Dag 13: Kwarantyn-ketting – "Die inperking: die geskenk van gekonsentreerde tyd" deur Riana Scheepers

“Ek mis my fiets en ek kry vir Klara Skaaphond jammer wat saam met die fiets wil hardloop. Maar ek weet dit gaan nie vir ewig duur nie. Ek geniet elke sekonde hiervan. Ek koester ’n ongewone, nuwe ervaring, iets wat ek nie noodwendig vir myself sou bewerkstellig het nie. En ek begin skryf.”