LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer

Wil jy deelneem en jou opinie gee? ChatGPT van OpenAI en die vermoëns van kunsmatige intelligensie het almal aan die gons. Kan ’n KI-romanskrywer die Hertzogprys ontvang? Waar gaan uitgewers hulself posisioneer? En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware? Hoe gaan studieleiers weet of ’n verhandeling volledig of gedeeltelik deur ’n student geskryf is? Watter invloed gaan dit op geakkrediteerde akademiese tydskrifte hê? Hoe gaan die media daarmee omgaan? Wat wag op ons? Laat van jou hoor!