Dag 6: Kwarantyn-ketting – "Die internet is ’n lewensreg" deur Olivia M Coetzee

  • 0

Met die land wat vir drie weke in kwarantyn is, gaan 21 skrywers – een per dag – ’n korona-kettinggesprek voer oor hul gevoelens en ervarings as skrywers in hierdie moeilike tyd. Volg die kwarantynketting daagliks!

Skrywer Olivia M Coetzee fokus op bevoorregting in die tyd van die inperking en lees voor uit haar roman, Innie Shadows:

Dag 6: "Die internet is ’n lewensreg" deur Olivia M Coetzee

Dis dag ses, ek sit en wêk anlyn, en wonne oo die mense wattie die voorreg het wat ek hettie. Die lewensreg wat net veskaf wôt an som.

Ek dinkie mense realise hoe bevoorreg hulle is om heeldag online te sit, al is dit op Netflix, of om hulle kinnes die tyd te gie om anlyn te leerie, of selfs studente wat nou kans het om hulle wêk anlyn klaa te maakie. Die voorreg wat ôs het om van die huis af te wêk, en van die huis af te lee. Dink ôs an dies wattie dit kan doenie? Of is dit bieter as mens in die donke tye nie hoef te warrie oo wat gebee in ôs domestic se huisie. Of is dit bieter as ôsie dink an “het my wêkers genoeg kos in hulle huise?” nie, of “het hulle kinnes internet om anlyn te leer?”

President Ramaphosa het mos in sy SONA speech gepraat van ’n Smart City bou in Suid-Afrika en ek het gedink, yoh, mieste van ôs liewe nog in apartheidgeboude huise en areas, en gedagtes, en helfte van ôs hettie regte access tot water of toiletsie, en hie wil djy Smart Cities bou?

My social netwerk-mure en feeds is vol van mense wat resources deel van hoe ôs die kinnes van die huis af kan lee, en hoe ôs hulle kan biesag hou. En soes ek die resources deel van hoe plant mens ’n tuin wat somme gou vi jou sal groente gie, en ek deel plekke waa mens documentaries kan aflaai, en ek deel die links waa djy jou kinnes se minds online kan stimuleer, dink ek an daai mammies en pappies en kinnes wattie die wonnerlike resources sal kan gebruikie, of die spasie gat het om daai groente te groei nie.

Die ding wat ôs mien deal, is heeltemal nie ’n ras-dingie, al is die mieste mense wat in privilege liewe nog steeds wit. Dis ’n storie van klas, en hoe maklik dit is vi mense wat meeder kan affôt om die hele biesagheid van lockdown op ’n bietere manier te kan navigate.

En soes ek hie voo my laptop kan sit en wêk, wan daa is nog krag, en my wêk online uit te stuu en te wiet einde vannie maand sal ek pay, wan ek kan anlyn wêk, wiet ek dat die realiteit van mense daa buite annes is.

Hoe, as working-class citizens watse bewegings, watse liggame gepolice wôt, navigate ôs dié as die gawement nie reg voorsorgmaatreëls getref het wat die werkersklas oek kan helpie? Wat van die homeless mense, of daai mense wat bedel op die straat met hulle kinnes, of die mense wat blikkies en bottels, karton en anne skreps optel om te vekoep om die pot an die gang te hou, wat wôt van daai mense en hulle kinnes? Wat van die mamies of deddies wat allien moet wêk vi die huis, en al wat hulle vedien maandliks is noggie ees R3 000 nie? Daa issie genoeg geld vi kossie, wat nog van R150 betaal vi 1 gig data, wattie ees genoeg is vi een dag se “regte” internet accessie.

“Die Jirre sal sorg.” Dis hoe ôs grootgemaak was, wan daa was niks anne hoep om an vas te hou nie. En elke dag iet ôs, maa is dit al way hoe die Jirre vi ôs sal sorg? Ek mien wat van al die anne goed wat mens nodig het? “Moenie ondankbaar wiesie!” sal die pries sê. Maa hoe kan ek dankbaar wies wanne die gep tussen dié wat het en kan bekostig en dié wat niks hettie nog soe groot is? En die gawement en die kêk wat ôs moet lei, kyk eeder agter dié wat het, en nie agter dié wattie hettie?

En nou met al die armoede wat djy moet tien vaskyk in daai klein spasie wat djy moet in bly, en nie net vi 21 dae nie, waa is daa dan spasie om te dink an om die kinnes se breine te stimuleer, om jou eie brein te stimuleer? Hoe kan leerders en studente angan met hulle jaar as leer, lies, opvoeding, nie ees ’n plek het in die vie mure van die sinkdakhuise nie? Waa is die internet? Waa is die laptops of computer stations, waa is die boeke, die liesmateriaal in daai shacks, of in daai klein huisies, of in daai blokke flets? Ôs liewe nog steeds in die apartheid geographical spaces. Dit was nooit die plan om mense wat in die areas bly, access te gie nie, 25 jaar in en ôs ly nog steeds soes ôs ly. Die free internet-punte wat hulle in som van die ghetto’s gesit het, wat se doel speel dit? Hoe help dit in ’n tyd van nou? En dan oek besides die resources, hoe kry djy ouers wat tien teen een oek ongeletterd is en nie net oo die internet en computersie, hoe kan daai ouers wat al hulle hele liewe net die struggle ken, en nog steeds in die struggle liewe, hulle kinnes deu opvoeding anlyn lei?

