Dag 11: Kwarantyn-ketting – "Aanhou beweeg en geraas maak" deur Debbie Loots

“Die voëls baljaar al vroeg vandag. Hulle dobber in die lug rond, sweef sorgeloos en luidkeels heen en weer deur die mistigheid, gaan behoorlik tekere asof die stad aan hulle behoort. Vandag gaan ek en my dogter prente uitsny vir collages en musiek speel. Aanhou beweeg en geraas maak, net soos die voëls.”