Dag 4: Kwarantyn-ketting – "Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus" deur Marita van der Vyver

“Ek dink aan my geliefdes in Suid-Afrika wat die naweek nie eens kan gaan stap nie, en ek tel weer eens my seëninge. Dalk kan ek vandeesweek ook nie meer gaan stap nie – wat my net nog meer aanspoor om nóú te gaan stap, ondanks die mistralwind wat my in normale omstandighede binne sou hou. Dis die nuwe normaal dié. ’n Staat van aanhoudende dankbaarheid.”