In dié day en age is die internet ’n lewensreg, net soes water – dis nou ’n storie van die internet kan mens an die liewe hou. Maa die gawement, en ôs amal, act oblivious oo dit. En julle mag miskien nou lag en sê of dink dis malligheid, maa ôs liewe in die age van die internet, en meedere dan twie dêres van Suid-Afrikaners hettie regte access tot die internet nie. En dink jouself in hoe sou jou liewe wies sonne die internet? Daai groceries wat julle soe lekke online kan bestel, en die subskripsies, en die facetimes en soe. En nee, hierie “social data”, of “movie data” wat die netwerke vekoep an mense is nie access tot die internet nie. Dis access na bemarking wat angebied wôt as ’n konneksie met jou familie en vrinne, wan dis wat Facebook, Instagram en Twitter is, dis bemarking op hoër graad.

Toe president Ramaphosa soe lekke praat oo hoe ôs die ding gat deu’maak as ôs saam staan, en ôs hanne was, het ek gehoo hoe hy nie met my en anne mense praat wat se liewens voo die lockdown klaa ’n struggle wassie, because nooit sal hy homself kan indink hoe dit moet wies om te skarrel vi die neks brood, of die neks R1 se suike, of ’n R10 vi drie pennie-polonies om ’n smoortjie van te maakie. Of om by die Bai op die boekie te gat vattie, of om te warrie oo jou neks rent paymentie. Hy sallie kan vestaan wat dit is om nog steeds in vandag ’n twie- of drieslaapkamerhuis te deel met 20 of meer mense nie. En dis ’n realiteit van baie Suid-Afrikaners, en nie ommat ôs willie, of ôs maak te veel kinnesie. Maa wat wôt nog steeds vi ôs voogeskryf? Wie is nog steeds ôs se “leermeester”? Armoede, en armoede se tjommies!

Die issie net ’n koronavirus-rampie, maa dit wys, an dies wat wil sien, hoe geskei die land nog steeds is, en hoe equality net ’n droem van sommiges is. Dit moet ’n mens lat wonne, wie bestuur nog steeds Suid-Afrikaners se geldkoffers lat die basiese lewensregte, insluitend die internet, van alle Suid-Afrikaners nie kan by uitgekom wôtie.

In die Vierde Industriële Revolusie is die internet nie net ’n tool vi konneksie nie, maa dis ’n lewensreg. Soe was maa jou hanne en check jou privilege, wan privilege gat jou net soe vê bring, die res van die pad sal ôs moet deelsaam wies. Daa issie ’n anne way nie!

Olivia lees voor uit haar roman, Innie Shadows:

Lees ook

Innie shadows: ’n onderhoud met Olivia M Coetzee

Resensie: Innie Shadows deur Olivia Coetzee

Video: Kaapstad-bekendstelling van Innie Shadows deur Olivia M Coetzee

Lees nog Kwarantyn-ketting-bydraes:

Dag 1: Kwarantyn-ketting – "Liefde en leef in die tyd van korona" deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Dag 2: Kwarantyn-ketting – "Tussen die boom en die bas" deur Lien Botha

Dag 3: Kwarantyn-ketting – "Vandag sou die laaste dag van die fees gewees het" deur Koos Kombuis

Dag 4: Kwarantyn-ketting – "Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus" deur Marita van der Vyver

Dag 5: Kwarantyn-ketting – "A day in the life ..." deur Kerneels Breytenbach

Dag 7: Kwarantyn-ketting – "Van Pieter-Dirk Uys in Darling"

Dag 8: Kwarantyn-ketting – "Het jy ’n foto van ’n aardwolf?" deur Toast Coetzer

Dag 9: Kwarantyn-ketting – "Agter die kwarantyngordyn" deur Nini Bennett

Dag 10: Kwarantyn-ketting – "Om die swart hond te tem in die tyd van korona" deur Alta Cloete

Dag 11: Kwarantyn-ketting – "Aanhou beweeg en geraas maak" deur Debbie Loots

Dag 12: Kwarantyn-ketting – "Die bome behoort nie aan jou nie" deur Wilna Adriaanse

Dag 13: Kwarantyn-ketting – "Die inperking: die geskenk van gekonsentreerde tyd" deur Riana Scheepers

Dag 14: Kwarantyn-ketting – "Onoplosbare liefde in die vloedtyd" deur Pieter Odendaal

Dag 15: Kwarantynketting – "Koue wind" deur Ruan Kemp

Dag 16: Kwarantynketting – "Dowwe paniek en onwerklikheid in die Eikestad Mall" deur Danie Marais

Dag 17: Kwarantynketting – "Hoekie vir die (nie-) eensames" deur Cliffordene Norton

Dag 18: Kwarantynketting – "Die tyd van virtuele voortbestaan" deur Naomi Meyer

Dag 19: Kwarantynketting – "Om anders na dinge te kyk" deur Remona Voges

Dag 20: Kwarantynketting – "Force majeure" deur Tertius Kapp

Dag 21: Kwarantynketting – "Die zombiewêreld van COVID-19" deur Ena Jansen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top