Dag 20: Kwarantynketting – "Force majeure" deur Tertius Kapp

“Die fliek wat ons wou maak, gaan oor ’n infeksie wat die wêreld oorneem. ‘We are about to witness the greatest reckoning of all time,’ sê die een karakter op ’n punt. Ek stap uit na die groenste moeras onder die groot geelhoutboom, waar die trane vlak lê. ’n Week later vra ’n vriend of ek nie eerder iets wil skryf oor hoe ons almal die lotto wen nie.”