KI en kopiereg: kreatiewe skryfwerk van die masjien versus kreatiewe skryfwerk van ’n mens

“Wat is kreatiewe skryfwerk egter anders as scraping? Skrywers scrape die taalreëls, skryfreëls, woordeboeke, ander boeke, die internet en wat ook al om kreatiewe werk te produseer. Mondelinge oorlewerings word ook gescrape vir idees in skryfwerk. Wat doen KI dan anders? Gebruik ek as skrywer nie bloot gereedskap in die vorm van ChatGPT om hierdie scraping vir my te doen nie?”