Dag 14: Kwarantyn-ketting – "Onoplosbare liefde in die vloedtyd" deur Pieter Odendaal

“Hoe langer ek my afsonder, hoe meer deurlaatbaar word ek. Ons is almal onsigbaar aan mekaar verbind, een globale tasfees. Orals waar ons vat, lê microbes wat van ons verbygaan getuig. Ek wil my neus in jou oor begrawe en nooit weer opstaan nie. My hart is lankal reeds in Peru.”