (the South African Council for English Education). ... Central to the workshop is the idea that the future of poetry should be affirmed, even in times where AI is set to challenge all areas of human endeavour."

Jou KI-IK: Jou Suid-Afrikaanse erfenis

Menán van Heerden LitNetKanaal op YouTube 2026-01-06

KI praat Afrikaans. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. "Die geure van jou ouma se resep, die geheue en klanke van liedjies, die stories wat oorvertel word – ontasbare erfenis leef in ons almal. Watter waarde het erfenis wat nie kan afbrand of verwoes word soos ’n gebou of monument nie?" 

Missie J9: kreatiwiteit, KI en die kuns om mens te bly

Janine Maske SêNet-briewe 2025-12-23

"Op 70 besluit ek dat ek nie sommer irrelevant gaan raak nie. As die wêreld in ’n KI-era instap, dan stap ek saam; nie om my menslikheid prys te gee nie, maar om te kyk hoe ver ek dit kan rek."

Springmielies: Deus in Machina – my selfoon spioeneer op my

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-12-18

"’n Vriendin sê nou die dag vir my sy wil nou nie paranoïes klink nie, maar haar selfoon weet alles van haar af. Want, vertel sy my, haar foon hoor en sien alles wat sy doen. En: Die foon verstaan selfs Afrikaans ... Inderdaad: Dit is alles so, en mens noem die verskynsel omgewingsintelligensie (ambient intelligence of AML)."

Agterstories: Ou nuus kry nuwe baadjie

Johan Fourie Rubrieke 2025-12-18

"Sodra koerante data word, kan mens bekende vrae skielik met veel fyner instrumente beantwoord. … Hoe het berigte oor rasse-onluste oor streke heen versprei? Wanneer het die gesprek oor werkloosheid skielik toegeneem? Hoe vinnig het stories oor nuwe tegnologie, soos die telefoon, die motor, of die rekenaar, van die kusstreke na die binneland beweeg?"

Top