KI vir die gewone gebruiker

  • 2

Kuns deur OpenAI se DALL·E, spesiaal geskep vir hierdie artikel.

...
Vir my is dit belangrik dat ons blootgestel word aan KI, sodat ons in staat is om die volle potensiaal daarvan te ontgin, terwyl ons die nadele minimaliseer.
...

Dit is vir my bitter interessant om te sien hoe KI deur akademici bespreek word, en hoe dit kreatief aangewend kan word as navorsingsassistent. Maar hoe raak dit ons, die gewone gebruiker?

Ek weet party mense vind ChatGPT skrikwekkend en dink dis ’n euwel. Ek het nog net goeie ervarings daarmee gehad. Natuurlik gaan dit nie menslike insette vervang nie, maar as dit kreatief aangewend word, kan dit ’n mens se lewe soveel makliker en meer produktief maak.

Mense vra dadelik: Maar wat van kinders en studente wat nie meer self hulle werk gaan doen nie? ’n Goeie onderwyser sal weet hoe om dit te omseil, deur byvoorbeeld vir die kind te sê om die bot se werk te herinterpreteer en krities te beoordeel. Dis vir my selfs meer kreatief sou die kind dit self doen. En is dit nie beter as die kind wie se ouer betaal om vir hom ’n praatjie te laat skryf nie? Ons weet almal daar is taalpraktisyns wat dit om den brode doen.

Onthou die weerstand teen die internet en sy gevare? KI-gegenereerde teks is dieselfde as enige ander inligting op die internet. Die bot is die eerste wat dit vir jou sal sê. Hy kan net weergee wat beskikbaar is, maar net omdat dit daar staan, maak dit nie van iets die waarheid nie.

Een van die grootste voordele vir my is dat dit bestaande inligting integreer en as ’n tipe opsomming aanbied. Dit verg steeds kreatiwiteit en ook ’n mate van analitiese vermoë en intelligensie om dieper te delf en die regte vrae te vra om die gewenste resultaat te kry.

Ek sou veel eerder gebruik maak van ’n kombinasie van insette van bestaande inligting, juis om dit te integreer. So kan ’n mens self ’n meer ingeligte opinie vorm. Ek vind dit uiters leersaam, want ’n mens kan self bepaal hoe diep jy gaan delf in inligting wat aan jou gegee word.

My man het my byvoorbeeld gevra om vir hom op te lees oor die bewese voordele van Fulvic Acid. Oudergewoonte het ek by Google begin, maar om deur ’n magdom advertensies, aannames en uitsprake daaroor te worstel, sou ure neem. Ek het binne sekondes ’n antwoord van ChatGPT gehad, insluitend ’n opsomming van die bevindinge, die publikasies en die gebreke in die studies. 

  • Die grootste voordeel van KI: Die bot toon geen emosie nie en dit kan nie sy oordeel kleur nie, dit oordeel en veroordeel nie. Dit gee slegs objektief feite (soos hy dit ken) weer.
  • Die grootste nadeel: Die bot toon geen emosie nie; persoonlike agtergrond, ervarings en gegewens kan nie hierby geïntegreer word nie. Dit gee slegs objektief feite (soos hy dit ken) weer.

My heel eerste poging (hieronder) om ’n vraag te vra se antwoord het my mateloos beïndruk en sedertdien speel ek heerlik.

ChatGPT please write a poem about the meaning of life and death. 

Life, a fleeting moment in time
A spark, a flame, a candle’s shine
Born into the world, we know not why
Our time here, a mere passing by

 Some say the purpose is to live and thrive
To love and laugh, to work and strive
To build and create, to give and share
To find our place, to show we cared

 Others say the point is to find the truth
To seek and ponder, to age and youth
To learn and grow, to question why
To find our way, before we die

 But what of death, that final sleep
Is it the end, or just a leap
To another plane, a different form
To be reborn, to weather the storm

 Perhaps the meaning lies within
The choices we make, the paths we spin
The love we give, the memories we keep
The legacy we leave, when our time is reaped

 So live and love, and make it right
Embrace each day, and hold it tight
For life and death, they both shall pass
Leaving us with the choices we amass

Vir my as gewone gebruiker bied die gebruik van KI ’n wye verskeidenheid voordele, soos die versnelling en vergemakliking van prosesse, en die vinnige insameling van inligting wat kan lei tot die verbreding van kennis. Aan die anderkant is daar ook nadele, soos die potensiaal vir onregverdige besluitneming en die risiko van afhanklikheid van die tegnologie. Dit is belangrik om hierdie risiko’s in ag te neem wanneer ons die voordele van KI ontgin. Met die voortdurende ontwikkeling van KI-tegnologie is dit duidelik dat dit ’n kritieke rol gaan speel in die toekoms van baie bedrywe. Vir my is dit belangrik dat ons blootgestel word aan KI, sodat ons in staat is om die volle potensiaal daarvan te ontgin, terwyl ons die nadele minimaliseer.

Wie wil nou ’n oumens word wat net op sy eie geheue moet staatmaak?

Kuns deur OpenAI se DALL·E, spesiaal geskep vir hierdie artikel.

Lees ook:

ChatGPT: Vriend of vyand? Praktiese voorstelle om hierdie kletsbot te omarm om die gehalte van akademiese skryfwerk te bevorder

Om ’n mens na te boots

Skepping of nabootsing? Kunsmatige intelligensie en intelligente kuns

LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer

In gesprek met ChatGPT, ’n kunsmatig-intelligente rekenaartoepassing

Hoe verskil ChatGPT van Google Search?

Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman

  • 2

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Kunsmatige Intelligensie is net so goed as wat mense insit. Tog is dit oral in gebruik. In die 1970's was die verwysing na KI "kunsmatige bevrugting". Destyds was daar 'n storie van 'n wit vrou wat by haar Indiër-vriend 'n kind wou hê in Johannesburg en haar reise om sy semen te kry. Die vriend was skynbaar homoseksueel. Sy het blykbaar sukses daarmee gehad ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top