Met die land wat vir drie weke (27 Maart–16 April 2020) in Fase 5-inperking (eerste fase) was, het 21 skrywers – een per dag – ’n korona-kettinggesprek oor hul gevoelens en ervarings as skrywers in hierdie moeilike tyd gevoer:
Dag 1: Kwarantyn-ketting – "Liefde en leef in die tyd van korona" deur Christine Barkhuizen-Le Roux
Dag 2: Kwarantyn-ketting – "Tussen die boom en die bas" deur Lien Botha
Dag 3: Kwarantyn-ketting – "Vandag sou die laaste dag van die fees gewees het" deur Koos Kombuis
Dag 5: Kwarantyn-ketting – "A day in the life ..." deur Kerneels Breytenbach
Dag 6: Kwarantyn-ketting – "Die internet is ’n lewensreg" deur Olivia M Coetzee
Dag 8: Kwarantyn-ketting – "Het jy ’n foto van ’n aardwolf?" deur Toast Coetzer
Dag 9: Kwarantyn-ketting – "Agter die kwarantyngordyn" deur Nini Bennett
Dag 10: Kwarantyn-ketting – "Om die swart hond te tem in die tyd van korona" deur Alta Cloete
Dag 11: Kwarantyn-ketting – "Aanhou beweeg en geraas maak" deur Debbie Loots
Dag 12: Kwarantyn-ketting – "Die bome behoort nie aan jou nie" deur Wilna Adriaanse
Dag 14: Kwarantyn-ketting – "Onoplosbare liefde in die vloedtyd" deur Pieter Odendaal
Dag 16: Kwarantynketting – "Dowwe paniek en onwerklikheid in die Eikestad Mall" deur Danie Marais
Dag 17: Kwarantynketting – "Hoekie vir die (nie-) eensames" deur Cliffordene Norton
Dag 18: Kwarantynketting – "Die tyd van virtuele voortbestaan" deur Naomi Meyer
Dag 19: Kwarantynketting – "Om anders na dinge te kyk" deur Remona Voges
Dag 20: Kwarantynketting – "Force majeure" deur Tertius Kapp
Dag 21: Kwarantynketting – "Die zombiewêreld van COVID-19" deur Ena Jansen
Kommentaar
Dankie.
Dit is 'n goeie idee.
Oumensgriep
Daar's mos nou hierdie tannie wat ek baie goed ken. Sy het 'n seun in Pretoria wat haar so dan en wan bel om te hoor hoe sy klink en of sy nog lewe. Sy vertel my dat hy gisteraand gebel het, en toe met 'n nuwe vraag vorendag gekom het: Ma, Ma ly nie aan cabin fever nie, ne?
He-he, lag sy toe en voeg ewe kontant by: Jy bedoel seker grendelgriep!
He-he, lag hy toe floutjies. Maar is Ma oukei?
Man, Boeta, sê sy toe. Jy weet mos Ma was maar nog altyd 'n bietjie mallerig.
He-he, lag hy daaikant, bedagsaam. Maar is Ma oukei?
Wee jy , Boeta, terwyl jy nou vra: Ek kom agter ek praat die laaste tyd met myself. Ek doen dit al lankal, maar nou skielik met meer as een woord. Ek praat in volsinne, jy weet: begin middel einde... Goeiemore, my sonskyn...
Stilte
En dan antwoord ek ook myself - begin middel...
Ma! Is Ma oukei?
En weet jy, Boetie, ek het ook vanoggend in myself vasgeloop. Op pad kombuis toe.
Stilte.
En terug.
Stilte.
Ek raak nou in my eie pad.
Lang stilte.
Toe se Boetie: Nou maar oukei dan, Ma. As Ma weer op pad kombuis toe en terug teen Ma vasloop, se dan maar vir Ma liefdegroete, oukei?
Toe sny die foun uit!
(Intussen dink ek toe: ek moet tog weer 'n slag die simptome van "cabin ferver" gaan google.)