Olivia M Coetzee se eerste boek, Innie Shadows, is Dinsdag, 3 Desember 2019, by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. “Dis ’n donker, maar baie mooi storie,” het Barbara Boswell, gespreksleier, tydens die bekendstelling gesê. “En die taal is so delicious!”
“Ek het probeer om die boek in Engels te skryf, maar my manuskripleier het baie mooi vir my gesê ek kan nie in Engels skryf nie. Toe skryf ek dit soos ek praat en die taal het net gekom,” het Olivia gesê.
Kyk hier na die gesprek:
............
Titel: Innie Shadows
Skrywer: Olivia M Coetzee
Uitgewer: Modjaji Books
ISBN: 9781928215929
Innie shadows wroeg met die duiwels van ’n gemeenskap wat gebuk gaan onder die maatskaplike euwels van dwelms, onverdraagsaamheid en homofobie, en waar paaie te midde van wrede brutaliteit kruis. Baanbrekersfiksie waarin die onteiendes uiteindelik hul eie stories vertel.
............

Die jong dramaturg, Tasneem Daniels, met Innie Shadows







